AfriForum-suksesse: Mei 2019

Nasionaal

  • AfriForum het talle protesbriewe van inwoners regoor die land teen die president se versoek – dat munisipaliteite landwyd 18 000 mense na die presidensiële inhuldiging in Pretoria op 25 Mei 2019 moet aanry – by die nasionale departement van samewerkende regering en tradisionele sake in Pretoria ingedien. Die burgerregte-organisasie het ook ’n protesbrief aan die presidensie gestuur rakende hierdie kwessie.

Omgewingsake

  • AfriForum het vanjaar 127 vullisterreine in al nege provinsies geoudit as deel van sy nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. Slegs twee uit sewe vullisterreine wat in die Groter Pretoria-gebied geoudit is, het nie aan nasionale standaarde voldoen nie. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 2008 (wetno. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.
  • Die Hoogland-streek se takke het almal aan die vullisterreinoudit deelgeneem. Geen van die vullisterreine in dié streek voldoen aan die nodige vereistes nie. Die agteruitgang van die terreine is duidelik sigbaar.
  • Die volgende takke in Noordwes het watertoetse uitgevoer: Bloemhof, Christiana, Hertzogville, Delareyville, Sannieshof, Ottosdal, Schweizer-Reneke en Vryburg.
  • AfriForum se takke in die Noord-Kaap, waaronder dié in Vaalharts en Aliwal-Noord, het aan die organisasie se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Gemeenskapsveiligheid

  • Die AfriForum-buurtwag in Alberton het in samewerking met die Jeppe SAPD, F&D Tactical en Afrisist Tracking ’n gesteelde bromponie teruggevind.
  • AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte het aan die nasionale massapatrollie, waartydens 6 941 km deur 274 patrolleerders afgelê is, deelgeneem.
  • Verskeie buurtwagte in Mpumalanga, waaronder dié in Piet Retief, Standerton, Teks, Delmas, Eloff, Argent en Leandra, het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Orania-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Elliot-buurtwag het deel gevorm van die nasionale massapatrollie.
  • Die Sasolburg-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem, terwyl ’n bootpatrollie ook vir die eerste keer saam met die SAPD aangepak is.
  • Die volgende buurtwagte in Noordwes het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem: Biesiesvlei, Christiana, Delareyville, Sannieshof, Schweizer-Reneke en Vryburg.
  • In die Wes-Kaap het 18 buurtwagte aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • In KwaZulu-Natal het ses buurtwagte aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die volgende buurtwagte in Mpumalanga het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem: Middelburg, Lydenburg, Nelspruit, Witrivier en Machadodorp.
  • AfriForum se buurtwagte in Apiesrivier, Bronkhorstspruit, Hennopsriviervallei, Meyerspark, Moot, Moreletapark, Pretoria-Wes, Rayton, Cullinan, Kameeldrift, Waverley en Wes-Moot het die burgerregtewaghond se nasionale massapatrollie in die Tshwane-metro uitgevoer. Dié patrollie is in samewerking met talle ander veiligheidsinstansies, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF), privaat buurtwagte en die SAPD uitgevoer. Tydens dié patrollie het 563 patrolleerders van hierdie AfriForum-buurtwagte in 278 voertuie meer as 8 794 km afgelê. Altesaam 13 voorvalle is aangemeld en suksesvol hanteer.
  • AfriForum se buurtwagte in Vanderbijlpark, Roodepoort en Randfontein het in samewerking met die polisie, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n nasionale massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer. Die buurtwagte het aan die patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp.
  • Die volgende Vrystaatse buurtwagte het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem: Bethlehem, Bultfontein, Harrismith, Welkom en Winburg.
  • Tydens die nasionale massapatrollie het die buurtwag wat gepatrolleer het, twee verdagtes agternagesit en hulle met die hulp van die SAPD gearresteer. Ná verdere ondersoek het dit aan die lig gekom dat hulle verantwoordelik is vir diefstal van koperkabels en dat die buurtwag hulle al vir ’n paar weke lank soek.
  • Die Gamtoosvallei-plaaswag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem. Dit het saamgeval met die inisiatief wat deur die tak geloods is om ’n omvattende veiligheidsplan vir boere in die omgewing saam te stel.
  • AfriForum se Mosselbaai-tak (Groter Brandwag- en Herbertsdale-plaaswag), asook die Hessekwa-tak (Goukou-plaaswag) het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem. Plaaswaglede het in hul groot getalle opgedaag en waardevolle ondervinding is opgedoen. Die Herbertsdale-plaaswag het bygedra tot die inhegtenisname van ’n vermeende dwelmhandelaar tydens die genoemde patrollie.
  • AfriForum se buurtwagte in Ellisras, Ant’s Hill, Nylstroom, Warmbad, Tzaneen, Matlabas en Marble Hall het in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp.
  • AfriForum se buurtwagte in Alberton, Brakpan, Germiston en Springs het teenkapingsopleiding ontvang wat deur 70 lede bygewoon is.
  • AfriForum se Alberton-tak het ’n suksesvolle skoleveiligheidsoudit by die Laerskool Orion uitgevoer.
  • AfriForum se Kempton Park-buurtwag het mediese bystand verleen aan ’n persoon met pyn in die bors.
  • AfriForum se Brakpan-buurtwag het bystand gebied:
  • Tydens die verwydering van vier individue uit ’n dwelmverwante huis.
  • Tydens die skoonmaak van twee misdaadtonele.
  • As waarnemers by die onderskeie stempunte op verkiesingsdag.
  • Tydens die toegangsbeheer van die Fly-Mu Lugskou.
  • AfriForum se Springs-tak het lugsteunbystand aan die SAPD gebied tydens ’n inligtinginsamelingsoperasie met behulp van die organisasie se hommeltuig.
  • AfriForum se Roodepoort-buurtwag het in samewerking met ander veiligheidsinstansies, waaronder die Florida GPF, HMA High Risk Security, Bhekani Abantu Services, Moks VIP and Protection Services, Apcan Security Group en die SAPD, ’n dwelmklopjag in Florida en omliggende voorstede uitgevoer.
  • Die laaste ses van die Groter Brandwag-plaaswag se twaalf koeëlvastebaadjies vir hul protospan is tydens die nasionale massapatrollie aan hulle oorhandig. Hulle het terselfdertyd ook twaalf oranje opvoubare kegels – toegerus met LED-liggies vir aanwending by voertuigbeheerpunte (VBPe) en ander operasies – in ontvangs geneem.

NOORDSTREEK

LIMPOPO

  • AfriForum het ’n skrywe aan COGTA oorhandig waarin lede se petisie teen die aanry van mense op munisipale onkoste na die presidensiële inhuldiging oorgedra is. Die doel hiervan was om die onverantwoordelike spandering van munisipale geld teen te staan.

Ellisras

  • Buurtwagte van regoor Limpopo het Projek Nehemia-opleiding ontvang te Vaalwater naby Ellisras. Die opleiding het ten doel gehad om die buurtwagte te mobiliseer om hulself sodoende beter te beskerm. Die modules het bevel-en-beheer, gebiedsbeskerming, regsaspekte, huis-en-haardbeskerming, traumaberading en die bedryf van inligting ingesluit.
  • AfriForum se Ellisras-tak het op Moedersdag die SAVF se Maroelaoord besoek om tyd saam met die dames te spandeer; geskenke is ook aan hulle oorhandig.

Marble Hall

  • AfriForum se Marble Hall-buurtwag het in samewerking met die Heritage Protection Group (HPG) en die polisie twee verdagtes vasgetrek. Een van die verdagtes was vermoedelik by ’n plaasaanval in die omgewing betrokke nadat ’n vuurwapen wat tydens die aanval gesteel is, in sy besit gevind is.

Tzaneen

  • Die burgerregte-organisasie AfriForum het die Duiwelskloof-buurtwag naby Tzaneen in die Soutpansberg-distrik gestig. Die stigting het plaasgevind na afloop van die gemeenskap se besluit om hulself teen misdaad in die gebied te organiseer en te mobiliseer.

Phalaborwa

  • Lede van AfriForum se Phalaborwa-tak het die plaaslike begraafplaas skoongemaak as deel van die Projek Skoon Rusplek wat in die dorp geloods is. Dit het ten doel om die begraafplaas op te knap en beter te laat lyk.

GAUTENG

  • AfriForum het op 14 Mei 2019 ’n skrywe aan die Tshwane-metro oorhandig en hulle op terme geplaas om ’n beperking in te stel oor die hoeveelheid visse wat met nette in die Bon Accorddam gevang mag word, asook om teenoor die onwettige plakkers rondom die dam op te tree.
  • AfriForum het kommentaar ingedien teen die voorgestelde prospekteringsaktiwiteite van ’n beoogde myn op die plaas Doornpoort 259JR.

Vanderbijlpark

  • AfriForum se Vanderbijlpark-tak het bevestiging ontvang dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit weer vragmotors vir vullisverwydering beskikbaar gestel het.
  • Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het ’n veiligheidsaksie saam met die polisie uitgevoer. Altesaam 14 mense was tydens die klopjag aan diens en het 84 manure by beheerpunte afgelê. Hierdie beheerpunte was soos volg: Beethoven- en Deliusstraat (Butcher Boys), Rossini Boulevard en William Nicolstraat (Stonehaven).

Roodepoort

  • Tien lede van AfriForum se Roodepoort-buurtwag en die Roodepoort Charlie-buurtwag het noodhulpopleiding tot en met noodhulpvlak 3 ontvang. Hierdie lede gaan ook vir tyd en wyl saam met nooddienspersoneel in die omgewing beweeg om praktiese ervaring op te doen.
  • AfriForum se Roodepoort-buurtwag het bystand verleen ná ’n motorongeluk in Ontdekkersweg naby Beaconstraat.
  • AfriForum se Roodepoort-tak het in samewerking met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), veiligheidsinstansies en sekuriteitsmaatskappye aan ’n gesamentlike klopjag onder leiding van die SAPD (Florida, Wes-Rand K9, Tshwane, Sedibeng en TRT) deelgeneem en op onwettige mynboubedrywighede toegeslaan.

Springs

  • AfriForum se Springs-tak het ’n vergadering met die burgemeesterskomiteelid van die munisipaliteit gehou rakende diensleweringskwessies.

Benoni

  • AfriForum se Benoni-tak het gras gesny en die gebied rondom die SAPD se Akademiese Kollege skoongemaak.

Brakpan

  • AfriForum se Brakpan-tak het ’n skoonmaakaksie geloods en die gras by die Tweedy Park-tehuis vir bejaardes gesny.
  • AfriForum se Brakpan-tak het ’n inligtingsaand vir gemeenskapslede aangebied rakende verkiesingsdag en proaktiewe deelname.

Edenvale

  • Die burgerregte-organisasie AfriForum se Edenvale-tak het algemene jaarvergadering gehou en ’n nuwe bestuur verkies.

Germiston

  • Die AfriForum-tak in Germiston het ’n massaskoonmaakaksie in die Primrose-gebied geloods.
  • Ná volgehoue druk deur AfriForum se Germiston-tak is verskeie strate in hierdie gebied geteer, bourommel is verwyder en oop areas is skoongemaak.

Waverley

  • AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het gedurende Meimaand verskeie veiligheidsoperasies in die Waverley-gebied uitgevoer.

MPUMALANGA

Standerton

  • AfriForum se Standerton-tak het waterpype herstel nadat duisende liter skoon water in die strate afgeloop en verlore gegaan het.

Witrivier

  • Die Witrivier-buurtwag het meer as R140 000 se gesteelde neute teruggevind.

SENTRAALSTREEKNOORDWES

Vryburg

  • Die AfriForum-tak in Vryburg het begin om Stellaland Park skoon te maak.

Christiana

  • Die AfriForum-buurtwag in Christiana het massapatrollie gehou.

Schweizer-Reneke

  • Die AfriForum-tak op Schweizer-Reneke was betrokke by die beslegting van ’n dispuut met taxi-eienaars oor stilhouplekke.

Lichtenburg

  • Die AfriForum-tak in Lichtenburg het in samewerking met die CVO Skool in Lichtenburg die straat en parkeerarea voor dié skool mooi opgeknap. Randstene, stippellyne, parkeerstrepe en twee spoedhobbels is onder meer nuut oorgeverf.

Orkney

  • AfriForum se Orkney-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem in samewerking met die SAPD, verskeie sekuriteitsmaatskappye, die brandweerdiens, asook ander nooddienste.

Klerksdorp

  • Die Klerksdorp-tak het verskeie stoptekens in Doringkruin vervang nadat die gemeenskap al ’n geruime tyd ongelukkig is oor talle stoptekens wat vermis geraak het.

Potchefstroom

  • Die tak het meer as 600 slaggate in die dorp herstel, asook padstrepe voor verskeie skole nuut oorgeverf om padveiligheid te bevorder.

Ventersdorp

  • AfriForum se Ventersdorp-tak het ’n skenking veiligheidskameras ontvang wat by die plaaslike ouetehuis geïnstalleer gaan word om sodoende veiligheid te bevorder en misdaad te bekamp.

Stilfontein

  • AfriForum se Stilfontein-tak het ’n grasperk by die ingang van Kowiestraat skoongemaak nadat hierdie gedeelte al ’n geruime tyd terug aandag moes geniet het.

Wolmaransstad

  • Die Wolmaransstad-tak het die gemeenskap by verskeie projekte betrek wat in die dorp geloods is met die doel om die strate weer skoon en netjies te maak. Talle vragte vullis is in die proses weggery.

Hartbeesfontein

  • AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem waartydens 26 boetes ter waarde van R35 000 uitgereik is.

VRYSTAAT

Sasolburg

  • Die Sasolburg-tak het ’n skoonmaakaksie by die plaaslike begraafplaas geloods en talle sakke vullis is weggery.
  • Die tak het voortgegaan om verskeie parke en groenstroke in Sasolburg en Vaalpark skoon te maak en die gras te sny.
  • Die tak het verskeie niefunksionerende straatligte in Sasolburg en Vaalpark vervang.

Heilbron

  • Die tak het by ’n slaggatprojek in die dorp betrokke geraak wat daartoe gelei het dat honderde slaggate opgevul is om sodoende padveiligheid te bevorder.

Bethlehem

  • Die Valke het sowel die munisipale bestuurder van die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit as die hoof van ’n sekuriteitsmaatskappy in hegtenis geneem nadat AfriForum strafregtelike klagtes ingedien het.
  • AfriForum se Bethlehem-tak het in samewerking met die plaaslike verkeersafdeling onwettige informele ondernemings in die dorp verwyder. Hierdie ondernemings is onwettig omdat daar nie permitte aan hulle uitgereik is om daar besigheid te doen nie.

Bultfontein

  • AfriForum se Bultfontein-tak het gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor en aan die eienaar terug te besorg. Die polisie het die takvoorsitter van die gesteelde voertuig in kennis gestel, waarna hy die buurtwag en ander sektore ingelig het. Ná intense patrollering is die voertuig opgespoor en aan die eienaar terugbesorg. Die voertuig het ’n waarde van R350 000.
  • Tydens die nasionale massapatrollie het AfriForum se Bultfontein-buurtwag 91 voertuie afgetrek en deursoek, asook 21 verkeersake ter waarde van R6 700 hanteer.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • AfriForum se Newcastle-tak het met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit vergader.

Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak het basiese noodhulpopleiding vir gemeenskapslede aangebied.
  • AfriForum se Vryheid-tak het ’n vergadering met Nersa gehou om kragprobleme te bespreek.
  • AfriForum se Vryheid-tak het druk op die munisipaliteit geplaas om die brand by die plaaslike vullisterrein te blus.
  • AfriForum se Vryheid-tak het gehelp om renosterstropers vas te trek.

Margate

  • AfriForum se Margate-tak se jeugportefeulje het strande skoongemaak.
  • AfriForum se Margate-tak het met hul plaaslike SAPD-bestuur vergader.

Hluhluwe

  • AfriForum se Hluhluwe-tak het stoptekens by gevaarlike kruisings aangebring.

