AfriForum-tak in Mooinooi herstel slaggate


Die AfriForum-tak in Mooinooi het vandag slaggate op die Barnardsvlei-pad in dié dorp herstel.

“Dit is byna onmoontlik om met ’n klein motor op die pad te ry en daar was al verskeie ongelukke as gevolg van die slaggate,” sê Annelien de Cock, voorsitter van die AfriForum-tak in Mooinooi.

Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noordwes, sê dat selfdoenprojekte die oplossing vir staatsverval is.

“Die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit het onderneem om deur die loop van 2017 teer aan die AfriForum-tak in Mooinooi te verskaf om paaie te herstel. Dit is ’n stap in die regte rigting,” sluit Oosthuizen af.

Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak en SMS “Gat” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings