AfriForum-tak in Newcastle vervang stoptekens

Die AfriForum-tak in Newcastle het onlangs verskeie stoptekens in Ngagane, een van die woonbuurte in dié dorp, vervang.

Dít volg nadat die gemeenskap verskeie kere by die Newcastle Munisipaliteit daaroor navraag gedoen het. AfriForum het ook ’n versoek in hierdie verband by die munisipaliteit ingedien, maar geen hulp is vanuit dié oord ontvang nie.

“Ons was baie bekommerd oor padveiligheid in die woonbuurt en is verlig dat die stoptekens nou opgerig is. Ons wil graag vir AfriForum, wat die probleem opgelos het, bedank,” sê Pikkie Muller, ’n inwoner van Ngagane.
“Dit is kommerwekkend dat munisipaliteite nie eers hierdie klein verpligting kan nakom nie,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Soortgelyke plasings