Pongola

  • AfriForum se Pongola-tak het verskeie proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Paulpietersburg

  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het basiese noodhulpkursusse vir die plaaslike gemeenskap aangebied.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het die Groen Skerpioene genader oor die smeulende vullisterrein.

Utrecht

  • AfriForum se Utrecht-tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen oor waterprobleme.
  • AfriForum se Utrecht-tak het met die munisipale bestuurder vergader.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Hopetown

  • AfriForum se Hopetown-tak het melkterte na die Silwerhof-ouetehuis geneem as deel van Republiekdag.

Prieska

  • AfriForum het ’n tak op Prieska gestig.
  • AfriForum se Prieska-tak het melkterte vir die inwoners van die Fran du Toit-ouetehuis geneem en saam hulle gekuier as deel van “Onthou jy Republiekdag”.

Kimberley

  • AfriForum se Kimberley-tak het koeksisters vir die inwoners van die Stillerwee-tehuis vir bejaardes geneem as deel van Republiekdag.
  • AfriForum se Kimberley-tak het koeksisters vir die inwoners van Ons Huis (ACVV) geneem as deel van Republiekdag.
  • AfriForum se Kimberley-tak het ’n skrywe aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die GOP-begroting wat nie bekend gemaak is nie.

Vaalharts

  • AfriForum se Vaalharts-tak het ’n oggendtee by Huis Andelusia gehou as deel van Republiekdag.
  • AfriForum se Vaalharts-tak het ’n middagtee by Huis Theresa gehou as deel van Republiekdag.
  • AfriForum se Vaalharts-tak het danksy volgehoue druk op die provinsiale kantore padtekens laat oprig.

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • AfriForum se Aliwal-Noord-tak het met die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit vergader oor die begroting wat voorgelê is.
  • AfriForum se Aliwal-Noord-tak het met die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit oor swak dienslewering vergader.
  • AfriForum se Aliwal-Noord-tak het aan die GOP-proses deelgeneem.
  • AfriForum se Aliwal-Noord-tak het 1 000 sakke kuilvoer aan boere in Springbok geskenk.

Elliot

  • AfriForum se Elliot-tak het met die munisipaliteit vergader oor swak dienslewering.
  • AfriForum se Elliot-tak het die pad na die vullisterrein laat opruim danksy volgehoue druk op die munisipaliteit.
  • AfriForum se Elliot-tak het aanwysingsborde by die vullisterrein opgerig.

WES-KAAP

Kaapstad-Noord

  • Na afloop van die nasionale massapatrollie het lede van AfriForum se Bellville-buurtwag, in samewerking met Oakdale Watch, ’n gedeelte van die Oakdale-woonbuurt in Bellville skoongemaak deur rommel op te tel. Die skoonmaakaksie is deur Oakdale Watch geïnisieer. Tydens ’n onlangse brand in Oakdale het Johan Fritz, koördineerder van AfriForum se Bellville-buurtwag, ook bystand verleen. Buurtwaglede het vinnig gereageer, nooddienste gekontak en gehelp waar nodig.

Mosselbaai

  • Die Groter Brandwag- en die Herbertsdale-plaaswag se protospanne het weer eens hul gratis maandelikse opknappingsopleiding deur Tiger Kai Krav Maga ontvang.
  • Die Groter Brandwag-plaaswag het in samewerking met die SAPD en Tiger Kai ’n uiters suksesvolle plaasontsettingsoefening gehad.

George

  • Met behulp van die George-tak se bestuur is AfriForum se #AnkerdorpPadskou in George afgehandel. ’n Wye verskeidenheid aktiwiteite is aangepak en afgehandel wat goeie mediablootstelling gekry het. Verder was dit suksesvol in die doelwit om die gemeenskap van George bewus te maak van die waardetoevoeging wat AfriForum-lede tot hul gemeenskappe maak.

Hessekwa

  • Die Goukou-plaaswag was instrumenteel in die inhegtenisname van vyf persone vir die diefstal van selfoontoringbatterye. Die insittendes van twee verdagte voertuie is ook in Riversdal in hegtenis geneem. ’n Totaal van 18 batterye is in hul besit gevind.

Soortgelyke plasings