AfriForum-tak in Witbank herstel pad


AfriForum se Witbank-tak het onlangs ’n gedeelte van Francoisstraat in dié dorp herstel. Die tak het verskeie klagtes oor die toestand van die pad ontvang, aangesien daar nie behoorlike dreinering is nie wat gelei het tot die verbrokkeling van die padoppervlakte.
Die munisipaliteit het hierdie deel van die pad opgegrawe en net so gelos. AfriForum het ’n kontrakteur aangestel om die werk te voltooi.

“Die plaaslike munisipaliteit het die probleem probeer aanspreek, maar het dit nie na behore gedoen nie. Die pad het ’n groot gevaar vir motoriste ingehou, aangesien die probleem op ’n skerp draai was,” sê Alfred Fries, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.
“Hierdie is slegs een van die maniere waarop AfriForum poog om gemeenskappe se veiligheid te verbeter. Die tak fokus ook nou op die beveiliging van voetoorgange by skole,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoӧrdineerder vir Mpumalanga.

Soortgelyke plasings