AFRIFORUM-SUKSESSE: SEPTEMBER 2019

NOORDSTREEK 

GAUTENG

  • AfriForum het verskeie dorpe in Gauteng-Suid se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
  • Nagenoeg 57 lede van AfriForum se buurtwagte in Boksburg, Brakpan, Edenvale, Kempton Park, Germiston en Springs het voertuigbeheerpunt (VBP)-opleiding ontvang.
  • AfriForum se buurtwagte in Boksburg, Brakpan, Edenvale, Kempton Park, Germiston en Springs het opleiding in toneelhantering ontvang.
  • AfriForum het ’n skrywe aan Stevens Mokgalapa, burgemeester van die Tshwane-metro, gestuur oor die onwettige herwinners wat oorkant SuperSport-park in Centurion bly. Dít volg nadat AfriForum-lede gekla het oor die groot veiligheidsrisiko en omgewingsakebedreiging wat die onwettige besetters vir die omliggende omgewing inhou.
  • AfriForum het tien Vanwykshoutbome by die Hoërskool Waterkloof geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Dit was die eerste van ’n reeks boomplantaksies wat AfriForum se takke in Pretoria in September aangepak het.
  • AfriForum se buurtwagte in Oos-Moot, Wes-Moot en Pretoria-Wes het ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou. Die buurtwagte het ook skouer aan die wiel gesit en die begraafplaas begin skoonmaak. ’n Hele paar vullissakke is met rommel gevul wat by die begraafplaas opgetel is.

 Bronkhorstspruit

  • AfriForum se Bronkhorstspruit-tak het vlak 2-noodhulpopleiding in die omgewing aangebied en 12 gemeenskapslede het hierdie kursus voltooi. Die opleiding vorm deel van ’n opleidingsprogram wat deur AfriForum se veiligheidstrukture van stapel gestuur is om hul veiligheidsnetwerk verder te ontwikkel en te versterk.

Moreletapark

  • Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n nuwe buurtwag in die Welbekend-gebied gestig. Dié buurtwag vorm deel van die Moreletapark-tak en is deel van drie ander AfriForum-buurtwagte wat ook in die omliggende gebied gestig is.

 

Meyerspark

  • Lede van AfriForum se Meyerspark-buurtwag het hulle aksieplan ingeoefen om breek-en-gryp-voorvalle in die gebied stop te sit. Die oefening het ook deel gevorm van die buurtwag se beplanning en voorbereiding vir die nasionale patrollie wat later vanjaar gaan plaasvind.

Alberton

  • AfriForum se Alberton-buurtwag het in samewerking met die Katlehong-Noord SAPD, die Alberton SAPD, die plaaslike GPF en verskeie veiligheidsinstansies ’n gekaapte voertuig opgespoor.
  • AfriForum se Alberton-tak het in samewerking met die Nasionale Paramediese Dienste (NPD) die bejaardes van die Brackenhurst- en Brackendowns-gebied ondersteun nadat die betrokke gebiede erg onder waterprobleme gebuk gegaan het.
  • Die AfriForum-tak in Alberton het 12 bome by die park in Collinsweg geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek.
  • AfriForum se Alberton-buurtwag het die Nasionale Paramediese Dienste (NPD) bygestaan tydens die beheer van ’n brand.

Benoni

  • Die AfriForum-tak in Benoni het tien bome by die Laerskool M.W. de Wet geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek.

Boksburg

  • AfriForum se Boksburg-buurtwag het in samewerking met verskeie veiligheidsinstansies bystand aan ’n gemeenskapslid gebied om haar gesteelde besittings terug te vind en die verdagtes te arresteer.
  • Die AfriForum-tak in Boksburg het vyf bome by die Laerskool Goudrand geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek.

Edenvale

  • Die AfriForum-tak in Edenvale het drie bome by Willowmoore High School geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek.

Germiston

  • Ná volgehoue druk deur AfriForum se Germiston-tak is verskeie slaggate in die dorp herstel.

Kempton Park

  • Ná volgehoue druk deur AfriForum se Kempton Park-tak is boumateriaal uit Pretoriaweg verwyder.
  • AfriForum se Kempton Park-tak het ’n oop kragboks beveilig deur relevante partye na die toneel te ontbied om die slot te vervang.
  • AfriForum se Kempton Park-buurtwag het bystand gebied:
    • Aan Secros-sekuriteit tydens ’n mediese aangeleentheid van ’n gemeenskapslid;
    • Aan die SAPD tydens onluste naby die Mooifontein-begraafplaas deur die gewelddadige skare van die toneel af te weer;
    • Tydens twee motorongelukke;
    • In samewerking met sekuriteitsmaatskappye tydens die diefstal van ’n televisiestel en ander items uit ’n gemeenskapslid se woning;
    • Aan die Ekurhuleni-metropolisie om die kragtoevoer na ’n kragboks te herstel nadat iemand daarin vasgery het;
    • Tydens die arrestasie van ’n voortvlugtige deur die selfoonsein na te spoor;
    • Tydens ’n gewapende rooftog deur die ambulansdienste na die toneel te ontbied en berading te reël vir die minderjarige op die toneel;
    • Tydens ’n voorval waar rook vanuit die onderstel van ’n voertuig op die snelweg waargeneem is en nooddienste ontbied is om hulp aan die bestuurder te verleen.

Moot

  • AfriForum se Moot-buurtwag het in samewerking met die Riviera Huiseienaars-, Inwoners- en Besigheidsorganisasie (Rhibo) ’n statiese patrollie gehou waar mense op ’n straathoek staan en alkohol gebruik. Die patrollies het ten doel om die mense wat op die hoek staan en drink te ontmoedig om onder die invloed van drank die straat te betree en dat ’n motoris nie een van die mense raakry nie.
  • AfriForum se Moot-tak het in samewerking met die Riviera Huiseienaars-, Inwoners- en Besigheidsorganisasie (Rhibo) ’n stuk grond geteer op die hoek van Annie Bothalaan en Viljoenstraat. Dít het gevolg nadat die tak die afgelope tyd talle klagtes ontvang het oor mense wat op dié hoek staan en alkohol in die openbaar gebruik. Hierdie aksie het ook deel gevorm van AfriForum se #OnsDorp-veldtog.

 Rayton-Cullinan

  • AfriForum se Rayton-Cullinan-tak het ’n skoonmaakprojek geloods en die ou poskantoorgebou in Rayton skoongemaak. Dít het gevolg nadat die takbestuur die aksie geïdentifiseer het as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog.

 Waverley

  • Die burgerregteorganisasie AfriForum het die takbestuur in Waverley gereorganiseer en ’n nuwe bestuur verkies. Dít het gevolg nadat daar besluit is dat ’n nuwe takbestuur verkies moet word om voort te gaan met die aksies en die tak na nuwe hoogtes te neem.
  • AfriForum se Waverley-tak het vir ’n paar dae water aan die De Goede Hoop-koshuis voorsien. Dít het gevolg nadat die inwoners van die koshuis vir ’n geruime tyd sonder water gelaat is nadat ’n waterpyp gebars het.

Apiesrivier

  • AfriForum-buurtwagte het ’n massapatrollie in die Apiesrivier-omgewing gehou met die doel om misdaad te bekamp. Die massapatrollie het plaasgevind in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap wat gehelp het om sigbaarheid in die gebied te verhoog.

 

MPUMALANGA

  • AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga het ’n reusesukses behaal deur meer as 200 onwettige strukture met behulp van die Rooimiere en verskeie sekuriteitsmaatskappye in Witrivier te verwyder. Grondgrype het in die Spioenkop-gebied plaasgevind.
  • AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga het ook ondersteuning gebied tydens grondgrype in die Hendrina-gebied.
  • AfriForum se koördineerder vir die Laeveld het met behulp van sekuriteitsmaatskappye en die buurtwagte in Eloff en Delmas gehelp om vyf verdagtes te arresteer ná ’n jaagtog wat oor 130 km plaasgevind het.
  • AfriForum-takke in Mpumalanga het gehelp om meer as 500 bome in Orania te plant as deel van die burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek.

Piet Retief

  • AfriForum se Piet Retief-buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Piet Retief-tak het skoonmaakaksies in die dorp gehou.

Standerton    

  • AfriForum se Standerton-buurtwag het hulp verleen tydens veldbrande in en om die dorp.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

.Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die Teks-buurtwag het hulp verleen op ongelukstonele.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het aan ’n sigbaarheidspatrollie in samewerking met die SAPD deelgeneem.
  • Die Teks-tak het onderhoudswerk gedoen by die Davieshof-ouetehuis.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het hulp verleen tydens veldbrande.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het hulp verleen om gesteelde voertuie in die omliggende gebied op te spoor.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het die SAPD gehelp om ’n verkeersbeampte vas te trek wat onder die invloed van alkohol bestuur het.
  • Die Teks-tak het afgeskop met die #AnkerdorpPadskou-veldtog.

Ermelo

  • AfriForum se Ermelo-tak en die jeugportefeulje het beplanning saam rolspelers gedoen oor die jeugfees wat in die dorp gehou gaan word.

Witbank

  • AfriForum se Witbank-tak het hulle projek afgeskop om slaggate op te vul en stoptekens te vervang.

 Leandra

  • AfriForum se Leandra-buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.

Delmas 

  • AfriForum se buurtwagte in Delmas-Eloff en Argent het aan ’n massapatrollie deelgeneem.
  • Die AfriForum-buurtwagte in Delmas-Eloff en Argent het hulp verleen om rowers buite Delmas vas te trek.

 Witrivier

  • Die AfriForum-tak in Witrivier het 60 bome by verskeie skole geplant.
  • Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het bystand gelewer tydens grondgrype in die Spioenkop-gebied.

 Nelspruit

  • Die AfriForum-tak in Nelspruit het in samewerking met We Care 4 Nelspruit nog ’n skoonmaakprojek geloods. Dit sal op ’n maandelikse basis voortgaan.

 Bethal

  • Die AfriForum-tak in Bethal se asdromprojek is volhoubaar en 30 asdromme word weekliks in die middedorp gediens.
  • Die AfriForum-tak in Bethal se waterpunt is gereed om die gemeenskap te diens indien die dorp se watertoevoer weer onderbreek sou word.

 Lydenburg

  • AfriForum se Lydenburg-tak het ’n selfdoenprojek voltooi en straatnaamborde in die Hospitaal-woonbuurt aangebring.
  • Die AfriForum-tak in Lydenburg het bome by die Laerskool Lydenburg geplant.

 Middelburg

  • AfriForum se Middelburg-tak het die Boerefees aangebied en meer as 300 mense het die dinee bygewoon.

 

 

SENTRAALSTREEK


NOORDWES

 Vryburg

  • Die AfriForum-tak in Vryburg het slaggate opgevul.
  • Die AfriForum-tak in Vryburg het twee bome by die monumente in die dorp geplant.
  • Die AfriForum-tak in Vryburg het die park en konsentrasiekampbegraafplaas skoongemaak.
  • Die AfriForum-tak in Vryburg se jeugvleuel het op Erfenisdag ’n kranslegging by die Anglo-Boereoorlogmonument in Vryburg gehou.

 Hertzogville

  • Die AfriForum-tak in Hertzogville het groente by die skool geplant.

 Christiana

  • Die AfriForum-buurtwag in Christiana het ’n nuwe bestuur verkies.

 Schweizer-Reneke

  • Die AfriForum-tak in Schweizer-Reneke het vyf bome by die ingang van die dorp geplant.

 Lichtenburg

  • Die jeugportefeulje van AfriForum se Lichtenburg-tak het die pad voor Tjokker Kleuterskool in 2de Laan opgeknap en geverf. Leerders van die CVO-skool het gehelp om randstene, parkeerstrepe en die vierrigtingstop te verf.

 Hartbeespoort

  • AfriForum se Hartbeespoort-tak het ’n projek van stapel gestuur deur basiese toerusting aan die plot- en buurtwagte in Ifafi-Melodie, Meerhof en Schoemansville te skenk.
  • AfriForum se Hartbeespoort-tak het die tweede fase van die herstel van ’n voetgangerpaadjie in Ou Wapad afgehandel.
  • Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het tien kareebome by die Laerskool Generaal Hendrik Schoeman geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek.

 


VRYSTAAT

  • AfriForum het die Hoogland-distrik se blou-en-groendruppelresultate bekend gemaak. Al die dorpe in die distrik wat daaraan deelgeneem het, naamlik Bethlehem, Kroonstad, Reitz, Frankfort, Welkom, Winburg, Senekal, Bultfontein en Harrismith, se water het skoon getoets. Daar is wel kommer uitgespreek oor die rioolaanlegte in die volgende dorpe: Bethlehem, Frankfort, Kroonstad, Reitz en Welkom.

Kroonstad

  • Die AfriForum-tak in Kroonstad het ’n skoonmaakaksie in die dorp gehou. Dié aksie het agter die ou stadsaal begin en al langs die R76 beweeg. Tydens die aksie het die takbestuur en lede van die gemeenskap rommel opgetel en strate skoongemaak.

Bethlehem

  • Die AfriForum-tak in Bethlehem het aan ’n vreedsame optog voor die landdroshof in die dorp deelgeneem, waar die borgaansoek van ’n beskuldigde in ’n plaasmoord voorgekom het.
  • Die AfriForum-tak in Bethlehem het 50 bome by die Charlotte Theron-kinderhuis geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaand­projek. Volgens Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland, beoog die organisasie om vanjaar landwyd meer as 3 000 bome te plant.
  • Die AfriForum-tak in Bethlehem het hondekos aan dié dorp se DBV geskenk om te help om die nood te verlig. Hulle het dringend kos nodig gehad en is afhanklik van skenkings om genoeg kos aan die diere te gee.

Winburg

  • AfriForum se Winburg-buurtwag het gehelp om veldbrande in die gebied te bestry en te blus. ’n Voertuig het omgeslaan nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het.

 

KWAZULU-NATAL

  • Die AfriForum-takke in KwaZulu-Natal het insette gelewer tydens ’n vergadering van die Provinsiale Landelike Veiligheidskomitee.

Newcastle

  • AfriForum se Newcastle-tak het stappe begin beplan teen verhoogde eiendomsbelastingheffings soos voorgestel deur die munisipaliteit.

 Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou met prof. André Duvenhage as gasspreker.
  • AfriForum se Vryheid-tak het daagliks patrollie gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • AfriForum se Vryheid-tak se gemeenskapsveiligheidspan het gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor.
  • AfriForum se Vryheid-tak se gemeenskapsveiligheidspan het gehelp met die arrestasie van verdagtes wat gesteelde items in hulle besit gehad het.

 Margate

  • AfriForum se Margate-tak se jeugvleuel het gehelp om die strande skoon te maak.
  • AfriForum se Margate-tak het verskeie bome geplant as deel van die burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek.
  • AfriForum se Margate-buurtwag het gehelp met die arrestasie van ’n misdadiger.
  • AfriForum se Margate-tak se jeugvleuel het aan die Wesfront Vasbytmars deelgeneem.

 Hluhluwe

  • AfriForum se Hluhluwe-tak het verskeie veiligheidsaksies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 Paulpietersburg

  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het gereeld patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het verskeie bome by skole en die aftreeoord geplant as deel van die organisasie se boomplantmaandprojek.

 Utrecht

  • AfriForum se Utrecht-tak het met die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit vergader.
  • AfriForum se Utrecht-tak het kwelpunte geopper oor onreëlmatige betalings in die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit.

 

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Hopetown

  • AfriForum se Hopetown-tak het ’n Droogtefondsdans gehou ten bate van die AfriForum-noodfonds.

 Prieska

  • AfriForum se Prieska-tak het ’n rolbaldag op Erfenisdag gereël.
  • AfriForum se Prieska-tak het as deel van Erfenismaand ’n opruimveldtog van stapel gestuur wat die opruiming rondom die Voortrekkertrek-gedenkteken voor die kerk behels het. Dié veldtog is geloods in dieselfde week as Nasionale Opruimingsweek.

 Kimberley

  • AfriForum se Kimberley-tak het aan die organisasie se boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • AfriForum se Kimberley-tak het water vir die gemeenskap aangery tydens herstelwerk aan die watertoevoer na die stad.

Vaalharts

  • AfriForum se Vaalharts-tak het ’n rioollekkasie laat herstel.
  • AfriForum se Vaalharts-tak het gehelp met ’n arrestasie tydens ’n diefstalinsident.
  • AfriForum se Vaalharts-buurtwag het gehelp om ’n vermiste persoon op te spoor.
  • AfriForum se Vaalharts-tak het opleiding in regsaspekte ontvang.
  • AfriForum se Vaalharts-tak het gehelp om gesteelde goedere op te spoor.

 Williston

  • AfriForum se Williston-tak het hul algemene jaarvergadering (AJV) gehou met Theo Boshoff as gasspreker.
  • AfriForum se Williston-tak se veiligheidsvoorsitter het die dorp se veiligheid bespreek nadat ’n bejaarde aangeval is. ’n Beswaarskrif is ook aan die hof oorhandig.

 

WES-KAAP

  • AfriForum het verskeie dorpe in die Wes-Kaap se water getoets om die gehalte van dorpe in dié provinsie se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

 Helderbergkom

  • Die AfriForum-tak in die Helderbergkom het twee bome by die Hope and Light Primary School in Somerset-Wes geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek.

 Kaapstad-Noord

  • Patrolleerders verbonde aan die AfriForum-buurtwag in Bellville, wat deel vorm van dié burgerregteorganisasie se Kaapstad-Noord-takstruktuur, het opleiding in regsaspekte ontvang.

 Kraaifontein

  • Die AfriForum-tak in Kraaifontein het 38 bome aan Imagine Animal Dreams en die Kraaifontein-Voortrekkers geskenk as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek.

 Malmesbury

  • Die AfriForum-tak in Malmesbury het in samewerking met Big Tree Growers-groothandelkwekery vier bome by die O.J. Erasmus NGK Primêre Skool in Kalbaskraal geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Die tak het op drie wildepruimbome en een witkareeboom besluit omdat dié bome inheems, gehard en waterwys is.

 Overstrand

  • Luthando Nosilela, bevelvoerder van die polisie in Hermanus, het bekend gemaak dat misdaad in Hermanus oor die afgelope vyf maande drasties afgeneem het. Van 1 April tot 31 Augustus 2019 het huisbrake met 17,9% afgeneem, diefstal van en uit motors met 20% en inbrake by ondernemings met 54%. Nosilela het die afname onder meer toegeskryf aan die uitstekende samewerking wat daar tussen die SAPD en buurtwagte bestaan.

Robertson

  • AfriForum het die eerste van ’n reeks veiligheidsopleidingsessies aan lede van sy nuutgestigte Robertson-buurtwag gebied. Dié buurtwag is vanjaar gestig.

 Velddrif

  • Lede van AfriForum se Velddrif-tak het saam met ander organisasies aan ’n strandskoonmaakprojek deelgeneem. Die strand is vanaf die mond by Laaiplek-hawe tot by Dwarskersbos skoongemaak. Hierdie strandskoonmaakprojek is ’n inisiatief van Cape Nature en Berg River Estuary Forum. Die plaaslike GPF het ook aan die skoonmaakaksie deelgeneem.

 Vredendal

  • Die Vredendal-tak het bome geplant by die Naasdrift Primêre Skool, Hoërskool Nuwerus, Kleinrivier Primêre Skool, Lutzville Gholfklub, Hoërskool Lutzville en Trawal Primêre Skool. Die tak het bome by agt skole in die Matzikama-streek geplant.
  • Samewerking tussen AfriForum se Nuwerus-plaaswag en die SAPD in Malmesbury het tot die suksesvolle arrestasie van twee Japannese burgers gelei wat vermoedelik skaars reptiele in Namakwaland stroop en dan uitvoer. Die groot gordelakkedis, ook bekend as ’n skurwejantjie of ouvolk, is ’n hoogs bedreigde spesie en word dikwels teen reusebedrae na die VSA, Europa en Japan uitgevoer.

 Worcester

  • Die AfriForum-tak in Worcester het vier bome by die Langerug Skool en twee bome by Sandy’s Eden-dierewelsynsorganisasie geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Die tak het besluit om witstinkhoutbome te plant omdat dit inheems en gehard is en redelik vinnig groei.

 

SUID-KAAP

 Mosselbaai         

  • Die AfriForum tak in Mosselbaai het in September aan die organisasie se boomplantmaandprojek deelgeneem. Twaalf bome is geplant en die tak het selfs wykraadslede by hierdie inisiatief betrek. Louis Cook en sy bekwame span was nog altyd baie toegewyd aan die omgewing en vanjaar het hulle weer hul kant gebring om ’n volhoubare, beter en groener omgewing vir hul nageslagte te skep.

 Oudtshoorn

  • AfriForum se Oudtshoorn-tak het aan die organisasie se boomplantmaandprojek deelgeneem. Twintig bome is geplant terwyl ’n verdere 45 bome “aangeneem” is – dit behels dat elke boom tydens die versengende droogte van gesuiwerde rioolwater voorsien sal word. Opvolggesprekke, wat ’n GOP-vergadering insluit, is onder leiding van Johan Conradie, takvoorsitter, met die plaaslike munisipaliteit gehou oor voortslepende probleme met die plaaslike munisipale bestuur.

Hessekwa

  • AfriForum se Hessekwa-tak het 17 bome geplant as deel van die organisasie se boomplantmaandprojek. Die bome is geskenk deur Chris Scheppel, ’n lid van die plaaslike takbestuur. Die tak se bestuurslid vir gemeenskapsveiligheid het ook verskeie boereverenigings toegespreek oor die voordele wat ’n plaaswag onder die AfriForum-vaandel inhou.

George

  • Die AfriForum-tak in George het ook suksesvol aan die organisasie se boomplantmaandprojek deelgeneem. George se eerste plaaswag onder die beskerming van AfriForum is ook op die been gebring. Tesame met die suksesvolle stigting is die eerste rondte opleiding ook afgehandel om die dinamiese lede toe te rus met die kundigheid om ’n verskil in hul dorp te maak.

 

OOS-KAAP

Port Elizabeth

  • Die AfriForum-tak in Port Elizabeth het ’n fantastiese deurbraak bewerkstellig deur die eerste AfriForum-buurtwag in dié stad te stig. Dirk Burger en sy span het hard agter die skerms gewerk om dit reg te kry en is baie opgewonde oor die verskil wat die buurtwag sal maak aan die veiligheidsituasie in Port Elizabeth.

Soortgelyke plasings