AfriForum-tak in Vryburg bring spoedhobbels by skool aan


Die AfriForum-tak in Vryburg het op 6 Julie spoedhobbels in Kerkstraat – geleë langs die Vryburg Voorbereidingskool – aangebring om padveiligheid vir kinders wat dié straat oorsteek te verbeter.
Die tak het die afwesigheid van spoedhobbels in hierdie straat as ’n risiko geïdentifiseer omdat kinders voorheen amper raakgery is terwyl hulle die pad oorsteek. Volgens Gerhard Kühn, skoolhoof, is twee voorvalle reeds aangeteken waar kinders amper raakgery is.

“Die tak wou met hierdie projek ’n verskil in die gemeenskap maak. AfriForum het die fondse vir een stel spoedhobbels voorsien en die ander stel is deur die skool geborg,” sê Dries van Wyk, voorsitter van AfriForum se Vryburg-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Vryburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings