AfriForum-takke in Mpumalanga oorhandig plaasaanval-memorandum aan SAPD


AfriForum se takke in Mpumalanga het op Dinsdag 21 November 2017 memorandums aan die plaaslike polisiestasies in dié provinsie oorhandig om die fokus op plaasaanvalle te vestig.
Die memorandums is by polisiestasies in die volgende dorpe oorhandig: Barberton, Bethal, Davel, Delmas, Ermelo, Hendrina, Leandra, Machadodorp, Middelburg, Morgenzon, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton, Sundra, Trichardt en Witrivier. Al die polisiestasies het die memorandums positief ontvang.

“Die aantal plaasaanvalle en -moorde styg jaarliks en ons wil graag saam met die polisie werk om te verseker dat dít daadwerklik beveg word. Plaasaanvalle moet geprioritiseer word,” sê Hennie Bekker distrikskoӧrdineerder vir AfriForum in Mpumalanga.

AfriForum poog tans om strukture te skep en versterk wat gemik is op die bevegting van geweldsmisdaad in dorpe en op plase.
Om by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit, SMS “Buurtwag” na 45350 en maak ’n verskil in jou gemeenskap.

Soortgelyke plasings