AfriForum-tak in Vryburg bevestig samewerkingsooreenkoms met plaaslike polisie


Die AfriForum-tak in Vryburg het vandag sy samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig deur ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is, aan kol. D.J. Mashaba, bevelvoerder van die Vryburg-polisiestasie, te oorhandig.

“Ons is baie opgewonde oor dié ooreenkoms, wat ten doel het om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.
“Hierdie ooreenkoms gee aan ons die vermoë om selfs nóg ’n groter verskil in ons gemeenskap te maak. Saam kan ons misdaad bekamp, ongeag die organisasie waaraan jy behoort,” sê Riaan Botha, voorsitter van AfriForum se Vryburg-buurtwag.
“Ons gemeenskap se veiligheid hang nie van een persoon alleen af nie, maar van die hele gemeenskap,” voeg Botha by.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings