AfriForum-suksesse: September 2018

NOORDSTREEK

GAUTENG

  • AfriForum het tydens ’n Wildsfees in Kleinfontein bome geplant.
  • AfriForum het kommentaar by Chand Omgewingskonsultante ingedien oor die WNNR se beoogde biogasaanleg in Pretoria-Oos. Die WNNR wil die biogasaanleg baie na aan woongebiede om Lynnwoodweg bou.
  • AfriForum het ’n groot skoonmaakaksie in Kloofsig van stapel gestuur op die hoek van Cradock- en Trichardtstraat.
  • AfriForum het die fondse wat die departement van water en sanitasie (DWS) aan die bankrot Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit bewillig het, verwelkom. R20 miljoen is aan herstelwerk en opgradering van pompstasies in die Vaalrivier toegewys.

Heidelberg

  • Jordaanpark in Heidelberg is tien witstinkhoutbome ryker ná die tak in Heidelberg dit as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaandprojek geplant het.

Meyerton

  • Riversdale se park in Wyk 13 is vyf bome ryker ná die tak in Meyerton dit as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaandprojek geplant het.

 Roodepoort

  • Die buurtwag in Roodepoort het ’n massapatrollie geloods om misdaad te bekamp. Die patrollie het by die Fairlands-polisiestasie afgeskop.
  • Fanie Naude, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak, het ’n oproep oor ’n vermeende grondbetreder ontvang, waarna hy ’n buurtwaglid ontbied het om ondersoek in te stel.

Westonaria

  • Die tak in Westonaria het ses bome by die Hoërskool Westonaria as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaandprojek geplant.
  • Die tak in Westonaria het sy Drom jou Rommel-projek geloods as antwoord op onlangse swak besluite deur die Westonaria Plaaslike Munisipaliteit.

Bronkhorstspruit

  • Die Bronkhorstspruit-tak het ’n reorganisasievergadering gehou waartydens ’n nuwe takbestuur verkies is.
  • Die tak in Bronkhorstspruit het ’n skoonmaakaksie by ’n park tussen die Erasmus-woonbuurt en die N4-snelweg gehou. Dit het ook deel gevorm van AfriForum se boomplantmaandprojek wat daarop fokus om indringerplante en -bome te verwyder. Indringerbome wat verwyder is, is ook behandel om te voorkom dat hulle weer uitloop.

Kempton Park

  • Die Kempton Park-buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie saam met die SAPD en MML Sekuriteit in Norkem Park gehou waartydens ’n internasionale mediaspan uit Swede hulle vergesel het om verslag te doen oor die stand van Suid-Afrikaanse gemeenskappe.

Alberton

  • Die Alberton-tak het nuwe koeëlvastebaadjies, glimbaadjies en flitsligte ontvang.

Edenvale

  • As deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog het die organisasie se Edenvale-tak die eerste van ’n aantal massaskoonmaakaksies in die middestad gehou.

Springs

  • Die tak in Springs het vyf bome by die Hoërskool Dr. Johan Jurgens geplant as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaandprojek.
  • Die buurtwag in Springs het die veiligheid tydens die Laerskool Selectionpark se revueaand behartig in samewerking met die SAPD en die Casseldale GPF.

Brakpan

  • Die Brakpan-tak het in samewerking met die GPF, Spotted Owls en gemeenskapslede verskeie grafstene herstel nadat dit deur kriminele aktiwiteite gevandaliseer is.
  • Die tak in Brakpan het 20 bome by die Laerskool Môrewag en 10 bome by die Apostoliese Gemeente in Minnebron geplant.

 Germiston

  • Die nuutgestigte buurtwag in Germiston het koeëlvastebaadjies, glimbaadjies, voertuigmagnete en radio’s in ontvangs geneem.
  • Die tak in Germiston het vyf bome by die Afrikaanse Hoërskool Germiston en twee bome by die Laerskool Elspark in Germiston geplant as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaandprojek.

Zambesi

  • Die Zambezi-tak het die afgelope maand die Chapel of God’s Grace kerk in Dr. Swanepoelweg skoongemaak en tuinvullis van dié perseel verwyder.
  • Die Zambesi-tak het bome by die Hoërskool Montana geplant.

 Moot

  • Die Moot-tak het bome by die Laerskool Wonderboom-Suid geplant ten bate van nasionale boomplantmaand.

 Wes-Moot

  • Die tak in Wes-Moot het bome by Villa Ciatste in die weste van Pretoria geplant.

 Meyerspark

  • Die Meyerspark-tak het slaggate in Sholto Douglasstraat teen ’n koste van sowat R22 000 opgevul.
  • Die Meyerspark-tak het die strepe van Sholto Douglasstraat geverf. Die tak het onlangs in dieselfde straat ook slaggate opgevul.
  • Die Meyerspark-tak het bome geplant in die gemeenskap tydens boomplantmaand.

 Rayton-Cullinan

  • Die tak in Rayton en Cullinan het bome by die Wetnose-dierebeskermingseenheid geplant.

 Waverley

  • Die tak in Waverley het bome by die Laerskool Totiusdal tydens boomplantmaand geplant.

 Apiesrivier

  • Die tak in Apiesrivier is gereorganiseer.

 Fochville

  • Die Fochville-tak het 16 bome aan vier skole in Fochville geskenk as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.

 MPUMALANGA

Bethal

  • Die Bethal-tak het twee suksesvolle slaggataksies voltooi. Daar is ook meer as R100 000 vir die jaar aan slaggate in die dorp spandeer.

 Leandra

  • Die Leandra-tak het bome by die Laerskool Leandra geplant ten bate van boomplantmaand.

 Middelburg

  • Die Middelburg-tak het twee fases van die Helipad-projek voltooi. Daartydens herstel AfriForum ’n noodlandingsplek vir helikopters.
  • Die Middelburg-tak het ’n suksesvolle stalletjie tydens Helpende Hand se gholfdag gehou.

 Lydenburg

  • Die Lydenburg-tak het in samewerking met die Lydenburgse sakekamer slaggate in die dorp help herstel.

 Witrivier

  • Die Witrivier-tak se buurtwag het gehelp om grootskaalse brande te bestry.

  LIMPOPO

  • Die AfriForum-takke in Warmbad, Nylstroom en Naboomspruit het meer as 250 bome in dié drie dorpe geplant as deel van die burgerregte-organisasie se boomplantmaandprojek. Die bome is by verskeie skole, kerke en ander instansies in die dorpe geplant.

Ellisras

  • Die AfriForum-buurtwag in Ellisras het kragte saamgespan om ’n brandende vragmotor te help blus wat buitekant Ellisras aan die brand geslaan het. Die buurtwag is ontplooi nadat daar ’n roep op die noodkanaal deurgekom het dat die vragmotor in ligte laaie is en hulp benodig word om die brand te blus.
  • Die AfriForum-tak in Ellisras het 13 bome by die DBV geplant as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaandprojek.
  • Die AfriForum-buurtwag in Ellisras het die veiligheid behartig by ’n groot fietsrydag by die Hoërskool Ellisras. Die buurtwag was in beheer van die veiligheid en het gesorg dat geen ernstige insidente plaasvind nie.
  • AfriForum het sy Matlabas-plaaswag in die Ellisras-streek gestig om misdaad in dié gebied te help hokslaan. AfriForum gaan ook binnekort veiligheidstoerusting aan dié plaaswag oorhandig.

Naboomspruit

  • Die AfriForum-tak in Naboomspruit het ’n waterlek op die hooftoevoerwaterpyp – wat vanaf die Geyserdam na die reservoir loop – herstel in samewerking met die munisipaliteit . Die pyp word gebruik om water vanaf die Geyserdam na die reservoir te pomp vir drinkwaterdoeleindes.
  • Die AfriForum-tak in Naboomspruit het ’n drukpomp en boorgatpomp herstel wat al ’n geruime tyd buite werking was. Die drukpomp  word gebruik om water vanaf die Nylstasie na die hoofreservoir te pomp en moes ’n nuwe elektroniese beskermingsmeganisme kry om weer te funksioneer. Die boorgatpomp moes heeltemal vervang word.
  • Die Lim 368 Plaaslike Munisipaliteit het onlangs die rioolaanleg in Naboomspruit begin herstel ná volgehoue druk deur die plaaslike AfriForum-tak. Herstelwerk het begin nadat AfriForum ’n skrywe aan Mapule Mokoko, munisipale bestuurder, gestuur het om die probleem onder haar aandag te bring.

Nylstroom

  • Die AfriForum-buurtwag in Nylstroom het gehelp met veiligheid by die Nyliefees. Die veiligheid is behartig deur Jumas-sekuriteitsmaatskappy in samewerking met die AfriForum-buurtwag.
  • Die AfriForum-buurtwag in Nylstroom het gehelp met veiligheid by die Nyliefees. Die veiligheid is deur Jumas-sekuriteitsmaatskappy behartig in samewerking met die AfriForum-buurtwag.

Phalaborwa

  • Die AfriForum-tak in Phalaborwa het twee bome by die ingang van die begraafplaas geplant as deel van dié burgerregte-organisasie se boomplantmaandprojek.

Tzaneen

  • AfriForum se Tzaneen-tak het die Tzaneendam skoongemaak met die doel om vis- en dierlewe in die omgewing te bewaar. Die aksie het plaasgevind in samewerking met Letaba Bassmasters, Wolkberg Akademie, Rhino Chemicals, Sosal Tzaneen, Drone Tronix en Natuurbewaring – almal het gehelp om die aksie suksesvol aan te pak.

 

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

 Die volgende takke in Noordwes het bome geplant tydens boomplantmaand: Hertzogville, Bloemhof, Delareyville, Sannieshof, Biesiesvlei, Schweizer-Reneke en Vryburg.

  • Die volgende takke in Noordwes het bome geplant as deel van die boomplantmaandprojek: Coligny, Hartbeespoort, Rustenburg, Koster, Mooinooi en Lichtenburg.

Vryburg

  • Die tak in Vryburg het ’n park skoongemaak en 14 bome geplant ten bate van boomplantmaand.
  • Die protospan van die AfriForum-buurtwag in Vryburg is aangewys as die beste in die land.

 Christiana

  • Die buurtwag in Christiana het ’n massapatrollie gehou vir die bekamping van misdaad en het die polisie ook bygestaan tydens inbrake. Hulle is ook behulpsaam met brandbestryding.

 Bloemhof

  • Die Bloemhof-buurtwag het gehelp met die soektog na twee verlore kinders en het hulle help opspoor.

 Potchefstroom

  • Die Potchefstroom-tak het herstelwerk aan ’n belangrike kruising langs die N12 gedoen. Herstelwerk sluit die verf van strepe in, asook vervanging van stoptekens en die opvul van slaggate.

Stilfontein

  • Die Stilfontein-buurtwag het nuwe toerusting ontvang, insluitend glimbaadjies, magneetborde en flitsligte.

 Wolmaransstad

  • Die Potchefstroom-tak het herstelwerk aan ’n belangrike kruising langs die N12 gedoen. Herstelwerk sluit die verf van strepe in, asook vervanging van stoptekens en die opvul van slaggate.

VRYSTAAT

 Uitsig

  • Die Uitsig-tak het ’n lid van die publiek gered wat ’n oordosis pille ingeneem het. Die tak het terselfdertyd verskeie ongelisensieerde vuurwapens gevind en dit aan die SAPD oorhandig.

 Rayton-Heuwelsig

  • AfriForum se Rayton/Heuwelsig-buurtwag het gehelp om ’n gekaapte Toyota Fortuner op te spoor binne 30 minute nadat dit aangemeld is.

Hospitaalpark

  • Die Hospitaalpark-tak se buurtwag het ’n inbreker vasgetrek en hom aan die SAPD oorhandig nadat hy een van die patrolleerders met ’n mes probeer steek het.

 Sasolburg

  • Die Sasolburg-tak het ’n gevaarlike pad herstel. Herstelwerk sluit die verf van strepe in, asook die vervanging van padtekens en die aanbring van katogies op die pad.
  • Die Sasolburg-tak het 35 bome langs die R59 geplant as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.

Senekal

  • Die Senekal-tak het met die munisipaliteit vergader om oplossings te vind na afloop van die riool verwante optog.

Frankfort

  • Die Frankfort-tak het nege skole in die Frankfort-omgewing besoek om bome vir die boomplantmaandprojek te oorhandig.

 Bethlehem

  • Die Bethlehem-tak het ’n stootskraper gehuur om opgehoopte vullis by die vullisterrein oop te krap om sodoende die brandweer te help om ’n brand te blus.
  • Die Bethlehem-tak het saam met AfriForum Jeug gewerk om 30 ton voer by 17 plase af te lewer wat onder verwoestende veldbrande deurgeloop het.

 Welkom

  • Die Welkom-tak is weer op die been gebring en kry ’n nuwe bestuur.

 Harrismith

  • Die Harrismith-buurtwag het ’n massapadblokkade saam die SAPD in Harrismith gehou om misdaad te bekamp.

 Reitz

  • Die Reitz-tak het stopstrate op die hoeke van die paaie om die skool geverf om sodoende die gebied rondom die skool te beveilig.

 KWAZULU-NATAL

  • In KwaZulu-Natal het AfriForum-lede deel gevorm van die Provinsiale SAPD Landelike Veiligheidskomitee.
  • AfriForum-takke in KwaZulu-Natal het met tradisionele Zoeloe-leiers vergader ten einde beter samewerking tussen die organisasies te verseker.

Newcastle

  • Die Newcastle-tak het 45 bome in Newcastle geplant as deel van die organisasie se boomplantmaandprojek.

 Vryheid

  • Die Vryheid-tak het hul gemeenskap met daaglikse patrollies beveilig.
  • Die Vryheid-tak het deel gevorm van die maandelikse gesamentlike SAPD-veiligheidsvergaderings in Ulundi.

 Margate

  • Die AfriForum Jeug-tak in Margate het die strande in Margate skoongemaak.
  • Die Margate-tak het ’n buurtwag gestig om die plaaslike gemeenskap te beveilig.
  • Die Margate-tak het bome by die plaaslike skole geplant ten bate van boomplantmaand.

 Pongola

  • Die Pongola-tak het verskeie bome in Pongola geplant, onder meer by die Pongola-aftreeoord.
  • Die Pongola-tak het die plaaslike gemeenskap beveilig danksy verskeie proaktiewe patrollies

 

Paulpietersburg

  • Die Paulpietersburg-tak se veiligheidstrukture het groot sukses met wildstropers behaal.
  • Die Paulpietersburg-tak het bome in Paulpietersburg se aftreeoord geplant.

 Utrecht

  • Die Utrecht-tak het aan die boomplantmaandprojek deelgeneem en verskeie bome in die dorp geplant.

 Hluluwe

  • Die Hluhuwe-tak het ’n gemeenskapsveiligheidsvergadering met die Mbazwane-polisiestasie gehou.

 

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kuruman

  • Die AfriForum Jeug-tak op Kuruman het die gebied rondom die plaaslike ouetehuis skoongemaak en die parkeerarea by die polisiestasie geverf.
  • Die Kuruman-buurtwag het veldbrande bestry.

 Kathu

  • Die Kathu-tak se buurtwag het huisbrande verhoed.
  • Die Kathu-tak het bome by die plaaslike skool geplant as deel van die boomplantmaandprojek.

Vaalharts

  • Die jeugportefeulje van die Vaalharts-tak het blomme by twee ouetehuise geplant om die koms van die lente te vier.
  • Die jeugportefeulje van die Vaalharts-tak het bome by die Vrouemonument-kerk geplant.

 

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • Die Aliwal-Noord-tak het bome by die Nkosi Private School geplant vir boomplantmaand en die kinders ook geleer waarom bome belangrik is.
  • Die Aliwal-Noord-tak het bome by Huis van der Horst geplant vir boomplantmaand.

 Jeffreysbaai

  • Die Jeffreysbaai-tak het alle voorbereidings- en toestemmingsprosesse gefinaliseer om ’n ingangsroete na die dorp te verbeter om verkeersvloeiprobleme aan te pak. Dit is massiewe projekte van nagenoeg R300 000, waarvan 50% deur die munisipaliteit befonds sal word. Die verhouding tussen tak en munisipaliteit is só goed gevestig dat die munisipaliteit se bydrae reeds by AfriForum inbetaal is.

WES-KAAP

 Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Oakdale Watch het ’n gesamentlike patrollie gehou.
  • Goeie samewerking tussen AfriForum se Bellville-buurtwag en die SAPD het tot die suksesvolle arrestasie van ’n vermeende inbreker gelei.

Vredendal

  • Die Vredendal-tak het twee nuwe veiligheidstrukture gestig: die Trawal-plaaswag en die Lutzville-buurtwag.
  • Die Nuwerus-plaaswag het veiligheidstoerusting ontvang.
  • Die Vredendal-tak het 30 inheemse bome by laerskole in die Matzikama-streek geplant.

Overstrand

  • Die Overstrand-tak het drie nuwe buurtwagte gestig en is in proses met twee ander. Die GVE vorder goed en lewer reeds resultate in onlustesituasies. Munisipale grondgrype word tot op ministeriële vlak aangepak.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn-tak het aan aksies deelgeneem en gehelp om aksies te organiseer om die Grobbelaarsrivier skoon te maak. Die tak het ook leiding geneem om die skoonmaakaksies volhoubaar te vestig.

Hessekwa

  • AfriForum se Goukou-plaaswag, wat deel van die burgerregte-organisasie se Hessekwa-takstruktuur vorm, het opleiding ontvang oor regsaspekte wat op patrollies van toepassing is.

Worcester

  • Die Worcester-tak het vyf inheemse bome en agt spekbome by die Nuwerus-ouetehuis geplant, asook by die De Tuinen Primêre Skool en die Esselen Primêre Skool.

Velddrif

  • Die Velddrif-tak het 15 inheemse bome vir boomplantmaand geplant.
  • Die Velddrif-buurtwag het gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor en die verdagtes te arresteer.

 

PORTEFEULJES

Omgewingsake

  • AfriForum het sy boomplantmaandprojek afgeskop en reeds 500 swartkareebome (Searsia lancea, voorheen die Rhus-genus) aan AfriForum-takbesture geskenk.
  • AfriForum het sy boomplantmaandprojek by Knysna afgesluit deur 50 bome by die Pledge Natuurreservaat te plant, ’n watertenk vir die reservaat te skenk wat reënwater sal opvang, terwyl 800 fynbosspesies ook in die Brenton-gebied geplant is. Dit is geplant vir die rehabilitasie van die endemiese fynbosspesies, asook ter beskerming van die Brenton Blue Butterfly. (Dié spesie kan slegs voortplant met ’n spesifieke fynbosplant.)
  • AfriForum en die Gaan Groen Knysna-groep het as deel van die Knysna-projek hulp verleen met die verwydering van uitheemse bome in die Knysna-omgewing.
  • AfriForum het tydens sy boomplantmaandprojek meer as 3 000 bome regoor Suid-Afrika geplant.

Plaaslikeregeringsake (strategiese raadgewer)

  • Die NGV het mooi spoed opgetel voor die kommentaarperiode op 20 September gesluit het. Ek het 12 promosiegesprekke daaroor gehou en talle suksesvolle verklarings en inligtingstukke daaroor uitgereik. Ons het ook breedvoerige kommentaar hieroor ingedien. Dit het gehelp om AfriForum en GMS as gesondheidrolspeler te vestig.
  • Ons Eskom-mediadekking was baie suksesvol in die afgelope ruk. Een van ons verklarings hieroor was van AfriForum se suksesvolstes in September. Dit wys dat krag vir ons nismark en die media baie belangrik is en ’n waghond en kampvegter op hierdie gebied soek.
  • Die peiling oor die NGV is afgehandel en die resultate is ook as deel van die veldtog en toekomstige navorsing en beplanning gebruik.
  • Heelwat suksesvolle blogs en artikels het ook die lig in die media gesien.

Gemeenskapsveiligheid

  • AfriForum se Goukou-plaaswag het veiligheidsopleiding oor regsaspekte ontvang wat op patrollies van toepassing is
  • AfriForum se Bellville-buurtwag en Oakdale Watch het ’n gesamentlike veiligheidspatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog.
  • AfriForum se Goukou-plaaswag het bystand verleen wat tot arrestasies gelei het.
  • AfriForum se Kathu-buurtwag het gehelp om te verhoed dat ’n huis afbrand.
  • AfriForum se Kathu-buurtwag het ’n nuwe beheerkamer gekry.
  • AfriForum se Kuruman-buurtwag het gehelp om brande by ’n wildskamp te blus.
  • AfriForum se Kuruman-buurtwag het ’n gesteelde voertuig opgespoor.
  • AfriForum se Nuwerus-plaaswag het veiligheidstoerusting ontvang.
  • AfriForum se Velddrif-buurtwag het gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor en verdagtes te arresteer.
  • AfriForum se Voëlklip-buurtwag is vereer.
  • AfriForum het twee nuwe veiligheidstrukture in die Matzikama-streek gestig.
  • Samewerking tussen AfriForum en die SAPD het tot suksesvolle arrestasies gelei.
  • Tien polisiestasies in die Wes-Kaap is gelys onder die topdertig in SA waar die meeste moordverwante sake aangemeld is.
  • AfriForum se Springs-buurtwag het ’n skool se revuevertonings beveilig.
  • AfriForum se Alberton-buurtwag spog met nuwe veiligheidstoerusting.
  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het gehelp om wegholbrande te beveg.
  • AfriForum se Roodepoort-buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Roodepoort-buurtwag het gehelp om ’n verdagte vas te trek.
  • Die AfriForum-buurtwag in Nylstroom het gehelp met veiligheid by die Nyliefees.
  • AfriForum se Ellisras-buurtwag het die veiligheid by ’n fietsrydag behartig.
  • Die Standerton-buurtwag het ’n vermiste kind op dié dorp opgespoor en dadelik betrokke geraak om meer inligting oor die saak te versamel
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het die polisie gehelp met vyf arrestasies. Vier van die vyf verdagtes was in besit van dwelms en een is gearresteer vir die bestuur onder die invloed van alkohol.
  • Maserumule-plaas: Onwettige betreders en strukture is verwyder met die Rooimiere se bystand.
  • AfriForum se Germiston-buurtwag het nuwe veiligheidstoerusting ontvang.
  • AfriForum se Middelburg-buurtwag het grondgrypers gestuit. Gemeenskapslede het AfriForum van die grondgrype in kennis gestel, waarna die tak onmiddellik opgetree het.
  • AfriForum se Kempton Park-buurtwag het patrollie saam met Sweedse media gery.
  • AfriForum se Ellisras-tak is ’n plaaswag sterker.
  • AfriForum se Standerton-tak het gehelp om ’n gekaapte voertuig op te spoor nadat die voertuig in Honeydew, Johannesburg gekaap is. Twee verdagtes is by die Elmtree-afdraai op die R23 gearresteer.

Soortgelyke plasings