AfriForum-tak in Ottosdal moniteer rioolsituasie


Die gemeenskap van Ottosdal het verlede naweek die benarde rioolsituasie op die dorp aan die plaaslike AfriForum-tak gerapporteer. Talle rioolstortings het voorgekom en dit het gelyk asof die rioolaanleg glad nie operasioneel is nie.
Die AfriForum-tak was op die punt om self aksie te neem toe die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit skielik skouer aan die wiel begin sit. Dreine is skoongesuig en die aanleg het weer normaal begin funksioneer.

“AfriForum is bekommerd dat hierdie swak dienslewering tot gevolg kan hê dat rou riool in die Hartsrivier beland. Die riool wat in die strate loop, hou ook ’n gesondheidsrisiko vir inwoners in,” sê Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.
“AfriForum is op bystand en gereed om klagtes ingevolge artikel 60 van die Wet op Verbruikersbeskerming, 2008, teen die munisipaliteit te lê, sou die situasie weer afspeel,” sluit Pretorius-Swart af.

Wys jou steun vir AfriForum: SMS “Ottosdal” na 45351 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings