AfriForum-teenboelieveldtog in Noordwes


Die burgerregte-organisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het onlangs by die Bloemhof Gekombineerde Skool in Noordwes besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.
Die teenboeliepraatjie is ook vir die eerste keer vir hoërskoolleerders aangebied.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” sê Leandie Lombaard, AfriForum se leierskapsontwikkelingskoördineerder.
“Bloemies is ’n waardegedrewe skool waar leerders en personeel daarna streef om in alle situasies reg op te tree, en ons kinders gee vir mekaar om. Dit is ook belangrik dat ons skool ’n boelievrye omgewing bied waar leerders veilig kan voel sodat hulle op akademiese en sportgebied kan presteer,” sê Arno van Loggerenberg, onderwyser by die Bloemhof Gekombineerde Skool.

Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings