AfriForum-tak in Bethal en polisie beklink hul samewerking


Die AfriForum-tak in Bethal het hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig deur ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is op 7 Februarie 2017 aan die stasiebevelvoerder van dié stasie te oorhandig.

Die ooreenkoms is oorhandig aan lt.kol. Petrus Nzina, bevelvoerder van die SAPD in Bethal.

“Ons is baie opgewonde oor dié ooreenkoms, wat ten doel het om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad aan te moedig,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Met hierdie ooreenkoms word ons vermoë versterk om nog ’n groter verskil in ons gemeenskap te maak, maar ons het plaaslike inwoners se hulp en ondersteuning nodig om misdaad te bekamp,” sê Ingrid Human, voorsitter van die AfriForum-tak in Bethal.
“AfriForum beplan ook om binnekort met GPF-strukture in samewerking te tree,” sluit Coetzer af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings