AFRIFORUM-SUKSESSE: OKTOBER 2019

Gemeenskapsveiligheid

  • Verskeie buurtwagte in die Wes-Kaap het aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem, waaronder die Bellville-buurtwag (deel van die Kaapstad-Noord-takstruktuur), die Kraaifontein S4-buurtwag (deel van die Kraaifontein-takstruktuur), die Rondeberg-buurtwag (deel van die Malmesbury-takstruktuur), die Alfa-, Groter Gansbaai-, Voëlklip- en Fisherhaven-buurtwag (almal deel van die Overstrand-takstruktuur), die Lutzville-buurtwag (deel van die Vredendal-takstruktuur), asook die Velddrif-, Worcester- en Gordonsbaai-buurtwag (almal deel van die Helderbergkom-takstruktuur).
  • Heelparty plaaswagte in die Wes-Kaap (Vredendal, Spruitdrif, Kleinrivier, Trawal, Nuwerus, Koekenaap en Lutzville) het ook aan die sigbaarheidspatrollie deelgeneem.
  • Alle AfriForum-buurtwagte in die Groter Pretoria-distrik het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die AfriForum-buurtwagte in Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Welkom, Winburg, die Sandrivier-distrik en Ventersburg het aan dié organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp.
  • AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte, in samewerking met die SAPD en veiligheids­instansies, het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem ten einde polisiëring­sigbaarheid op te skerp. ’n Totaal van 4 340 km is deur 270 patrolleerders in 120 voertuie afgelê.
  • Die AfriForum-buurtwagte in Kempton Park, Brakpan, Edenvale en Springs het in samewerking met die SAPD en die GPF van Bakerton ’n sigbaarheidspatrollie gehou.
  • AfriForum se Kempton Park-buurtwag het hulp verleen:
    • tydens onluste by die Great North-plakkerskamp deur skarebeheer toe te pas en alternatiewe roetes vir motoriste aan te dui;
    • aan die SAPD tydens die arrestasie van ’n vermeende verdagte wat vir diefstal en bedrog gesoek word;
    • aan vyf gholfspelers wat op die gholfbaan van hul selfone en ander items beroof is;
    • tydens ’n voorval van huismoles;
    • aan ’n individu wie se beursie gesteel is, deur die vermeende verdagte te arresteer en aan die SAPD te oorhandig;
    • tydens die opspoor van ’n gesteelde voertuig binne twee ure;
    • tydens die opspoor van twee vermiste seuns wat van die kinderhuis af weggeloop het;
    • tydens ’n motorongeluk; en
    • tydens die SAPD se Operasie Mashekane wat maandeliks plaasvind om misdaad hok te slaan.

Plaaslikeregeringsake

  • AfriForum se takke in Kaapstad-Noord, Kraaifontein, Overstrand, Stellenbosch en Vredendal het ’n werkswinkel in Bellville bygewoon. Die werkswinkel, wat oor deelname aan die hersieningsproses van dié takke se onderskeie munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) gehandel het, is aangebied deur Deidré du Preez, AfriForum se raadgewer by plaaslikeregeringsake. Die werkswinkel was spesifiek toegespits op die deelname van takbesture aan volgende jaar se GOP-proses en hoe om kommentaar daarop te formuleer en te verfyn. Takbesture gaan op munisipale verordeninge, die munisipaliteit se ruimtelike ontwikkelingsplan en die sonering van verskeie oop gebiede fokus.
  • AfriForum se Harrismith- en Kroonstad-takke het onderskeidelik opleiding in geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) ontvang. Dié opleiding het oor onder meer die werkinge van munisipale begrotings gehandel, asook watter insette die gemeenskap daarop kan lewer.

 

 NOORDSTREEK

LIMPOPO

Thabazimbi

  • Die AfriForum-plaaswagte in Thabazimbi se protospan het taktiese opleiding by Matla Mamba Safaris ontvang. Die opleiding het onder meer vaardighede in fisiese geveg, vlak 1-noodhulpopleiding, regs-en-risiko-opleiding, asook toneel­be­waring ingesluit.
  • AfriForum het Projek Nehemia-opleiding vir sy lede in die Matlabas-gebied aangebied. Die opleiding het in Tarentaalpan plaasgevind en gemeenskapslede van Ellisras, Thabazimbi en die Matlabas-gebied het opleiding ontvang.

Naboomspruit

  • AfriForum se Naboomspruit-tak het in samewerking met verskeie rolspelers en die munisipaliteit se departement van paaie gehelp om die teerpad na Die Oog te herstel.

Ellisras

  • AfriForum se Ellisras-tak het taktiese opleiding aan sy protospan gebied. Die opleiding het fisiese gevegsvaardighede, stop-die-bloeding-opleiding en voertuignadering ingesluit.

 

GAUTENG

 Vanderbijlpark

  • Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het ongeveer 2 100 slaggate in verskeie strate in die dorp opgevul as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Hierdie aksie is in samewerking met nege motorfietsklubs, verskeie sakeondernemings en gemeen­skaps­lede aangepak om die paaie veiliger vir motoriste te maak.
  • AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het patrollie gery om veiligheid by die plaaslike begraafplaas op te skerp en dit vir gemeenskapslede moontlik te maak om hul afgestorwe geliefdes se grafte veilig te besoek. Dít vorm deel van die tak se doelwit om volhoubaarheid in Vanderbijlpark te implementeer.

Roodepoort

  • AfriForum se Roodepoort-tak het aan verskeie veiligheidsaksies en klopjagte deelgeneem waartydens talle arrestasies plaasgevind het.

 Vereeniging

  • Die AfriForum-tak in Vereeniging het die veiligheid by Mimi Fourie Hof, ’n tehuis vir bejaardes, opgeskerp nadat die tehuis ’n geruime tyd onder misdaad deurgeloop het.

 Bronkhorstspruit

  • AfriForum se Bronkhorstspruit-tak het die park in Cathiestraat skoongemaak en die gras gesny as deel van die organisasie se #OnsDorp-veldtog.

 Alberton

  • AfriForum se Alberton-buurtwag het in afsonderlike gevalle twee vermiste persone opgespoor.

Benoni

  • AfriForum se Benoni-buurtwag het ’n opvolgmassapatrollie gehou waartydens 460 km suksesvol deur 15 patrolleerders afgelê is.
  • Die AfriForum-tak in Benoni het instandhoudingswerk by die Pauline Davis- en Dennis Conradie-ouetehuise voltooi as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog.

Brakpan

  • As deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog het dié organisasie se Brakpan-tak ’n massaskoonmaakprojek by die Tweedy Park tehuis vir bejaardes aangepak.
  • Die AfriForum-tak in Brakpan het as deel van die organisasie se Boomplantmaandprojek 100 vaderlandswilgerbome aan die plaaslike begraafplaas geskenk en geplant.

Edenvale

  • As deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog het dié organisasie se Edenvale-tak die stroom in Eastleigh, asook die omliggende gebiede skoongemaak.
  • Die AfriForum-tak in Edenvale het ook ses bome by die Hurlyvale Primary School in Edenvale geplant as deel van die burgerregteorganisasie se Boomplantmaandprojek.

Germiston

  • Die AfriForum-tak in Germiston het tien bome by die Prestasie Skool in Elspark en die Afrikaanse Hoërskool Germiston geplant as deel van die organisasie se Boomplant­maand­projek.

Kempton Park

  • AfriForum se Kempton Park-takbestuur het hulle algemene jaarvergadering (AJV) gehou wat deur ongeveer 40 mense bygewoon is. Die takbestuur het ook terugvoer gegee oor die suksesse wat in 2019 behaal is.

 Springs

  • Die AfriForum-tak in Springs het tien soetdoringbome by die Hoër Tegniese Skool Springs geplant as deel van AfriForum se Boomplantmaandprojek.

 Oos-Moot

  • AfriForum se Oos-Moot-tak het die spruit skoongemaak op die hoek van 24ste Laan en Louis Trichardtstraat as deel van die organisasie se #OnsDorp-veldtog.

Fochville

  • Die AfriForum-tak in Fochville het ’n bemarkingstalletjie by die Kraalkopmark gehad.

 

 

MPUMALANGA

  • AfriForum se takke in Mpumalanga het hand bygesit met AfriForum Jeug se Boerspitus-aksie in Orania.

Witrivier

  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem en een persoon in hegtenis geneem.

 Nelspruit

  • AfriForum se Nelspruit-tak het in samewerking met We Care 4 Nelspruit weer ’n skoonmaakprojek geloods. Dit sal op ’n maandelikse basis voortgaan.
  • Die jeugvleuel van AfriForum se Nelspruit-tak het ’n selfdoenaksie by die Pro Gratia Skool voltooi. Houtklaskamers is behandel om die strukture teen wind en weer te beskerm.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Bethal

  • Die AfriForum-tak in Bethal het aan ’n gemeenskapaksie deelgeneem waartydens Davelweg skoongemaak is.
  • Die tak se asdromprojek is volhoubaar en 30 asdromme word weekliks in die middedorp gediens.
  • Die Bethal-tak se waterpunt kan in tye van nood deur die gemeenskap gebruik word indien die watertoevoer na die dorp weer onderbreek word.
  • Die tak het 50 spekbome aan die Silwerjare-ouetehuis se inwoners oorhandig as deel van die organisasie se Boomplantmaandprojek.

 Lydenburg

  • AfriForum se Lydenburg-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 

Middelburg

  • Die AfriForum-buurtwag in Middelburg het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 

 

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

 Vryburg

  • Die AfriForum-tak in Vryburg het slaggate in die dorp opgevul.

Christiana

  • Die AfriForum-tak in Christiana het ’n AF-herhaler opgerig.

Hertzogville

  • Die AfriForum-tak in Hertzogville het ’n braaiplek vir die plaaslike ouetehuis gebou.

Delareyville

  • Die AfriForum-tak in Delareyville het twee groot parke skoongemaak.

 Rustenburg

  • Die AfriForum-tak in Rustenburg het nege peperbasbome by verskeie skole in die dorp geplant as deel van die burgerregteorganisasie se jaarlikse Boomplant­maandprojek.
  • Die tak het 4,25 ton teer gebruik om die strate in Rustenburg weer op te knap. Daar is tot dusver hierdie jaar al nagenoeg 16 ton se teer aangekoop en gebruik om die paaie in die dorp op te knap.

 Lichtenburg

  • Die AfriForum-tak in Lichtenburg het 14 bome by verskeie skole in die dorp geplant as deel van die burgerregteorganisasie se jaarlikse Boomplantmaandprojek.

 Mooinooi

  • Die AfriForum-tak in Mooinooi het olienhoutbome by die Laerskool Elandskraal geplant as deel van die burgerregteorganisasie se jaarlikse Boomplantmaandprojek.

 Klerksdorp

  • Die AfriForum-buurtwag in Klerksdorp het gehelp met die opruim van parke.
  • Die tak het ook spekbome en groentesaad aan die Laerskool Unie in Klerksdorp oorhandig en geplant.

 Potchefstroom

  • Die AfriForum-tak in Potchefstroom het 43 slaggate opgevul.

 Ventersdorp

  • Die AfriForum-buurtwag in Ventersdorp het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.

 Stilfontein

  • Die AfriForum-buurtwag in Stilfontein het die volgende suksesse behaal:
    • Blus ’n brand langs die N12.
    • Verwyder beeste langs die N12 wat ’n gevaar vir motoriste inhou.
    • Neem deel aan die nasionale massapatrollie.
    • Bied bystand in Orkney tydens ’n protesaksie.
    • Help ’n sekuriteitsmaatskappy om ’n inbreker by die sportgronde in hegtenis te neem.

 Wolmaransstad

  • Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het ’n skoonmaakaksie gehou.

 


VRYSTAAT

 Sasolburg

  • Die AfriForum-tak in Sasolburg het twee skoonmaakprojekte by twee skole gehou om leerders se veiligheid te verbeter, asook om dwelmhandel hok te slaan.
  • Die voorsitter van AfriForum se Sasolburg-buurtwag het hommeltuigopleiding ontvang.

 Heilbron

  • Die AfriForum-tak in Heilbron het water aan die gemeenskap verskaf tydens ’n waterskaarste.

 Bethlehem

  • Die AfriForum-tak in Bethlehem het veiligheidsopleiding vir die dorp se senior burgers aangebied. Tydens dié opleidingsessie het bejaardes geleer hoe om pepersproei korrek vir selfverdediging te gebruik. Elke persoon wat teenwoordig was het hul eie botteltjie pepersproei ontvang. Hulle het ook tydens ’n demonstrasie geleer hoe om ’n brandblusser te gebruik.

 Kroonstad

  • Die AfriForum-tak in Kroonstad het ’n skoonmaakprojek in die dorp gehou. Die rommel in die gebied het ’n swak indruk van die dorp geskep en inwoners het besluit hulle sal self die inisiatief neem om dit skoon te maak.
  • As deel van AfriForum se jaarlikse Boomplantmaandprojek het die tak ses bome by verskillende plekke in die dorp geplant. Die bome is by die Dagsorgsentrum, Edelkroon en die Sasol-vulstasie in die dorp geplant.

Welkom

  • Die AfriForum-tak in Welkom het 50 bome aan verskillende skole en instansies geskenk as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse Boomplantmaandprojek. Dit sluit in die Hoërskool Hennenman, die Gereformeerde Kerk Ventersburg, Asina-ouetehuis, Voluit Primêre Skool, Hoërskool Riebeeckstad, Hoërskool Goudveld, Hoërskool Wessel Maree, Laerskool Naudeville en Welkom Volkskool.

 Reitz

  • Die AfriForum-tak in Reitz het vier bome by die Hoërskool Reitz geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse Boomplantmaandprojek.
  • Die Reitz-tak het die watertoevoer by die dorp se gemeenskapsportterrein se hek herstel. Dit was onooglik omdat die kraan met ’n stopper toegemaak is om watervermorsing te beperk en die verdroogde tuin die eerste ding was wat besoekers aan die terrein se aandag getrek het.

 Parys

Die AfriForum-tak in Parys het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig oor die gehalte van Parys se drinkwater. Inwoners is gewaarsku om nie die kraanwater te drink nie.

 

 KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • AfriForum se Newcastle-tak het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor verhoogde eiendomsbelasting.

 Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak het die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor onreëlmatige kontrakte.
  • As deel van AfriForum se boomplantmaand het die tak verskeie bome by die plaaslike skole geplant.
  • Die Vryheid-tak se gemeenskapsveiligheidsportefeulje het verskeie suksesse behaal, waaronder arrestasies. Proaktiewe patrollies is daagliks gehou om hul gemeenskap se veiligheid te verseker. Hulle het ook aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Margate

  • AfriForum se Margate-tak het verskeie bome geplant as deel van die organisasie se Boomplantmaandprojek.
  • Die Margate-tak het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Richardsbaai

  • AfriForum se Richardsbaai-tak het verskeie bome geplant as deel van die organisasie se Boomplantmaandprojek
  • Die tak het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Hluhluwe

  • AfriForum se Hluhluwe-tak het ’n veiligheidsvergadering van die Big Five Hlabisa Plaaslike Munisipaliteit bygewoon.
  • Die tak het bygedra tot AfriForum se jaarlikse boomplantmaandprojek deur bome by die Hluhluwe Privaat Skool te plant.
  • Die Hluhluwe-tak se gemeenskapsveiligheidsportefeulje was by verskeie arrestasies betrokke en het gehelp om vier gesteelde voertuie op te spoor. Hulle het ook aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Pongola

  • AfriForum se Pongola-tak het tydens Oktober verskeie bome by die Pongola Akademie, die plaaslike aftreeoord en die gemeenskapsentrum geplant en ook ’n nuwe takbestuur verkies.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas vir swak elektrisiteitsverskaffing.
  • Danksy proaktiewe patrollies en deelname aan die nasionale massapatrollie, het die Pongola-tak bygedra tot hul gemeenskap se veiligheid.

 Paulpietersburg

  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het verskeie bome by skole en die plaaslike aftreeoord geplant.
  • Die tak het ’n gevaarlike kruising se strepe nuut oorgeverf en proaktiewe patrollies gehou om die gemeenskap van Paulpietersburg te beveilig.

 Utrecht

  • AfriForum se Utrecht-tak het die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor beweerde korrupsie.
  • Die tak het ook aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Voorts het die Utrecht-tak verskeie bome in hul gemeenskap geplant.

 

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

 Hopetown         

  • AfriForum se Hopetown-tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig oor die haglike toestand van die vullisterrein en swak dienslewering in die dorp.
  • Die tak het vir die vervoer van veevoer na droogtegeteisterde gebiede betaal.

 Prieska

  • AfriForum se Prieska-tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuur gerig om kwessies in die dorp te bespreek.

 Kimberley

  • AfriForum se Kimberley-tak het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Vaalharts

  • AfriForum se Vaalharts-tak het ’n skrywe aan die munisipale administrateur gerig oor swak dienslewering en het die munisipaliteit se tariefvergadering bygewoon.
  • Volgehoue druk deur die tak het daartoe bygedra dat padtekens op die N18 herstel is.
  • Die Vaalharts-tak het ook met die provinsiale departement van vervoer en openbare Werke vergader.

 Williston

  • AfriForum se Williston-tak het ’n interne appèl gerig vir ’n PAIA-aansoek om toegang tot inligting oor die munisipale bestuurder se kwalifikasies te kry.
  • Die tak het ook met die provinsiale departement van vervoer en openbare werke vergader.

 

OOS-KAAP

 Aliwal-Noord

  • AfriForum se Aliwal-Noord-tak het ’n vergadering bygewoon oor die riool- en waterprobleme.

 Elliot

  • AfriForum se Elliot-tak het verskeie diensleweringsprobleme met die munisipale bestuurder en burgermeester aangespreek.

 

WES-KAAP

 Helderbergkom

  • Die jeugvleuel van AfriForum se Helderbergkom-tak het vier watertenks van 2 200 liter elk vir Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-sentrum in die Strand aangekoop. Die installasie van die tenks stel die sentrum nou in staat om 8 800 liter reënwater te berg. Dit volg nadat die Helderbergkom-tak ook in Augustus vanjaar gesorg het dat ’n stukkende geiser by die Ons Plek-sentrum vervang is.

 Kraaifontein

  • AfriForum se Kraaifontein-buurtwag het in samewerking met die Kraaifontein Sektor 4B-buurtwag en die SAPD op verskeie voorvalle gereageer en verdagtes aangekeer.

 Overstrand

  • AfriForum se Projek Nehemia, ’n proaktiewe strategie teen geweldsmisdaad, is sterk op dreef in die Overstrand. Die burgerregteorganisasie het ’n tweedaglange opleidingsessie in Hermanus gehou, waartydens modules soos regsaspekte, patrollievaardighede, basiese inligting, gebiedsbeskerming en toneelhantering aangebied is. Projek Nehemia het onder meer ten doel om vennootskappe met sleutelrolspelers te bou en gemeenskappe te bemagtig vir die doeltreffende bekamping van misdaad.
  • AfriForum se Fisherhaven- en Alfa-buurtwag, wat deel is van AfriForum se Overstrand-tak, het ’n opvolgpatrollie in hul onderskeie gebiede gehou om sigbaarheid te verhoog. Hierdie sigbaarheidsaksie volg op die suksesvolle nasionale patrollie.

 Stellenbosch

  • AfriForum se Stellenbosch-tak het ’n skoonmaakprojek geloods as deel van dié burgerregteorganisasie se #OnsDorp-veldtog. Lede van die tak, die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit en gemeenskapslede het die omgewing langs Kromrivier by die Helshoogtebrug skoongemaak. Die munisipaliteit het die vullissakke voorsien en ongeveer 25 sakke rommel en ander groter items is opgetel en ná die tyd deur die munisipaliteit verwyder.
  • Die AfriForum-tak in Stellenbosch het vanjaar 13 bome aan Animal Welfare Society Stellenbosch geskenk as deel van AfriForum se jaarlikse boomplantmaandprojek.

 Worcester

  • AfriForum se Worcester-buurtwag, in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies het aan ’n nasionale patrollie deelgeneem om sigbaarheid in die dorp te verbeter. Altesaam 50 patrolleerders (wat personeel van die sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitsluit) het nagenoeg 1 300 km met 25 voertuie afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

 Hessekwa

  • Die veiligheidstrukture van AfriForum se Hessekwa-tak het met groot entoesiasme aan die massapatrollie deelgeneem en gewys dat veiligheid in hierdie streek die hoogste prioriteit geniet.
  • Die tak is ook besig om te werk aan ’n plan om Albertinia se dorpsingang te verfraai as deel van AfriForum se nasionale #OnsDorp-projek.

 Mosselbaai    

  • Die veiligheidstrukture van AfriForum se Mosselbaai-tak se het ook oudergewoonte aan die landwye massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n inligtingsessie aangebied waartydens Willie Spies, direkteur van Hurter en Spies wat AfriForum se regsake hanteer, die genooide spreker was. Die tema was “Het ons ’n toekoms in Suid-Afrika?” en ’n groot gehoor het ’n sterk boodskap van hoop ontvang wat die gemeenskap ingedra is.

 Oudtshoorn

  • AfriForum se Oudtshoorn-tak het die inligtingsbord by die dorp se ingang opgeknap en die Grobbelaarsrivier wat deur die dorp vloei, skoongemaak as deel van die tak se deelname aan die nasionale #OnsDorp-projek.
  • Willie Spies, direkteur van Hurter en Spies wat AfriForum se regsake hanteer, het as deel van sy besoek aan die Suid-Kaap as gasspreker opgetree en ’n boodskap van hoop aan die gemeenskap oorgedra. Die tema van sy gesprek was “Het ons ’n toekoms in Suid-Afrika?”.

 George

  • Die bestuur van AfriForum se George-tak het die harte warm laat klop deur die reddingswerkers en SAPD-lede wat betrokke was by ’n grootskaalse soek- en reddingsoperasie by Voëlklip, van kos en lafenis te voorsien. ’n Tragedie het hier afgespeel toe ’n vrou en haar twee jong kinders met hul voertuig in die see beland het.
  • Planne vorder goed om ’n parkie in Newton, ’n woonbuurt in George, te beveilig sodat kinders weer ongestoord daar kan speel en baljaar. Dit vorm deel van AfriForum se landswye #OnsDorp-projek.

Soortgelyke plasings