AfriForum-tak in Delareyville hou aan om water aan inwoners te voorsien


Die waterkrisis in Delareyville is steeds nie verby nie, en die gemeenskap en die plaaslike AfriForum-tak voorsien steeds water.
Die watertenk wat gister veral aan inwoners van die informele nedersetting water verskaf het, is sodanig gevandaliseer dat al die water uitgeloop het. Gemeenskapslede het nou tenks op voertuie gelaai wat na verskillende plekke ry om water te voorsien. Dié persone sien veral toe dat die ouetehuis genoeg water het om te funksioneer.

“Ons het groot waardering vir AfriForum- en gemeenskapslede wat nie moed opgee nie en steeds help met watervoorsiening, sowel as die beveiliging van die dorp,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Soortgelyke plasings