AfriForum-teenboelieveldtog in Limpopo


Die burgerregte-organisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het onlangs by die Laerskool Bosveld Primary en Laerskool Ellisras in Limpopo besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” sê Leandie Lombaard, AfriForum se leierskapsontwikkelingskoördineerder.
“Laerskool Bosveld Primary is ’n waardegedrewe skool wat op vyf belangrike waardes fokus, naamlik omgee, eerlikheid, verantwoordelikheid, volharding en respek. Ons het hierdie jaar besluit om spesifiek op die omgeewaarde te fokus, met die klem op die bekamping van afknouery,” sê Karin Meyers, departements-en-dissiplinehoof by Laerskool Bosveld Primary.

Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings