AfriForum-takke in Mpumalanga hou bestuurskonferensie


Die AfriForum-takbesture in Mpumalanga het die afgelope naweek die geleentheid gehad om ’n opleidingskonferensie by die Badplaas-vakansieoord by te woon.
Die doel van die konferensie was om AfriForum-takbestuurslede op te lei en op hoogte te bring van al die jongste verwikkelinge binne die burgerregte-organisasie. Nagenoeg 60 takbestuurslede, asook geaffilieerde lede het die konferensie bygewoon.
AfriForum se verskillende afdelings het konferensiegangers ook ingelig oor sake in hul spesifieke afdeling: Gemeenskapsveiligheid, plaaslikeregeringsake, omgewingsake, jeug en administrasie het almal ’n spreekbeurt gehad.

“Dit is verblydend om te sien dat daar soveel leiers in ons gemeenskappe is wat vasberade is om probleme in hul onderskeie gemeenskappe aan te spreek,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Raak vandag nog in jou gemeenskap betrokke: SMS “Leier” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings