AFRIFORUM-SUKSESSE: NOVEMBER 2019

Gemeenskapsveiligheid

  • AfriForum se buurtwagte in die Apiesrivier-gebied het ’n massapatrollie gehou met die doel om misdaad te voorkom. Die patrollie het plaasgevind in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapslede wat gehelp het om sigbaarheid in die gebied te verhoog.
  • AfriForum se Pionier-buurtwag in Pretoria het aan die nasionale sigbaarheidsaksie deelgeneem waartydens die buurtwag ’n voetpatrollie gehou het om sigbaarheid in die gebied te verhoog.
  • ’n Patrolleerder van die Pionier-buurtwag in Pretoria het ’n verdagte persoon gerapporteer wat besig was om bo-oor mure in erwe in te spring. Die buurtwaglede het onmiddellik gereageer en die verdagte binne minute vasgetrek.
  • Die burgerregtewaghond AfriForum het skrywes by 20 polisiestasies in die Pretoria-distrik ingehandig om die polisie weer eens bewus te maak van hoe om grondgrypkwessies te hanteer. Die skrywes is ingedien tesame met ’n direktief wat vroeër vanjaar deur die nasionale polisiekommissaris aan alle polisiestasies gestuur is.
  • AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het ’n verdagte aangekeer nadat twee patrolleerders van dié buurtwag ’n aanvaller gesien het wat ’n vrou teen ’n muur vasgooi en vasdruk. Die verdagte het die vrou se handsak by haar gegryp en probeer weghardloop. Die buurtwaglede het die verdagte egter agternagesit en hom vasgetrek, waarna Kilnerpark Sekuriteit hulp verleen het en die verdagte gearresteer het.
  • AfriForum het Projek Nehemia-opleiding vir 125 buurtwaglede van die Groter Pretoria-omgewing aangebied. Lede van ander buurtwagte in Brits, Rustenburg, Fochville en Benoni het ook die opleiding bygewoon. Projek Nehemia is ’n strategie teen geweldmisdaad.
  • AfriForum se Oos-Moot-tak het in samewerking met die buurtwag water aan inwoners van die Waverley-gebied voorsien nadat hulle twee dae lank sonder water moes klaarkom. Dít het gevolg nadat inwoners van die gebied die AfriForum-tak om hulp genader het om water te bekom sodat hulle met hul daaglikse aktiwiteite kan voortgaan.

 

NOORDSTREEK

 LIMPOPO

  • Die burgerregtewaghond AfriForum het skrywes by tien polisiestasies in Limpopo ingehandig om die SAPD weer eens bewus te maak oor die wyse waarop grondgrype hanteer moet word. Dié skrywes is ingedien saam met ’n direktief wat die nasionale polisiekommissaris vroeër vanjaar aan alle polisiestasies gestuur het.
  • AfriForum het strafregtelike klagtes teen dr. Ntsie Kgaphole, hoof van Limpopo se departement van gesondheid, ingedien as deel van dié organisasie se nasionale veldtog teen die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Dít volg nadat AfriForum die departement se jaarverslag bestudeer het en bevind het dat Kgaphole skuldig is aan oortredings ingevolge Artikel 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (wetno. 1 van 1999).

Thabazimbi

  • AfriForum se Thabazimbi-tak het gereorganiseer. Die reorganisering het ten doel om die gemeenskap beter by te staan met probleme wat hulle ondervind.

Tzaneen

  • Lede van AfriForum se Tzaneen- en Modjadjiskloof-buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander rolspelers in die dorp ’n padblokkade gehou. Die padblokkade het ten doel gehad om veiligheid voor die feesseisoen op te skerp en die gemeenskap te beveilig.

Naboomspruit

  • AfriForum se Naboomspruit-tak het tydens November twee boorgatpompe in die dorp herstel om sodoende beter watervoorsiening aan die gemeenskap te lewer.

Ellisras

  • AfriForum se Ellisras-tak se jeugportefeulje het ’n aksie geloods om kos vir die plaaslike DBV in te samel. Die aksie was daarop gemik om te sorg dat die DBV genoegsame voorraad het tydens die feesseisoen.

 

GAUTENG

  • AfriForum het watertoetse in die Hammanskraal-gebied gedoen en bevind dat die water nie geskik vir menslike gebruik is nie en het gevolglik ’n klagte by die Menseregtekommissie ingedien tesame met ’n prokureursbrief aan die Tshwane-metro oor die watersituasie. Dít het gevolg nadat die Hammanskraal-gebied al vir ’n geruime tyd sonder water moes klaarkom.
  • Stad Tshwane het in ’n bestuursvergadering aan AfriForum bekend gemaak dat hulle koopkragverbruikers wat die verkeerde tarief in November betaal het, sal vergoed.

Garsfontein

  • AfriForum het ’n selfdoenaksie by die Hoërskool Waterkloof aangepak waar die organisasie gehelp het om die skool se parkeerterrein en padtekens nuut oor te verf om sodoende padveiligheid op te skerp. Dié aksie vorm deel van die organisasie se groter projek om skole by te staan en veiligheid by die skoolterrein te bevorder.

Oos-Moot

  • AfriForum se Oos-Moot-tak het ’n boom wat omgewaai en in die middel van die pad geval het, verwyder. Die boom het omgewaai weens sterk winde wat Novembermaand in die gebied gewoed het.

Springs

  • AfriForum se Springs-tak en die organisasie se lugvleuel het ’n spesiale operasie in samewerking met die SAPD gehou waartydens 23 arrestasies uitgevoer is.
  • As deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog het dié organisasie se Springs-tak ’n massaskoonmaakaksie by die Oorlogsmonument van stapel gestuur.

Kempton Park

  • As deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog het die organisasie se Kempton Park-tak 580 onwettige advertensieborde van lamppale verwyder.
  • Die AfriForum-tak in Kempton Park het tien spekbome en een suurlemoenboom as deel van dié burgerregteorganisasie se #OnsDorp-veldtog geplant.
  • AfriForum se Oos-Rand-takke het in samewerking met die SAPD, GPF’s en verskeie sekuriteitsmaatskappye aan die SAPD se Operasie Masakhane in die Kempton Park-gebied deelgeneem.

Germiston

  • Die AfriForum-tak in Germiston het ’n massaskoonmaakaksie in die Lambton-gebied geloods.
  • Die burgerregtewaghond AfriForum het skrywes by sewe polisiestasies aan die Oos-Rand ingehandig om die SAPD weer eens bewus te maak oor die wyse waarop grondgrype hanteer moet word.

Fochville

  • Die AfriForum-tak in Fochville het ’n sigbaarheidspatrollie in samewerking met die SAPD en GPF op Swart Vrydag uitgevoer.

 

MPUMALANGA

  • AfriForum-takke in Mpumalanga het die proses rondom NGV teengestaan deur insae te lewer by vergaderings in die provinsie.
  • AfriForum se takke in Mpumalanga het tot die Droogtehulpfonds bygedra.

 

Piet Retief

  • AfriForum se Piet Retief-buurtwag het massapatrollie saam die SAPD gehou en verskeie arrestasies gemaak.
  • AfriForum se Piet Retief-tak en -buurtwag het mediese opleiding ontvang.

Standerton    

  • AfriForum se Standerton-buurtwag het hulp verleen tydens die blus van veldbrande in en om Standerton.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het veediewe vasgetrek.
  • AfriForum se Standerton-tak het aan AfriForum se #OnsDorp-veldtog deelgeneem en gehelp om skole te beveilig deur kameras te installeer.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die Teks-buurtwag het uitgehelp op ongelukstonele.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het aan ’n sigbaarheidspatrollie saam met die SAPD deelgeneem.
  • Die Teks-tak het instandhoudingswerk by die Davies Hof-ouetehuis gedoen.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het hulp verleen tydens die blus van veldbrande.
  • AfriForum se Teks-tak en -buurtwag het groot sukses behaal tydens die #AnkerdorpPadskou-veldtog wat in Secunda gehou is.

Ermelo

  • Die Ermelo-tak het aan AfriForum se #OnsDorp-veldtog deelgeneem en gehelp verf by skole.

Witbank

  • AfriForum se Witbank-tak het hulle projek afgeskop om slaggate op te vul en stoptekens te vervang wat deel vorm van die organisasie se #OnsDorp-veldtog.

 Leandra

  • AfriForum se Leandra-buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.

Delmas 

  • AfriForum se Delmas-Eloff- en Argent-buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Delmas-Eloff- en Argent-buurtwag het hulp verleen tydens die blus van veldbrande in en om dié gebiede.

 Witrivier

  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het aan Operasie Wydkyk deelgeneem wat ten doel gehad het om ekstra sigbaarheid te handhaaf tydens die feestyd.
  • Die Witrivier-tak het R10 000 tot die Droogtehulpfonds bygedra.

Nelspruit 

  • AfriForum se Nelspruit-tak het in samewerking met We Care 4 Nelspruit weer ’n skoonmaakprojek geloods. Dit sal op ’n maandelikse basis voortgaan.
  • Die Nelspruit-tak se jeugportefeulje het ’n gaatjie geborg by die Pro Gratia Skool se Gholfdag in Komatipoort.
  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gebied deur ’n gesteelde voertuig te help opspoor.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het aan Operasie Wydkyk deelgeneem wat ten doel gehad het om ekstra sigbaarheid tydens die feestyd te handhaaf.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gebied tydens ’n grondgryp in die Cairn-omgewing.
  • AfriForum se Nelspruit-tak het R5 000 bygedra tot die Droogtehulpfonds. Hulle het ’n video hiervan gemaak en ander AfriForum-takke uitgedaag om by hulle aan te sluit. Die inisiatief het uiteindelik daartoe gelei dat meer as R400 000 vir droogtehulp ingesamel is. Die tak het ook ’n addisionele R10 000 tot die fonds bygedra.
  • Die tak het ’n NGV-bewustheidsvergadering gehou.

 Bethal

  • AfriForum se Bethal-tak se asdromprojek is volhoubaar en 30 asdromme word weekliks in die middedorp van Bethal gediens.
  • Die tak se waterpunt is op ’n gereedheidsgrondslag om die gemeenskap van water te voorsien indien watervoorsiening in die dorp weer onderbreek word.
  • Die tak het ’n slaggatopvulaksie gehou waartydens Blesbok-, Kleynhans-, Malherbe- en Van Riebeeckstraat herstel is. Dié aksie was deel van die organisasie se #OnsDorp-veldtog.
  • Die tak het R5 000 bygedra tot die Droogtehulpfonds.

 Lydenburg 

  • AfriForum se Lydenburg-tak het ’n skrywe aan die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende ’n rioollekkasie, waarna dit herstel is.
  • Die tak het R10 000 tot die Droogtehulpfonds bygedra.
  • AfriForum se Lydenburg-buurtwag het aan Operasie Wydkyk deelgeneem wat ten doel gehad het om addisionele sigbaarheid tydens die feestyd te handhaaf.

 Machadodorp

  • AfriForum se Machadodorp-tak het slaggate opgevul as deel van die #OnsDorp-veldtog.

 Middelburg 

  • AfriForum se Middelburg-buurtwag het aan Operasie Wydkyk deelgeneem wat ten doel gehad het om addisionele sigbaarheid tydens die feestyd te handhaaf.
  • Die buurtwag is tans besig om ’n radiobeheerkamer in te rig om ekstra vermoë in die gebied te bied. Dit vorm deel van die #OnsDorp-veldtog.
  • AfriForum se Middelburg-tak het ’n NGV-bewustheidsvergadering gehou.

 

 SENTRAALSTREEK

NOORDWES

 Rustenburg

  • AfriForum se Rustenburg-tak het met hulle skoonmaakprojek begin. Dít volg nadat verskeie gemeenskapslede gekla het oor gestrooide rommel en gras wat nie gesny word nie. AfriForum poog om hierdie as ’n volhoubare projek te dryf wat ten minste twee tot drie keer per week kan plaasvind.

 Lichtenburg

  • AfriForum se Lichtenburg-tak het die Generaal De la Rey-standbeeld op die hoek van Gerrit Maritz- en Dr. Nelson Mandelastraat skoon gemaak.

 Zeerust

  • AfriForum het ’n projek van stapel gestuur om sigbaarheid op nasionale vlak te verhoog vir die komende feesseisoen.

 Coligny

  • Die AfriForum-tak in Coligny het tien Van Wykshoutbome en twintig Bosveldkatjiepieringbome by die Laerskool G.R. Setsetse geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek.

 Potchefstroom

  • Die AfriForum-tak in Potchefstroom het 183 slaggate tydens November opgevul.

Stilfontein

  • Die AfriForum-tak in Stilfontein se plaaslike regeringsverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om herstelwerk te verrig.

 


VRYSTAAT

Sasolburg

  • Die AfriForum-tak in Sasolburg het ’n skoonmaakaksie by die dammetjie by Tuinedal gehou.
  • Die tak in Sasolburg het die gras by die verskillende groenstroke in die dorp gesny.
  • Die AfriForum-tak het gereeld patrollies in die dorp gery en beplan ekstra patrollies tydens die feesseisoen.

Bethlehem

  • AfriForum het sy #AnkerdorpPadskou-veldtog na Bethlehem geneem om die burgerregteorganisasie se teenwoordigheid in dié dorp te verhoog en saam met die gemeenskap hoop te skep. AfriForum se Bethlehem-tak het tydens die eerste week van die veldtog padtekens, spoedwalle, stoptekens en voetoorgange by die Primêre Skool Jordania, Hoërskool Witteberg, Hoërskool Voortrekker, Laerskool Truida Kestell en Maluti Hooglandskool geverf. Die doel van die aksie was om padveiligheid by die skole te verbeter en meer sigbaarheid te skep.
  • Die Bethlehem-tak het hand bygesit om veiligheid by die Sonskyn-dienssentrum te verbeter en instandhouding te doen. Die tak het handrelings in die badkamers van verskeie wonings op die perseel geïnstalleer vir die bejaardes se veiligheid, terwyl 18 stortkoppe ook vervang is. Die tak het verder ’n goedvoelaksie vir die inwoners van die Eike- en Sonskyn-dienssentrum gehou waartydens boereworsrolle aan inwoners uitgedeel is.  Die tak het ook tydens die veldtog 12 bome aan die Maluti Hooglandskool geskenk en die ingang van die Charlotte Theron-kinderhuis opgeknap. Die gras van die parkie naby die Laerskool Truida Kestell is gesny en vullis is ook by dié parkie opgetel. Verder het die tak ’n instandhoudingsprojek by die Bethlehem Museum aangepak deur die vensterrame van die museum en waenhuis af te skuur en te behandel. Die Bethlehem-tak het ook ’n skenking aan die museum gemaak. Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, het tydens die Quo Vadis?-gesprek met Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, en Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid, by die museum oor veiligheid gesels.

Steynsrus 

  • AfriForum het ’n tak- en buurtwagstigtingsvergadering in Steynsrus gehou. Die gemeenskap het AfriForum genader om ’n tak te stig nadat ’n behoefte daaraan in dié dorp ontstaan het. Altesaam 35 gemeenskapslede het hierdie vergadering bygewoon, waartydens die bestuur van die tak gekies is.

Frankfort

  • Die AfriForum-tak in Frankfort het regdeur die jaar die begraafplaas in Frankfort onderhou. Die gras is gereeld gesny sodat die begraafplaas netjies lyk en vullis is ook op ‘n gereelde basis verwyder.

 Parys

  • Die AfriForum-tak in Parys het ’n dringende hofbevel probeer kry oor die vuil water in Parys, maar die saak is van die hofrol geskrap.

 

 KWAZULU-NATAL

  • AfriForum se takke in KwaZulu-Natal het strafregtelike klagtes teen die hoof van die provinsiale departement van gesondheid ingedien.

 Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak het ’n dringende vergadering oor waterprobleme gehou.
  • Die tak het gehelp met verskeie arrestasies van gesoekte kriminele.
  • Die tak het ’n woonbuurt in Vryheid opgeknap.
  • Die tak het verskeie briewe aan die munisipaliteit gerig rakende growwe wangedrag.

 Margate

  • AfriForum se Margate-tak het strafregtelike klagtes teen die bestuurder van die Ugu Distriksmunisipaliteit ingedien weens finansiële wangedrag.

 Pongola

  • AfriForum se Pongola-tak het met die munisipaliteit vergader oor kragleweringsprobleme.
  • Die tak was deel van die Pongola-skoonmaakdag.
  • Die tak het skriftelike klagtes aan die distriksmunisipaliteit gerig weens rioolstorting.
  • AfriForum se Pongola-tak het gehelp met die beheer van plantegroei langs die N2.

Paulpietersburg

  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het ’n gevaarlike kruising geverf.

Richardsbaai

  • AfriForum se Richardsbaai-tak het opleiding in regsaspekte vir hul patrolleerders aangebied.

 

SUIDSTREEK

OOS-KAAP

Port Elizabeth

  • Die Port Elizabeth-tak van AfriForum het ’n uiters suksesvolle inligtingsvergadering aangebied om die mense van die Oos-Kaap in te lig oor die regering se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering.

 

WES-KAAP

  • AfriForum het strafregtelike klagtes ingedien teen Dr. Beth Engelbrecht, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, as deel van dié organisasie se nasionale veldtog teen die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Dít volg nadat AfriForum die departement se jaarverslag bestudeer het en bevind het dat Engelbrecht skuldig is aan oortredings ingevolge Artikel 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (wetno. 1 van 1999).

 Hessekwa

  • AfriForum se Hessekwa-tak se veiligheidstrukture het verder uitgebrei met die stigting van ’n buurtwag in Stilbaai. Dit het harde werk geverg en sal ’n geweldige impak op die gemeenskap se veiligheid hê.

 Mosselbaai         

  • Die Mosselbaai-tak het tydens ’n pragtige seremonie erkenning gegee aan die Mosselbaai munisipale bestuur vir die puik manier waarop die munisipale gebied in 2019 bestuur is. Mosselbaai is ’n voorbeeld van uitmuntende bestuur en vooruitgang.

 Oudtshoorn

  • AfriForum se Oudtshoorn-tak het groot vordering gemaak in die proses om druk op die munisipale bestuur uit te oefen, tot so ’n mate dat daar nou ingryping vanaf die provinsiale regering is. Amptenare is geskors en aangekla, als te danke aan die druk komende van die AfriForum-tak.

 Helderbergkom

  • As deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog het dié organisasie se Helderbergkom-tak die groenstrook langs die Summervale-aftreeoord in Gordonsbaai skoongemaak. Dié groenstrook, wat strek vanaf Lemoenboomstraat tot by Dennehofstraat, is in samewerking met Blue Daisy Lawns skoongemaak.

 Kaapstad-Noord

  • Die AfriForum-buurtwag in Bellville se protospanlede het opleiding in radiospraakprosedures ontvang. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het dié opleidingsessie aangebied.

Kraaifontein

  • Twaalf lede van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag en die Kraaifontein Sektor 4B-buurtwag het vlak 1-opleiding in brandbestryding ontvang. AfriForum het dié opleiding in samewerking met SafeTech aangebied.

Robertson

  • Die AfriForum-buurtwag in Robertson het opleiding in toneelhantering ontvang. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het dié opleidingsessie aangebied.

Soortgelyke plasings