AfriForum-teenboelieveldtog en Matteus besoek Bronberg Akademie


Die burgerregte-organisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 11 Februarie 2019 besoek by die Bronberg Akademie in Pretoria-Oos afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om as leier op te tree en afknouery te ontmoedig. Elke onderwyser ontvang ook ’n teenboeliegids – met raad en aktiwiteite oor bewusmaking van afknouery – wat met die leerders behandel kan word,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se koördineerder vir leierskapsontwikkeling.
Bronberg Akademie (Edms.) Bpk. is ’n geregistreerde hoofstroom- privaat skool waar onderrig op Christelike waardes en beginsels gegrond is, met Afrikaans as amptelike voertaal en medium van onderrig. “Dit was vir ons leerders van groot waarde om boeliegedrag in ons skool op ’n praktiese manier teen te staan – geklee in die wapenrusting van God,” sê Liana Breytenbach, departementshoof van Bronberg Akademie.

Stuur ’n e-pos na leandie.brasler@afriforum.co.za indien jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings