AfriForum-tak in Aliwal-Noord skenk nóg voer aan Soutpan-boere


AfriForum se Aliwal-Noord-tak en Boere in Nood het op 9 Januarie 2019 saamgespan om voer aan die boere van Soutpan te verskaf. Fanie Bekker het 48 bale voer aan AfriForum se Aliwal-Noord-tak geskenk, terwyl Boere in Nood die vervoer daarvan van Aliwal-Noord na Soutpan betaal het.

“Ons besef dat hierdie enkele vrag voer nie al die boere se probleme sal oplos nie, maar as ons saamwerk, kan ons ’n rimpeleffek skep om uiteindelik verligting aan hulle te bring. Dit is waarom spanwerk vir ons van só ’n groot belang is,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Hierdie is die vyfde vrag voer wat AfriForum se Aliwal-Noord-tak aan behoeftige boere skenk.

Soortgelyke plasings