Spyskaart +

AfriForum-tak in Ermelo verseker groener toekoms

Oktober 3, 2016 deur Mariska Batt

Die AfriForum-tak in Ermelo het tien bome by Hoërskool Ermelo en Laerskool JJ van der Merwe geplant as deel van dié burgerregte-organisasie se nasionale boomplantveldtog wat in September afgeskop het.

Volgens Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos, beoog die organisasie om meer as 1 100 bome landwyd te plant.

“Bome is ’n erfenis. Dit is ’n belangrike deel van die ekostelsel en is ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand in staat sal wees om te oorleef nie. Bome verskaf suurstof, skaduwee en voedsel,” sê Weber

“Die tak moedig die gemeenskap aan om by die veldtog betrokke te raak en deel te word van ’n beter en groener toekoms,” sê Johan van der Wath, voorsitter van die AfriForum-tak in Ermelo.