AfriForum-suksesse: Junie 2019

Omgewingsake

  • Verskeie AfriForum-takke in Mpumalanga, waaronder dié in Nelspruit, Machadodorp, Bethal, Middelburg en Lydenburg, het blou-en-groendruppelwatertoetse uitgevoer.
  • Die volgende AfriForum-takke in die Vrystaat het aan die burgerregte-organisasie se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem: Bethlehem, Bultfontein, Frankfort, Harrismith, Kroonstad, Reitz, Senekal, Welkom en Winburg.
  • AfriForum het tydens Juniemaand tien dorpe aan die Oos-Rand se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drinkwater (bloudruppel) en rioolwater (groendruppel) te bepaal.
  • Verskeie AfriForum-takke in KwaZulu-Natal, waaronder dié in Margate, Richardsbaai, Hluhluwe, Pongola, Paulpietersburg, Vryheid, Utrecht en Newcastle, het blou-en-groendruppelwatertoetse uitgevoer.
  • AfriForum se Kimberley- en Prieska-tak in die Noord-Kaap het aan die organisasie se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • AfriForum-takke in Mpumalanga het ook aan die organisasie se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. Dié takke sluit Piet Retief, Standerton, Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda), Delmas, Leandra, Witbank en Ermelo in.
  • Die volgende AfriForum-takke in die Wes-Kaap het aan die burgerregte-organisasie se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem: Helderbergkom, Kaapstad-Noord, Kraaifontein, Malmesbury, Overstrand, Stellenbosch, Velddrif, Vredendal en Worcester.

 NOORDSTREEK

 LIMPOPO

 Ellisras

  • AfriForum se Ellisras-tak het die SAVF se Maroelaoord op Vadersdag besoek om tyd saam met die manlike inwoners te spandeer; geskenke is ook aan hulle oorhandig.

 Phalaborwa

  • Die burgerregte-organisasie AfriForum het die Phalaborwa-buurtwag in die Soutpansberg-distrik gestig. Die stigting het plaasgevind na afloop van die gemeenskap se besluit om hulself teen misdaad in die gebied te organiseer en te mobiliseer.
  • AfriForum se Phalaborwa-buurtwag en die SAPD het vier arrestasies tydens twee afsonderlike insidente in die Phalaborwa-omgewing uitgevoer. Dit het daartoe bygedra om Phalaborwa ’n veiliger gemeenskap te maak.

 GAUTENG

  • Die Tshwane-metro het ’n verhoogde tarief wat nie deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) goedgekeur is nie, geïmplementeer. Dit volg nadat Nersa besluit het dat die voorgestelde tarief nie geïmplementeer kan word alvorens verdere inligting verskaf word en Nersa sy prosesse kan implementeer nie.

Die Tshwane-metro mag nie voortgaan met die implementering van sy nuwe elektrisiteitstariefverhogings soos voorgelê aan Nersa nie.

Kempton Park

  • Die tak het bystand verleen tydens die arrestasie van ’n vermeende verdagte wat ’n selfoon gesteel het.
  • AfriForum se Kempton Park-tak het bystand verleen aan die voorsitter van ’n kompleks om ’n betredingsklagte teen ’n oortreder aanhangig te maak.
  • Die tak het bystand gebied tydens die opspoor van ’n vermiste seun.
  • Die tak het bystand verleen tydens die terugvind van ’n gekaapte vragmotor waartydens twee verdagtes op die toneel in hegtenis geneem is.
  • AfriForum se Kempton Park-tak het bystand gebied op drie ongelukstonele waartydens buurtwaglede die toneel beveilig het, asook verkeer gereguleer en nooddienste ontbied het.
  • Die Kempton Park-tak het bystand verleen tydens die herstelwerk van gebreekte palissades.
  • Die tak het bystand gebied tydens die opspoor van ’n gesteelde stootskraper.
  • Die tak het in samewerking met die SAPD se intelligensiespan bystand verleen om ’n gesoekte misdadiger vas te trek.
  • Die AfriForum-tak in Kempton Park het in samewerking met die EMPD ’n klopjag uitgevoer waartydens ’n vierjarige kind ontvoer is, twee verdagtes gearresteer is en beslag op dwelms en gesteelde items gelê is.
  • Die tak het in samewerking met SSS Sekuriteit ’n boom wat naby ’n residensiële eiendom aan die brand geslaan het, geblus.
  • Die tak het ’n spesiale misdaadvoorkomingsoperasie in samewerking met die SAPD uitgevoer waartydens verskeie arrestasies vir dwelmbesit, dronkbestuur en die onwettige besit van ’n vuurwapen gemaak is.

 Alberton

  • AfriForum se Alberton-tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou en vakante portefeuljes gevul.
  • AfriForum se Alberton-tak het ’n vergadering met die departement van water en sanitasie gehou rakende ’n 600 mm-waterpyplekkasie wat reeds langer as twee jaar ’n probleem is.

 Springs

  • AfriForum se Springs-tak het met die plaaslike ouetehuis vergader om die stand van herstelwerk aan die gebou te bepaal en bystand met herstelwerk te bied.
  • AfriForum se lugvleuel het in samewerking met die SAPD ’n klopjag uitgevoer waartydens 12 onwettige myners in hegtenis geneem is.
  • Die tak het lugsteun aan die SAPD verleen met die verkenning van gebiede in Springs vir verdere operasies.
  • Die tak het bystand gebied met ’n waterkar tydens die beheer van 13 veldbrande in die Endicott-omgewing.
  • Die Springs-tak het mediese bystand verleen tydens ’n tref-en-trap-voorval in Endicott.
  • AfriForum se Springs-tak het bystand gebied in die soektog na gewapende rowers wat ’n onderneming in Endicott beroof het.
  • Die tak het ’n dief betrap wat ’n plaashek gesteel het; hulle het die hek gevolglik aan die eienaar terugbesorg.
  • Die tak het in samewerking met verskeie instansies twee verdagtes in verband met ’n kaartslenter gearresteer.

Brakpan

  • AfriForum se Brakpan-tak het ’n skoonmaakaksie by die Tweedy Park-tehuis vir bejaardes geloods.
  • AfriForum se Brakpan-tak en -buurtwag het ’n skoonmaakaksie in Minnebron gehou ten einde veiligheid te bevorder.
  • AfriForum se Brakpan-buurtwag het Stop the Bleed-opleiding ontvang.
  • AfriForum se buurtwagte in Brakpan, Springs en Germiston het ’n inligtingsessie deur die organisasie se 911 Traumaslagofferondersteuningseenheid bygewoon.

Boksburg

  • Die burgerregte-organisasie AfriForum het sowel ’n tak as ’n buurtwag in Boksburg gestig.

Germiston

  • Ná volgehoue druk deur AfriForum se Germiston-tak is verskeie slaggate, straatligte en waterlekkasies in die gebied herstel.

Meyerspark

  • AfriForum en AfriForum Jeug het kragte saamgespan en’n skoonmaakaksie op die gronde voor Bakgat Slaghuis in Meyerspark geloods.

Moreletapark

  • AfriForum en AfriForum Jeug se interns het op Moreletapark-natuurreservaat se vleiland skoongemaak.

Moot

  • AfriForum se Moot-buurtwag het sigbaarheidspatrollies in die Moot gehou waartydens buurtwaglede bymekaargekom het om hul area te beveilig. Die doel van die patrollies is om meer sigbaar in die area te wees en om die oë en ore van die polisie te wees.

 Oos-Moot

  • AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het’n sigbaarheidsaksie uitgevoer nadat vyf hawelose mense die afgelope twee weke in die Magnoliadal-omgewing vermoor is.
  • AfriForum se Oos-Moot- en Moot-buurtwag het ’n gebeurlikheidsplan teen geweldmisdaad gesamentlik ingeoefen.
  • AfriForum se Oos-moot Buurtwag het drie bossiekappers teruggevind ná dit vermoedelik in die vroeë oggendure gesteel is. Die buurtwag het die verdagte tydens ’n patrollie gewaar en hom met nagsigapparaat dopgehou ná hulle onraad vermoed het. KPS Sekuriteit is in kennis gestel en die twee organisasies het saamgewerk om die verdagte te probeer vastrek. Ongelukkig het die verdagte in ’n stormwaterpyp ontsnap, maar hy het die gesteelde goedere hier laat val.

Bronkhorstspruit

  • AfriForum se Bronkhorstspruit- en Meyerspark-buurtwag het’n hoësigbaarheidpatrollie in Bronkhorstspruit gehou om sigbaarheid in die gebied te verbeter en misdadigers af te skrik. Kommunikasie en ander belangrike vaardighede word ook tydens hierdie patrollies opgeskerp.

MPUMALANGA

  • Die AfriForum-koördineerder werksaam in Mpumalanga het bystand gebied nadat ’n noodroep ontvang is dat ’n inwoner van Witbank in ’n motorongeluk betrokke was.
  • Die AfriForum-koördineerder werksaam in Mpumalanga het bystand gebied op ’n plaasmoordtoneel buite Ermelo.
  • Die AfriForum-koördineerder werksaam in Mpumalanga het insae gelewer teen ’n beplande myn in die Marloth Park-omgewing.
  • Die organisasie het twee internskapstudente wat aan AfriForum Jeug se internskapprogram deelneem meer geleer oor waarmee AfriForum besig is deur hulle onder meer op ’n patrollie saam te neem en aan verskeie selfdoenprojekte bloot te stel.

 Teks (Trichardt, Eloff, Kinross en Secunda)

  • AfriForum se Teks-buurtwag het regs-en-risiko-opleiding ontvang.
  • Die Teks-buurtwag het op ’n ongelukstoneel uitgehelp deur verkeer te reguleer.

 Standerton

  • AfriForum se Standerton-buurtwag het hulp verleen met veldbrande in en om dié dorp.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Standerton-tak het waterpype herstel nadat duisende liters skoon water verlore gegaan het.

 Bethal

  • Bethal se AfriForum-tak het twee suksesvolle slaggataksies voltooi. Meer as 800 sakkies teer is al in 2019 vir hierdie aksies aangewend.
  • Bethal se AfriForum-tak het ’n nuwe teerproduk aangekoop en getoets om vas te stel of dit beter resultate as tradisionele koue teer kan lewer.
  • Die AfriForum-tak in Bethal het ’n straatnaamprojek in Buffelstraat afgeskop.
  • Bethal se AfriForum-tak het 30 asblikke in dié dorp se sentrale sakekern gediens om die netheid van die dorp te help verbeter.

Piet Retief

  • Die AfriForum-buurtwag in Piet Retief het massapatrollie gehou.

 Nelspruit

  • AfriForum se #AnkerdorpPadskou-veldtog is gedurende Juniemaand in Nelspruit gehou. Die volgende aksies is voltooi:
    • Drie bemarkingstalletjies is in die dorp beman.
    • Skoonmaakaksies is onderskeidelik by Village Park, langs die R40 en by die vlei in Enos Mabuzaweg naby Lowveld High School
    • Veiligheidsoudits is by drie skole uitgevoer.
    • Verskeie ondernemings en mediahuise is met middagetes verras.
    • ’n Groot selfdoenaksie is by die Pro Gratia Skool voltooi. Tydens die aksie is daar brandbane gesny, al die lugversorgingseenhede is herstel, drie klaskamers is met vernis behandel en die algehele netheid van die terrein is ook verbeter.
    • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het verskeie massapatrollies gehou in samewerking met Nelspruit Concerned Citizens (NCC).
    • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het gehelp om veiligheid rondom Innibos se feesterrein te verbeter. Verskeie insidente is aangemeld, insluitend ’n poging tot inbraak by ’n voertuig waartydens afstandsbeheerders gebruik is. Die eienaar is bygestaan sodat hy die voertuig kon verwyder.
    • AfriForum se Nelspruit-tak het asblikke geborg wat aan We care 4 Nelspruit geskenk is.
    • AfriForum se Nelspruit-tak het Quo Vadis saam met Ernst Roets aangebied as deel van die #AnkerdorpPadskou-veldtog.
    • AfriForum se Nelspruit-tak het nagenoeg R1 000 ingesamel vir die Nelspruit DBV danksy ’n bemarkingstalletjie.

 Middelburg

  • AfriForum Jeug se Middelburg-tak het ’n suksesvolle afskop gehou waartydens kunstenaars Middelburg se inwoners vermaak het.

 Witrivier

  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het gehelp om drie vermeende inbrekers vas te trek in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye.
  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het noodhulp op slagoffers van ’n ongeluk toegepas nadat hulle eerste op die toneel aangekom het.
  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het bystand gebied tydens die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees.
  • AfriForum se Witrivier-tak het aan die organisasie se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 Machadodorp

  • AfriForum se Machadodorp-buurtwag het bystand gebied tydens die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees.

 SENTRAALSTREEK

NOORDWES

 Vryburg

  • Die AfriForum-tak in Vryburg het ’n stel radio’s met ’n eie kanaal aan hulle protospan oorhandig.
  • Die protospan van die AfriForum-tak in Vryburg het sowel skiet- as Stop the Bleed-opleiding ontvang.

Christiana

  • Die AfriForum-tak in Christiana het ’n projek geloods om die dorp skoon te maak.

Biesiesvlei

  • Die AfriForum-buurtwag in Biesiesvlei het in samewerking met plaaswagte in Coligny, Sannieshof, Gerdau en die SAPD ’n gesteelde voertuig teruggevind.

Delareyville

  • Die AfriForum-tak in Delareyville het sekuriteitskameras aangekoop om woonbuurte te beveilig en sal dit ook eersdaags installeer.

 Lichtenburg

  • AfriForum se Lichtenburg-tak en die Laerskool Burgersdorp het die straat en parkeerarea voor die skool opgeknap, terwyl hulle ook die randstene, twee spoedhobbels en ’n voetoorgang in die besige Hendrik Potgieterstraat geverf het.

Potchefstroom

  • AfriForum se Potchefstroom-tak se selfdoenspan het bykans 700 slaggate opgevul en verskeie verkeerstekens in die dorp vervang om sodoende ’n belangrike bydrae tot padveiligheid te maak.

 Hartbeesfontein

  • AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag het gehelp om ’n gesteelde voertuig suksesvol op te spoor, asook drie van die verdagtes aan te keer.

 Klerksdorp

  • AfriForum se Ellaton-buurtwag het ’n suksesvolle bewusmakingspatrollie gehou en verskeie veiligheidsinstansies in die dorp betrek met die doel om sigbaarheid te verbeter en misdaad te bekamp.

 VRYSTAAT

 Bethlehem

  • AfriForum se Bethlehem-tak het hulp aan ’n ouetehuis in Senekal gebied wat vir langer as ’n week sonder water moes klaarkom. Die swak waterdruk en bars van pype was van die oorsake van die probleem. AfriForum het ingespring en 54 000 liter water geskenk om die nood te help verlig. 62 inwoners is woonagtig in die ouetehuis.

 KWAZULU-NATAL

  • Verskeie AfriForum-takke in KwaZulu-Natal het hul lede by die SAPD se provinsiale landelike veiligheidskomitee se vergaderings verteenwoordig.
  • Verskeie AfriForum-takke in KwaZulu-Natal is gekies om deel te wees van ’n subkomitee wat getaak is om die probleem rondom rondloperbeeste op die provinsiale paaie aan te pak.

Newcastle

  • AfriForum se Newcastle-tak het verskeie patrollies gehou.

 Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak se veiligheidstrukture het verskeie suksesse behaal.
  • AfriForum se Vryheid-tak het hul gemeenskap beveilig danksy proaktiewe patrollies.
  • AfriForum se Vryheid-tak het die Groen Skerpioene genader om op te tree met betrekking tot die smeulende vullisterrein.

 Margate

  • AfriForum se Margate-tak se jeugportefeulje het gewoeker met hul strandskoonmaakprojek.

 Hluhluwe

  • AfriForum se Hluhluwe-tak het stoptekens vervang.
  • AfriForum se Hluhluwe-tak het die Groen Skerpioene genader om probleme rondom die vullisterrein aan te pak.
  • AfriForum se Hluhluwe-tak het hul gemeenskap beveilig deur gereeld proaktiewe patrollies te hou.
  • AfriForum se Hluhluwe-tak het op R150 000 se onwettige goedere afgekom en verskeie arrestasies gemaak.

 Pongola

  • AfriForum se Pongola-tak het verskeie proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 Paulpietersburg

  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het die Groen Skerpioene versoek om aksie te neem met betrekking tot die smeulende vullisterrein.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het 55 gemeenskapslede in basiese noodhulp opgelei.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het hul gemeenskap beveilig danksy proaktiewe patrollies.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het met die munisipaliteit vergader om kragonderbrekings te bespreek.

 Utrecht

  • AfriForum se Utrecht-tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou met die doel om vir toekomstige waterprobleme te beplan.

 Richardsbaai

  • AfriForum se Richardsbaai-tak het aan ’n operasie deelgeneem wat behels om rondlopervee te skut.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Strydenburg

  • AfriForum het ’n tak op Strydenburg gestig en ’n takbestuur help verkies.

Vaalharts

  • AfriForum se Vaalharts-tak het ’n buurtwag gestig.

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • AfriForum se Aliwal-Noord-tak het met sowel die munisipale bestuurder as die algemene bestuurder van tegniese dienste van die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit oor die kragkrisis vergader.

Elliot

  • AfriForum se Elliot-tak het met die burgemeester en munisipale bestuurder oor swak dienslewering vergader.

WES-KAAP

 Kaapstad-Noord

  • AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel vorm van dié burgerregte-organisasie se Kaapstad-Noord-tak, het patrollie gehou nadat verskeie voertuiginbrake in die voorafgaande week in Bellville aangemeld is. Tydens die patrollie is ’n persoon op heterdaad betrap terwyl hy by ’n voertuig ingebreek het. Basset North Security en die SAPD is ontbied, waarna die polisie die vermeende inbreker gearresteer en ’n saak teen hom oopgemaak het.
  • AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Kaapstad-Noord-tak vorm, het opleiding in toneelhantering ontvang. David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die Wes-Kaap, het die opleidingsessie gratis aan buurtwaglede aangebied.

 Stellenbosch

  • AfriForum se Stellenbosch-tak het ’n nuwe bestuur verkies. Die nuutverkose takbestuur bestaan uit Karin Hanekom (voorsitter), Antoinette Tigar (sekretaris), Douglas Scholtz (tesourier), Jac Pietersen (voorsitter: gemeenskapsveiligheid), Ria Crafford (voorsitter: omgewingsake) en Pieter Burger (projekte en werwing).

Kraaifontein

  • Vyf lede van AfriForum se Kraaifontein-buurtwag het ’n twee dag lange noodhulpkursus voltooi. Hierdie opleiding is in samewerking met Wetton Emergency and Training Services Die lede het na afloop van die kursus sertifikate ontvang en as vlak 1-noodhulpbeamptes gekwalifiseer.

 Vredendal

  • AfriForum se agt plaas- en buurtwagte in die Matzikama-streek het opleiding in huis-en-haardbeskerming, toneelhantering en radiospraakprosedures ontvang. David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die Wes-Kaap, het dié opleidingsessie gratis aangebied.

 Overstrand

  • AfriForum se Groter Gansbaai-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Overstrand-tak vorm, het opleiding ontvang in regsaspekte wat op patrollies van toepassing is, asook opleiding in toneelhantering. Dié opleidingsessie is deur Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale hoof van opleiding vir gemeenskapsveiligheid, aangebied.

 Mosselbaai

  • AfriForum se Mosselbaai-tak het die teenboelieveldtog saam met Leandie Bräsler by die Laerskool Vorentoe in Groot Brakrivier aangebied.
  • Die AfriForum-tak in Mosselbaai het twee veiligheidsoudits by onderskeidelik die Laerskool Vorentoe in Groot Brakrivier en die Laerskool Park in Mosselbaai gedoen.
  • AfriForum se Mosselbaai-tak het magtiging bekom vir die oprigting van ’n AfriForum-herhaler vir die twee plaaswagte Groter Brandwag en Herbertsdale.
  • Die Mosselbaai-tak het nagskietopleiding vir die Groter Brandwag- en Herbertsdale-plaaswag se protospanne aangebied.

Hessekwa

  • AfriForum se Goukou-plaaswag en Riversdal-buurtwag, wat deel vorm van dié burgerregte-organisasie se Hessekwa-takstruktuur, het opleiding in radiospraakprosedures, grondgrype en regsaspekte van toepassing op patrollies ontvang. David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die Wes-Kaap, het die opleidingsessie gratis aangebied en sowat 80 lede van die gemeenskap, wat lede van die Riversdal-gemeenskapspolisiëringsforum insluit, het dit bygewoon.

Helderbergkom

  • AfriForum se Helderbergkom-tak het ’n sertifikaat aan Endriena Johnson, voorman van die Gordonsbaai Vasteafval-aflaaifasiliteit, oorhandig en haar geloof vir haar uitmuntende diens en goeie bestuur van hierdie terrein. Die tak het ook die werknemers van die terrein met pizza en koeldrank vir middagete verras. Dít volg nadat AfriForum vroeër vanjaar ’n nasionale vullisterreinoudit gedoen het waartydens 127 vullisterreine geoudit is. In die Wes-Kaap het veral drie terreine uitgestaan, waarvan die Gordonsbaai Vasteafval-aflaaifasiliteit een is.
  • AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Helderbergkom-tak vorm, het opleiding ontvang in regsaspekte wat op patrollies van toepassing is. Dié opleidingsessie is deur Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, aangebied.

Velddrif

  • Die AfriForum-tak in Velddrif het verskeie aktiwiteite aangebied om die skoolgaande jeug van dié kusdorpie besig te hou, te vermaak en in te lig oor boelies. Die tak het die Hoërskool Velddrif besoek en leerders meer oor boelies geleer en hoe om dit te hanteer indien jy geboelie word. Die tak het ’n hindernisbaanuitdaging aangebied wat die kinders terdeë geniet het. Hulle moes onder meer by ’n net uitklim, deur buitebande spring en hul balans hou terwyl hulle oor ’n plank loop. Hulle het ook aan skyfskiet deelgeneem en verfbal gespeel, waarna die dag met ’n toutrekkompetisie afgesluit is. Faulkner en Franselien Smit, sekretaris van AfriForum se Velddrif-tak, het ook ’n boodskap oor boelies met die kinders gedeel wat hierdie aksie bygewoon het. Elke deelnemer het ’n sertifikaat en medalje ontvang.

Soortgelyke plasings