AFRIFORUM-SUKSESSE: MAART 2020

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Apiesrivier, Bronkhorstspruit, Hennopsriviervallei, Pionier, Moot, Oos-Moot, Wes-Moot, Moreletapark, Pretoria-Wes Rayton-Cullinan en Kameeldrift het op 13 Maart aan die burgerregtewaghond se nasionale patrollie deelgeneem. Dié patrollie is van 16:00 tot 06:00 in samewerking met talle ander veiligheidsinstansies, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), privaat buurtwagte en die SAPD uitgevoer.
  • AfriForum het verskeie vullisterreine in die Groter Pretoria-distrik geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal.

 Wes-Moot

  • Die tak het ’n groot skoonmaakaksie tussen Pretoria- en Marketstraat in Claremont gehou.
  • Die tak het hulp verleen tydens onluste by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT).
  • Die tak het bystand gebied tydens ’n straatbrand in Bremerstraat.
  • Die tak het hoësigbaarheidspatrollies gehandhaaf.

Oos-Moot

  • Die tak het in samewerking met plaaslike ondernemings en die stadsraad die Louis Trichardt-spruit tussen 25ste en 27ste Laan skoongemaak.
  • Die tak het ’n siviele arrestasie uitgevoer.
  • Die tak het ’n aanvaller in hegtenis geneem tydens die spruitskoonmaakaksie.

Moot

  • Die tak het ’n tweede noodwaterpunt by die Innesdale-ontspanningsklub geopen.
  • Die tak het ligte aan die Laerskool Pierneef geskenk.

 

WES-RAND 

Algemeen

  • AfriForum se buurtwagte in Vanderbijlpark, Roodepoort, Krugersdorp, Fochville en Randfontein het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF’s, gemeenskapslede en verskeie sekuriteitsmaatskappye ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en verskeie sekuriteitsmaatskappye twee verdagtes in hegtenis geneem.

 Vereeniging

  • Die tak het kragte met die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) en die Dogs of War-motorfietsklub saamgespan om die begraafplaas by dié dorp se konsentrasiekamp op te knap

 

OOS-RAND

 Kempton Park

  • Die tak se ondervoorsitter en jeugleier het aan AfriForum se vrywillige opleidingskorps deelgeneem wat hoofkantoor aangebied het. Hierdie opleiding sal deelnemers in staat stel om self opleiding in die toekoms aan te bied.
  • Die buurtwag het bystand aan ’n inwoner verleen wat uit sy rolstoel geval het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens ’n aanrandingsvoorval.
  • Die buurtwag het hulp verleen tydens ’n arrestasie.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou waartydens nege patrolleerders 529 km in nege voertuie afgelê het.
  • Die buurtwag het operasionele bystand tydens ’n voorval gebied. Mediese hulp is aan ’n hawelose persoon verleen en hy is na ’n hospitaal vervoer.
  • Die buurtwag het ’n bejaarde dame gehelp wat geval het deur nooddienste te ontbied; sy is na ’n hospitaal in Tembisa vervoer.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel waar ’n 16-jarige seun raakgery is; die buurtwag het mediese dienste ontbied, die pad afgesper en die verkeer gereguleer.
  • Die buurtwag het hulp verleen tydens ’n gewapende rooftog. Die buurtwag en SecPros Sekuriteit het die selfoonsein geaktiveer en die voertuig in Tembisa opgespoor.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens ’n huisbrand. Buurtwaglede het die brand in samewerking met SSS Sekuriteit en SecPros Sekuriteit bestry.

Alberton

  • Die tak het in samewerking met AfriForum se Pietersburg-buurtwag bystand gebied tydens die ontlonting van onluste deur die SAPD en die teenkapingseenheid na die toneel te ontbied.

Edenvale

  • Die tak het ’n massaskoonmaakaksie in Edenvale se middedorp geloods.

Springs

  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike GPF ’n arrestasie uitgevoer.

Benoni

  • Die tak het by die 200% Foundation aangesluit om jong meisies van die Actonville-opleidingsentrum, ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes, op te lei oor persoonlike higiëne, middelmisbruik en persoonlike veiligheid.

 

MPUMALANGA

 Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.

Standerton    

  • Die buurtwag het verdagtes vasgetrek wat by ’n kaartslenter betrokke was.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het taktiese opleiding ontvang.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem.
  • Die tak het bejaardes in die Eendracht-ouetehuis gehelp om hul geiser te vervang.
  • Die buurtwag het uitgehelp tydens ’n ongelukstoneel deur die verkeer te reguleer.
  • Sowel die tak as die buurtwag het bystand gebied om die kragtoevoer te herstel en kos en water aan mense en ondernemings te voorsien wat deur die ongelukstoneel geraak is.
  • Die tak het ’n ouetehuis met instandhoudingswerk gehelp.
  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

Delmas 

  • Die buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent en verskeie ander instansies het ’n massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Delmas-, Eloff- en Argent-buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.
  • Die tak en hoofkantoor het ’n gesamentlike skrywe aan Randwater en die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die waterprobleem in Eloff en Sundra.

 Witbank

  • Die tak is besig met hulle padveiligheidsprojek, die opvul van slaggate, om padtekens nuut oor te verf en stopborde te vervang.
  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.

 Ermelo

  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.

 Leandra

  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Witrivier

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Nelspruit

  • Die tak het twee parke skoongemaak. Die aksie is in samewerking met WeCare4Nelspruit gedoen en vind maandeliks plaas.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Bethal

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare slaggatprojek in Kleynhans- en Vermootenstraat.
  • Die tak se noodwaterpunt is slaggereed om inwoners tydens watertekorte te bedien.
  • Die tak diens steeds weekliks 30 asblikke in die dorp se sentrale sakekern.

 Lydenburg

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Machadodorp

  • Die buurtwag het tydelik die bestuur van die dorp se waterwerke oorgeneem nadat ’n munisipale werkerstaking tot droë krane gelei het.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Middelburg

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 

LIMPOPO

Naboomspruit

  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig rakende water- en elektrisiteitsprobleme.
  • Die tak het bystand gebied tydens ’n plaasaanval.

Warmbad

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag se protospan het opleiding ontvang.
  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens die staat van inperking.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

Marble Hall

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens die staat van inperking.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

 Nylstroom 

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die vullisterreinoudit deelgeneem.
  • Die tak het ’n watertenk aangekoop om die gemeenskap tydens watertekorte by te staan.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

Pietersburg

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Phalaborwa

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Tzaneen

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 

NOORDWES

MARICO

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Rustenburg, Brits, Hartbeespoort, Mooinooi, Zeerust, Koster en Coligny het op 13 Maart aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.

 Rustenburg

  • Die tak het sy volhoubare skoonmaakprojek in die dorp se strate voortgesit.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig om onwettige plakkery by die ou begraafplaas stop te sit.

 Hartbeespoort

  • Die tak het 3 200 liter water aan die gemeenskap voorsien tydens ’n waterkrisis.

 

STELLALAND

Biesiesvlei

  • Die buurt- en plaaswag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Delareyville

  • Die tak het die park in die dorp skoongemaak.
  • Die tak het gereeld vullis in die dorp verwyder.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het drie arrestasies uitgevoer tydens die nasionale patrollie.

 Vryburg

  • Die tak het sy volhoubare slaggatprojek voortgesit.
  • Die buurtwag het die dorp se begraafplaas gepatrolleer tydens besoektyd op Sondagmiddae.
  • Die tak het glimbaadjies aangekoop sodat sy lede meer sigbaar kan wees tydens aksies.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die tak het aan die nasionale monumentoudit deelgeneem.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig in verband met die swak toestand van die plaaslike vullisterrein.

 Christiana

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die nasionale monumentoudit deelgeneem.

 Hertzogville

  • Die tak het voortgegaan met bouwerk aan die ouetehuis se braai-en-ontspanningsarea.
  • Die tak het kospakkies aan minderbevoorregte gesinne uitgedeel voor die aanvang van die staat van inperking.

 Schweizer-Reneke

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n memorandum aan die plaaslike polisiestasie oorhandig met betrekking tot ’n vreedsame optog in reaksie op swak dienslewering deur die munisipaliteit.

 Bloemhof

  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.

 

MOOIRIVIER

Potchefstroom

  • Die tak het die dorp se parke skoongemaak.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om aandag aan verskeie kwessies in die dorp te gee.

Wolmaransstad

  • Die tak het die dorp se sypaadjies netjies gemaak deur die gras te sny.

 Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het mieliediewe aangekeer.

 

VRYSTAAT 

MOOIRIVIER

Sasolburg

  • Die tak het al die groenstroke en parke se gras gesny.
  • Die tak het ’n monumentoudit uitgevoer.

Parys

  • Die tak het stoptekens by ’n besige kruising vervang.

 

HOOGLAND

Algemeen

Die AfriForum-buurtwagte in Bethlehem, Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Ventersburg, die Sandrivier-distrik en Winburg het aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.

Kroonstad

  • Die tak het met Portia Tshabalala, waarnemende munisipale bestuurder van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit, vergader oor die riool en ander afvalwater wat in die dorp se konsentrasiekampbegraafplaas vloei. Die munisipaliteit het skriftelik onderneem om die situasie reg te stel en die terrein teen ’n vasgestelde datum skoon te hê, waarna verdere rehabilitasiewerk ook in die terrein sal volg. Die munisipaliteit het ook om verskoning gevra vir die negatiewe gevolge wat dié storting op die omgewing het.

 

ROSESTAD

Bloemfontein

  • Mia Dromme het op versoek van die tak voortgegaan met vullisverwyderingsdienste in Rayton en Heuwelsig tydens die inperkingstydperk.
  • Die tak het sy skoonmaakprojek op Saterdagoggende in Walter Sisuluweg in Wilgehof voortgesit.
  • Die tak het die Ou Presidensie Monument geoudit as deel van die organisasie se nasionale monumentoudit en het dit ook as ’n volhoubaarheidsaksie geïdentifiseer.

Die tak het die Vrouemonument en Oorlogsmuseum geoudit as deel van die organisasie se nasionale monumentoudit.

 

NOORD-KAAP

 Kamieskroon

  • Die tak het met die munisipaliteit gekorrespondeer oor ’n varswaterpyplyn wat té lank neem om klaar te maak.

Kathu

  • Die tak het met die munisipaliteit gekorrespondeer rakende lekkende varswaterpyplyne; dit is intussen herstel.
  • Die buurtwag het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou, aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem en bystand gelewer waar huise se alarms afgegaan het.
  • Die tak het skrywes aan die munisipaliteit gerig rakende probleme met die rioolstelsels, asook die gebrek aan vullisverwydering. Die rioolstelsels is intussen herstel.

Kimberley

  • Die tak het in samewerking met ander instansies vanuit die gemeenskap volgehoue druk op die munisipaliteit uitgeoefen en sodoende gesorg dat aandag geskenk is aan die duikweg wat met water verspoel is.
  • Die tak het aan die plaaslike munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem.

Kuruman

  • Die buurtwag werk daagliks baie hard om die gemeenskap en die dorp veilig te hou en het daarom aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het hondekos aan die DBV geskenk.
  • Die tak het ’n waterpunt beman en bystand gelewer tydens die Kansa-aflos.
  • Die tak het ondersteuning aan die SAPD en die weermag gebied tydens die staat van inperking.

Orania

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 Prieska

  • Die tak het aan die plaaslike munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem.

 Strydenburg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 Upington

  • Die tak het met die munisipaliteit gekorrespondeer rakende lekkende riool wat in die Oranjerivier vloei. Die tak se deurlopende druk het uiteindelik daartoe bygedra dat die munisipaliteit R250 miljoen oor die volgende vyf jaar sal ontvang om die rioolstelsel op te gradeer.
  • Die tak het met die munisipaliteit gekorrespondeer rakende lekkende varswaterpype.
  • Die tak het daartoe bygedra dat AfriForum se #AnkerdorpPadskou in Upington ’n groot sukses was.
  • Die tak het niebederfbare kos en sanitêre ware aan die Vereniging vir Persone met Gestremdhede
  • Die tak het klere en speelgoed aan die Vereniging vir Persone met Gestremdhede geskenk.
  • Die tak het spekbome geplant en ook ’n groot gedeelte van die Oranjehof-ouetehuis se tuin opgeknap.
  • Die tak het ’n omvattende skoonmaakaksie langs die N14 gehou waartydens vullis opgetel en bome op die staproetes langs die oostelike hoofpad gesnoei is. Ongeveer 280 sakke rommel is opgetel.
  • Die tak het drie plaaslike tandartse met pizza en koeldrank bederf as deel van Nasionale Tandartsdag.
  • ’n Reuseskoonmaakprojek is langs die Oranjerivier gehou en bottels, blikke en plastiek is uit die rivier verwyder. Sakkie se Arkie het motorbote vir dié projek beskikbaar gestel en die dag is met ’n heerlike braai afgesluit om die onderskeie borge te bedank.

Vaalharts

  • Die tak het slaggate in die dorp opgevul.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

OOS-KAAP – E-kaart 2

 Aliwal-Noord

  • Die tak het ’n rolstoel aan ’n behoeftige persoon geskenk wat aan MS ly.

Elliot

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 Gamtoosvallei

  • Die AfriForum-buurtwag in Patensie het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem. Dié buurtwag het ook ander rolspelers in die veiligheidsektor daarby betrek, wat die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye insluit.

Port Elizabeth

  • Die tak het ’n uiters suksesvolle #AnkerdorpPadskou aangebied. ’n Jeugtak is gestig, inligtingsessies is aangebied, die konsentrasiekampgedenkteken is skoongemaak, Huis Genot (’n tehuis vir bejaardes) is besoek waartydens geskenkies uitgedeel is, strande is skoongemaak en ondernemings is met heerlike middagetes verras. Die teenboeliespan het vier skole besoek en sodoende meer as 4 000 kinders met hul kragtige boodskap bereik. Twee skole het ook gratis veiligheidsoudits ontvang tydens die program. Ter afsluiting is ’n bewusmakingsaksie onder die #HardloopVirHoop-vaandel geloods. Dié aksie het R50 000 vir AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid ingesamel.

 

WES-KAAP – E-kaart 3

Hessekwa

  • Die buurtwag het in groot getalle aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 George

  • Die Geelhoutboom-plaaswag, wat onder die George-tak funksioneer, het veiligheidstoerusting ontvang wat die tak aangekoop het. Hulle het ook aan die nasionale patrollie deelgeneem en sodoende ’n waardevolle bydrae tot gemeenskapsveiligheid gelewer.

 Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Kraaifontein

  • Die buurtwag het in samewerking met gemeenskapslede en verskeie ander sekuriteitsmaatskappye aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid in hul gebied op te skerp.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag, wat deel van dié burgerregteorganisasie se Malmesbury-tak vorm, het in samewerking met die SAPD hul omgewing help beveilig tydens AfriForum se nasionale patrollie.

 Mosselbaai         

  • Die tak se twee plaaswagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Daar is uitstekend saam met ander rolspelers gewerk, wat die plaaslike SAPD en verkeersafdeling insluit. Padblokkades is ook gehou en bande is sodoende tussen die onderskeie veiligheidstrukture versterk.

Overstrand

  • Die Alfa- en Groter Gansbaai-buurtwag het in samewerking met die SAPD aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid in hul onderskeie gebiede te verhoog.

 Stellenbosch

  • Die tak het ’n skrywe aan die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit gerig waarin die organisasie sy ontevredenheid uitspreek oor die munisipaliteit se voorneme om ’n gedeelte van die Papegaaiberg Natuurreservaat af te kamp, te hersoneer en aan diegene te skenk wat tans onwettige boerderyaktiwiteite daarop bedryf. Die tak het ook dringende samesprekings na afloop van die staat van inperking versoek om alternatiewe oplossings te vind.

 Velddrif

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en verkeersbeamptes aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid in die area te verhoog.

 Vredendal

  • Die Spruitdrift-, Matzikama-, Lutzville-, Koekenaap-, Nuwerus-, Vredendal-, Kleinrivier- en Trawal-plaaswag, asook die Lutzville-buurtwag het in samewerking met die SAPD en die plaaslike verkeersdepartement aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid in hul onderskeie gebiede te verhoog.
  • Drie verdagtes is in hegtenis geneem danksy goeie samewerking tussen AfriForum se Nuwerus- en Kleinrivier-plaaswag, asook die organisasie se Lutzville-plaaswag, Lutzville-buurtwag en die SAPD.

Worcester

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het op ’n noodoproep van ’n vrou gereageer wat voor haar huis beroof is, waarna ’n soektog na die verdagtes van stapel gestuur is. Die verdagtes is uiteindelik opgespoor, gearresteer en aan die SAPD oorhandig tesame met gevaarlike wapens wat aan hulle gevind is.

Soortgelyke plasings