AfriForum-tak in Kathu en polisie snoer kragte saam


Die AfriForum  tak in Kathu het hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig deur ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is, op 7 Februarie 2017 aan die stasiebevelvoerder van dié stasie te oorhandig.
Die ooreenkoms is oorhandig aan kol. Neville Klaassen, bevelvoerder van die SAPD in Kathu.

“Ons is baie opgewonde oor dié ooreenkoms, wat ten doel het om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Gonda Louw, AfriForum se streekskoördineerder vir Noord-Kaap.
“Met hierdie ooreenkoms word ons vermoë versterk om ’n nog  groter verskil in ons gemeenskap te maak, maar ons het plaaslike inwoners se hulp en ondersteuning nodig om misdaad te bekamp,” sê Carel Reyneke, veiligheidsvoorsitter  van die AfriForum-tak in Kathu.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings