|

AfriForum-teenboelieveldtogspan en Matteus besoek Laerskool Wierdapark

AfriForum het Laerskool Wierdapark in Centurion as deel van dié burgerregteorganisasie se teenboelieveldtog op 19 Augustus 2019 besoek. Die veldtog skep bewustheid oor afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word geleer om as ’n leier op te tree wanneer iemand afgeknou word,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder van junior jeugleierskap.

“Ons vaste oortuiging is om die leuse van ons skool – ‘Ons bou’ – deel van elke leerder se lewe en wese te maak. By Laerskool Wierdapark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Ons leer ons leerders om verantwoordelikheid vir hul talente en regte te aanvaar – en dit sluit afknouery in,” verduidelik Mariëtte Cilliers, ’n onderwyser by Laerskool Wierdapark.

Stuur ’n e-pos aan leandie.brasler@afriforum.co.za indien jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings