AfriForum-tak in Port Elizabeth en SAPD span saam teen misdaad

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Port Elizabeth-tak het vandag ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Centurion gesluit is, aan brig. Meyer, adjunkbevelvoerder van die Mount Road-polisiekluster, oorhandig.

“Dié ooreenkoms het ten doel om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad te bevorder,” sê Dirk Burger, voorsitter van AfriForum se Port Elizabeth-tak.
“Misdaad in stedelike gebiede, veral in woongebiede, neem daagliks toe en as die gemeenskap nie saam met die polisie aan ’n strategie werk om dit te bekamp nie, is die stryd verlore nog voor dit begin het,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Oos-Kaap.

Soortgelyke plasings