AfriForum-taklid maak eiehandig ’n verskil in Wolmaransstad

’n Lid van AfriForum se Wolmaransstad-tak het die gevaar opgemerk wat toegegroeide en verstopte stormwaterdreine kan inhou en het vandeesweek ingespring en dit eiehandig oop- en skoongemaak. Tydens die reënseisoen veroorsaak verstopte dreine dat die strate oorstroom en nog verder beskadig word. Dié stormwaterdrein is op die hoek van Van Riebeek- en Bodensteinstraat.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier, is dit juis die reaksie wat AfriForum van lede verwelkom. “Daar is ’n legio probleme in ons dorpe en munisipaliteite, maar elkeen het die keuse of hulle deel wil wees van die klakouse of van die selfdoenwenspan.”

Inwoners met ’n behoefte om hul omgewing beter te maak, kan Christo Smit (voorsitter van AfriForum se Wolmaransstad-tak) by 083 627 8112 kontak om by die tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings