AfriForum-takke help droë Calvinia

 

Die AfriForum-takke in Secunda, Bethal, Standerton, Witbank en Middelburg het gedurende Maart en April 2017 gehelp om duisende liters water aan die Calvinia-gemeenskap te skenk wat tans ’n groot droogtekrisis ervaar. Die onderskeie takke het ook al te saam R37 000 geskenk.
Die volgende bedrae is deur die verskillende takke geskenk:
Secunda: R10 000
Bethal: R5000
Standerton: R5000
Witbank: R5000
Middelburg: R12 000
AfriForum wil Twizza in Middelburg bedank vir hulle hulp om ’n trok beskikbaar te stel om water na Calvinia te vervoer asook vir Dennesig Laerskool, Waterlicious, the Water Guy en alle taklede in Mpumalanga-Wes.

“AfriForum se doel is om gemeenskappe by te staan en op te hef. Ons glo dat wanneer gemeenskappe saam staan, daar ’n daadwerklike verskil gemaak kan word,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings