AfriForum-tak in Harrismith vul slaggate op


Die AfriForum-tak in Harrismith het op 31 Julie slaggate in Bellstraat en in Juniemaand slaggate in Biddulphstraat opgevul.

“Die slaggate in Harrismith is ’n groot probleem vir sowel inwoners as padgebruikers in die gebied. Dit hou ook ’n veiligheidsrisiko in. Daarom gaan die tak poog om slaggate straat vir straat op te vul,” sê Michelle Peens, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Vrystaat.
“Ons kan nie meer op die munisipaliteit wag om die paaie te herstel nie. Die gemeenskap moet self verantwoordelikheid vir hul omgewing neem. Dit is verblydend om te sien dat die inwoners van Harrismith dít besef en self ’n verskil maak. Ons wil ook graag vir Uni Freight, Coastal Hire, Iceberg Sekuriteit en Xben bedank vir die bystand wat hulle tydens hierdie projek gelewer het,” sê Johan de Bruyn, voorsitter van die AfriForum-tak in Harrismith.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Harrismith” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings