AfriForum-takke in Stellaland oorhandig plaasaanval-memorandum aan SAPD


AfriForum se takke in Stellaland het op 21 November 2017 memorandums aan die plaaslike polisiestasies in dié streek oorhandig om die fokus op plaasaanvalle te vestig.
Die memorandums is by polisiestasies in die volgende dorpe oorhandig: Bloemhof, Christiana, Delareyville, Sannieshof, Schweizer-Reneke, Stella en Vryburg. By die meeste polisiestasies is die memorandums positief ontvang.

“Die aantal plaasaanvalle en -moorde styg onrusbarend, veral in 2017, en ons wil graag saam met die polisie werk om te verseker dat dit daadwerklik beveg word. Plaasaanvalle moet geprioritiseer word,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum is tans in proses om strukture te skep en te versterk wat gemik is op die bevegting van geweldsmisdaad in dorpe en op plase.
Raak by AfriForum se buurtwagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings