|

AfriForum-tak in Vryburg verwyder sluipslaper by Voorbereidingskool

AfriForum se Vryburg-tak het op 9 September 2019 die eiendom en vullis verwyder van ’n sluipslaper wat hom onder struike by die Voorbereidingskool tuisgemaak het. Die struike is ook verwyder. Buiten al die onooglike vullis, het die sluipslaper die kinders gevloek en met klippe bestook. Hy het ook tydens skooltyd halfpad ontklee rondgeloop.

“Die plaaslike AfriForum-tak dra die welstand van jong leerders op die hart en het besluit om die struike geheel en al te verwyder. Baie dankie aan Pieter Watt van Bonolo en sy span wat ons met dié aksie gehelp het. Ons dra graag daartoe by dat ons kinders vry en veilig kan skoolgaan, sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Soortgelyke plasings