AfriForum-teenboelieveldtog besoek Laerskool Roodekrans


Die burgerregte-organisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het onlangs by die Laerskool Roodekrans in Roodepoort besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” sê Leandie Lombaard, AfriForum se leierskapsontwikkelingskoördineerder.
“Roodies is ’n waardegedrewe skool wat daarna streef om afknouery heeltemal uit te wis en ons fokus op vyf spesifieke waardes, naamlik verantwoordelikheid, omgee vir ander, eerlikheid, integriteit en respek. Dit is ook vir ons belangrik dat ons leerders die verskil tussen afknouery en gesonde konflikhantering moet ken en verstaan. Ons beplan om elke kwartaal sprekers te kry om, in samewerking met AfriForum, bewustheid onder ons leerders en onderwysers te skep oor afknouery,” sê Deon Rousseau, hoof van die Laerskool Roodekrans.

Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings