AfriForum-tak in Christiana bied buurtwagopleiding aan


Die AfriForum-buurtwag in Christiana het die afgelope naweek opleiding ontvang wat deur Henry Ainslie van Ballistic Body Armour en Jan Piet Cooks van AfriForum se nasionale veiligheidsafdeling aangebied is.
Die opleiding het ’n demonstrasie oor koeëlvastebaadjies ingesluit, asook lesse oor patrollie-opleiding, radioprosedures en  basiese noodhulp en insidentbeheer.

“Die buurtwag in Christiana is reeds baie bedrywig en doen uitstekende werk ter beveiliging van die gemeenskap. Hierdie opleiding is dus baie waardevol. Hulle sal waarskynlik na hierdie naweek genoeg lede hê om as ’n volwaardige AfriForum-buurtwag te kwalifiseer,” sê Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Wys jou steun vir AfriForum en SMS “buurtwag” na 45351 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings