|

AFRIFORUM-SUKSESSE: FEBRUARIE 2020

GAUTENG

GROTER PRETORIA

  • AfriForum het oudits uitgevoer by die vullisterreine in Bronkhorstspruit, Soshanguve, Ga-Rankuwa en Hatherley.

 Bronkhorstspruit

  • Buurtwaglede het ’n sigbaarheidspatrollie by die N.G. Kerk Moedergemeente gehou.
  • Die tak het bystand gebied ná ’n motorongeluk op die R42 (Bronkhorstspruit-Delmas-pad).
  • Die tak het traumaberading gereël ná ’n plaasaanval op Vlakfontein.
  • Die tak het agt sigbaarheidspatrollies in Versterpark gehou ná ’n reeks inbrake.
  • Die tak het vlak 1- en vlak 2-noodhulpopleiding vir sy lede aangebied.
  • Die tak het hulp verleen om ’n vermiste persoon op te spoor.

Wes-Moot

  • Buurtwaglede het opleiding in vuurwapenhantering en inligtingversameling ontvang.
  • Die tak het ’n sigbaarheidspatrollie by die Bougainville-inkopiesentrum gehou.

Pretoria-Wes

  • Die tak het hand bygesit om ’n brandende huis te blus en ook hulp aangebied om die huis weer te herstel.

 

WES-RAND

  • AfriForum het die vullisterreine aan die Wes-Rand en in die Vaaldriehoek geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal.

Vanderbijlpark

  • Die tak het sy teerprojek afgeskop om die slaggate in Louw Wepenerstraat op te vul.

Roodepoort

  • Die buurtwag het goed saam met die plaaslike SAPD en ander veiligheidsinstansies gewerk om veiligheid te handhaaf.
  • AfriForum se patrolleerders word weekliks deur die SAPD versoek om aan operasies deel te neem; die Roodepoort-buurtwag se patrolleerders het vier sulke operasies in Februarie bygewoon.

 

OOS-RAND

Kempton Park

  • Die tak se jeugvleuel het nog drie gebiede geïdentifiseer waar toekomstige uilhuisies opgerig moet word.
  • Die tak het ’n mangatdeksel vervang.
  • Die tak het druk op die plaaslike munisipaliteit geplaas om straatligte te herstel.
  • Die tak het bystand gebied tydens die herstel van elektrisiteitstoevoer na ’n kompleks.
  • Die tak het hulp verleen om ’n gebarste waterpyp aan te meld en te herstel.
  • Die tak het Kempton Park se twee oorlaaistasies geoudit.
  • Die tak het bystand verleen tydens die verwydering van ’n boom voor ’n gemeenskapslid se erf.
  • Die tak se jeugvleuel het op ’n staptoer vertrek ten einde Afrikanergeskiedenis te verken.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens twee voorvalle van huishoudelike geweld.
  • Die buurtwag het bystand verleen tydens ’n transitorooftog op die P19.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens ’n bakleiery tussen twee honde.
  • Die buurtwag het hulp verleen tydens ’n tref-en-trap-voorval.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens drie arrestasies.
  • Die buurtwag het aan die SAPD se Operasie Masakhane deelgeneem in samewerking met die plaaslike GPF, AfriForum se ander Oos-Rand-buurtwagte en verskeie sekuriteitsmaatskappye ten einde sigbaarheid te verhoog en misdaad hok te slaan.

Springs

  • Die tak het ’n skoonmaakaksie in die middedorp op die hoek van 3de en 4de Laan gehou.
  • Die AfriForum-buurtwagte in Springs, Brakpan, Kempton Park en Boksburg het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF en verskeie sekuriteitsmaatskappye ’n massasigbaarheidsoperasie in Bakerton, Springs gehou.

Benoni

  • Die tak het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye ’n aantal SNIPR-kameras op strategiese punte in Benoni opgerig.
  • Die tak het ’n opknappingsaksie by ’n plaaslike kinderhuis geloods.
  • Die tak het aan die “Clean my Benoni”-veldtog deelgeneem deur ’n massaskoonmaakaksie van stapel te stuur.

 

MPUMALANGA

Witrivier

  • Die tak het die dorp se oorlaaistasie geoudit as deel van AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens onluste in Barberton.

 Nelspruit

  • Die tak het twee parke skoongemaak. Die aksie is saam met WeCare4Nelspruit gehou en vind maandeliks plaas.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het verhoogde patrollies en voetpatrollies van stapel gestuur weens ’n toename in misdaad.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gebied tydens ’n plaasaanval en het ook van die gesteelde goedere teruggevind.
  • Die tak het die Tekwane West-vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het hulp verleen tydens onluste in Barberton.

 Bethal

  • Die tak het sy volhoubare slaggatprojek voortgesit deur slaggate in die middedorp met doleriet op te vul.
  • Inwoners kan van die tak se waterpunt gebruik maak indien die watertoevoer na die dorp weer onderbreek word.
  • Die tak diens steeds weekliks 30 asblikke in die dorp se sentrale sakekern.
  • Die tak het skoonmaakaksies saam met die GPF Sektor 2 in Buffelstraat geloods.
  • Die tak het slaggate in Buffel- en Duikerstraat met doleriet opgevul ter voorbereiding van ’n slaggatopvulaksie.
  • Die tak se volhoubare straatnaamprojek is voortgesit en nóg strate se naamblokke is oorgedoen.
  • Die tak het die plaaslike vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.

 Lydenburg

  • Die buurtwag het bystand gebied tydens onluste.
  • Die tak het die plaaslike vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.

 Machadodorp

  • Die tak het die vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.
  • Die buurtwag het bystand verleen tydens onluste in Barberton.

 Middelburg

  • Die tak het die plaaslike vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens onluste en een persoon gearresteer.

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het die begraafplaas se gras gesny en die terrein skoongemaak.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit oorhandig rakende die afsny van kragtoevoer na die dorp.

 Standerton    

  • Die buurtwag het rowers vasgetrek wat die CNA in Standerton beroof het.
  • Die buurtwag het gehelp om rowers te vang wat die Markhams-klerewinkel beroof het.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie saam met die SAPD gehou.
  • Die tak het groenstroke langs die ouetehuis se gras gesny en die terreine skoongemaak.
  • Sowel die tak as die buurtwag het gehelp om kameras by die Laerskool Kalie de Haas en die Laerskool Standerton te installeer om kinderveiligheid op te skerp.
  • Die tak het die Engelse laerskool gehelp met die verf van die seunsbadkamers.

 Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het gehelp om die ouetehuis se kamers uit te verf.
  • Die buurtwag het bystand verleen tydens ’n ongelukstoneel om verkeer te reguleer.
  • Sowel die tak as die buurtwag het slaggate in Secunda opgevul.
  • Die tak het die ouetehuis met instandhoudingswerk gehelp.

Delmas 

  • AfriForum se buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent het ’n massapatrollie in samewerking met ander instansies gehou.

 Witbank

  • Die tak is tans besig met ’n padveiligheidsprojek in Witbank waartydens slaggate opgevul word, padtekens oorgeverf word en stopborde vervang word.

 

LIMPOPO

Naboomspruit

  • Die tak het hulp aan die gemeenskap verleen om bome wat in ’n huis se oprit gelê het op te saag en te verwyder.
  • Die tak het die begraafplaas se gras gesny en die perseel skoongemaak.
  • Die tak het twee boorgatpompe herstel en sodoende verseker dat die gemeenskap weer toegang tot water het.
  • Die tak het in samewerking met ’n sakeman, ’n boer en ’n aftreelandgoed ’n boorgatpomp herstel.

Warmbad

  • Die buurtwag het bystand verleen tydens die vastrek van ’n verdagte wat diesel gesteel het.

Marble Hall

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n huisinbraak.
  • Die buurtwag het bystand verleen tydens die vastrek van batterydiewe.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid gehandhaaf nadat inligting ontvang is van afstandbeheerde versperring van motors se sluitingsmeganismes (die sogenaamde “remote jamming”) in die bodorp.

Ellisras

  • Die tak het in samewerking met HPG kabeldiewe vasgetrek.

Pietersburg

  • Die tak het die plaaslike vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.

 Phalaborwa

  • Die tak het die vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.

 Tzaneen

  • Die tak het die vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF en sekuriteitsmaatskappye ’n operasie geloods om onwettige smouse uit die dorp te verwyder.
  • Die Duiwelskloof-buurtwag buite Tzaneen het ’n operasie saam met die SAPD van stapel gestuur waartydens vyf mense gearresteer is.

 Hoedspruit

  • Die tak het die vullisterrein geoudit as deel van die organisasie se nasionale vullisterreinouditprojek.

 

 

KWAZULU-NATAL

  • Die AfriForum-takke in KZN het opleiding ontvang om selflesing aan hulle onderskeie gemeenskappe te bied.

Vryheid

  • Taklede het 1 235 km afgelê om hulle gemeenskap te beveilig.
  • Die tak was betrokke by verskeie aksies waartydens agt verdagtes gearresteer is.

Paulpietersburg

  • Die tak het hul gemeenskap beveilig danksy proaktiewe patrollies.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Pongola

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Hluhluwe

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Margate

  • Die tak het tot die waterkrisis toegetree en plaas druk op die munisipaliteit om met ’n oplossing vorendag te kom.
  • Die tak het water aan die gemeenskap voorsien danksy die noodboorgat.

Newcastle

  • Die tak het die begraafplaas vir besoekers beveilig.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

Utrecht

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het druk uitgeoefen om korrupsie in die munisipaliteit te laat ondersoek.

 

VRYSTAAT

HOOGLAND

Die volgende takke het vullisterreinoudits uitgevoer: Bethlehem, Bultfontein, Harrismith, Frankfort, Reitz, Kroonstad, Steynsrus, Senekal, Welkom en Winburg.

Bethlehem

  • AfriForum het ’n skrywe aan die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die toestand van die Môrelig-vullisterrein in Bethlehem. Dít volg nadat AfriForum klagtes ontvang het rakende die toestand van die terrein en vullis wat buite die terrein gestort word. Die burgerregtewaghond het die munisipaliteit versoek om die probleem reg te stel. Die munisipaliteit het gereageer op die skrywe deur die vullis wat buite die terrein gestort is te begin verwyder.

Kroonstad

  • AfriForum verwelkom die Moqhaka-munisipaliteit se spoedige optrede om die rioollekkasie by die konsentrasiekampbegraafplaas in Kroonstad te herstel nadat die organisasie die munisipaliteit op terme geplaas en 48 uur gegun het om die lekkasie te herstel. Die munisipaliteit het toe wel begin om die lekkasie oop te grawe sodat hulle dit kan herstel. Die lekkasie het veroorsaak dat riool en afvalwater oor die konsentrasiekampgrafte spoel wat erge skade aangerig het. Die munisipaliteit het ook na die organisasie uitgereik en inligting oor die probleem en wanneer hulle beoog om dit ten volle te herstel verskaf. AfriForum het hulp in dié verband aangebied en het ook ’n dringende vergadering belê om die situasie te bespreek.

Welkom

  • Die tak het ’n skrywe aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die uitloop van rou riool in die Lakeview-woongebied. Dít volg nadat AfriForum klagtes van gemeenskapslede ontvang het dat riool in hul erwe invloei. AfriForum het versoek dat die munisipaliteit die probleem moet regstel, waarna die munisipaliteit wel die rioollekkasie in dié woonbuurt voor die sperdatum herstel het.

Bloemfontein

  • Die Sektor 3-buurtwag het ’n vullisterreinoudit suid van Bloemfontein uitgevoer.
  • Die Sektor 4-buurtwag het ’n vullisterreinoudit noord van Bloemfontein uitgevoer.
  • Die Sektor 3-buurtwag het verskeie skoonmaakaksies in Walter Sisulustraat gehou.
  • Die Sektor 5-buurtwag het in samewerking met VR Sekuriteit ’n bemarkingsaksie in Pellissier by die Laerskool President Brand gehou.
  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het hulle vennootskap met VR Sekuriteit tydens ’n bekendstellingsfunksie gevier.

 

MOOIRIVIER

Die volgende takke het vullisterreinoudits uitgevoer: Bothaville, Heilbron, Parys en Sasolburg.

 Sasolburg

  • Die tak het die gras by die verskillende groenstroke en parke gesny.
  • Die tak het ’n rekord getal blikkieskos vir boere in nood ingesamel.
  • Die tak het hulp verleen by ’n kabeldiefstaltoneel deur hul hommeltuig in te span om vas te stel of die verdagtes steeds in die omgewing teenwoordig is.

Parys

  • Die tak het blikkieskos vir boere in nood ingesamel by hul stalletjie tydens die Blikkiesfees.

Heilbron

  • Die tak het ’n sokkie vir die jeug in die dorp gehou en terselfdertyd blikkieskos vir boere in nood ingesamel.

 

NOORDWES

MOOIRIVIER

Die volgende takke het vullisterreinoudits uitgevoer: Klerksdorp-Stilfontein, Potchefstroom, Ventersdorp en Wolmaransstad.

Potchefstroom

  • Die tak het 100% behaal tydens ’n bate-oudit.
  • Die tak het parke skoongemaak.
  • Die tak het blikkieskos vir boere in nood ingesamel.
  • AfriForum Jeug se Puk-tak het spekbome by die President Pretorius Museum geplant.

Stilfontein

  • Die tak het blikkieskos vir boere in nood ingesamel.
  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit uitgeoefen om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Wolmaransstad

  • Die tak en die munisipaliteit het hande gevat om die dorp op te knap.
  • Die tak het stormwaterdreins skoongemaak.
  • Die tak het blikkieskos vir boere in nood ingesamel.

Ventersdorp

  • Die tak het die SAPD en POPS bygestaan tydens onluste.

Klerksdorp

  • Die tak het slaggate opgevul en sypaadjies skoongemaak.
  • Die tak het daarin geslaag om met ’n skrywe aan die munisipaliteit die datum van kommentaar op die jaarverslag aan te skuif om aan die gemeenskap tyd te gee om kommentaar te lewer.

 

GROOT MARICO

Die volgende takke het vullisterreinoudits uitgevoer: Rustenburg, Brits, Mooinooi, Koster, Zeerust, Swartruggens, Lichtenburg en Coligny.

 Rustenburg

  • Die tak het die ou begraafplaas skoongemaak. Die gras is gesny en rommel is in die begraafplaas opgetel.
  • Die tak het hul volhoubare skoonmaakprojek in die dorp voortgesit.

Lichtenburg

  • Die tak het slaggate opgevul in die strate rondom die Laerskool Lichtenburg.

Mooinooi

  • Die tak het ’n nommerplaatherkenningskamera in die dorp geïnstalleer.

Brits

  • Die tak het die munisipaliteit gehelp met die herstel van rioolinfrastruktuur in Sonop.

Coligny

  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder van die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit gerig om onwettige vullisstorting in die dorp stop te sit.

 

STELLALAND

Biesiesvlei

  • Die buurt- en plaaswag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.

 Delareyville

  • Die tak het die park skoongemaak.
  • Die tak het vullis in die dorp verwyder.

 Vryburg

  • Die tak het sy volhoubare slaggatprojek voortgesit.
  • Die tak het die begraafplaas skoongemaak.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.

 Christiana

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou in samewerking met die plaaslike polisie.
  • Die tak het ’n volledige bestuur verkies.
  • Die buurtwag het ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter verkies.
  • Die tak het opleiding ontvang oor die eerste kontakpersoon.

 Hertzogville

  • Die tak het voortgegaan met die bou van die ouetehuis se braai-en-ontspanningsarea.

 Schweizer-Reneke

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.

 Bloemhof

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.

 

WES-KAAP

 Vredendal

  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem en die volgende vullisterreine geoudit:
  • Klawer
  • Vanrhynsdorp
  • Vredendal
  • Lutzville

Velddrif

  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem en die volgende vullisterreine geoudit:
  • Highlands
  • Chatsworth

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag, wat deel vorm van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak, het in samewerking met Oakdale Watch en wetstoepassers ’n brand in een van die Laerskool Bellpark se klaskamers geblus nadat die klaskamer deur ’n brandstigter aan die brand gesteek is.
  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kraaifontein

  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

 Stellenbosch

  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Helderbergkom

  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Overstrand

  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem en die volgende vullisterreine geoudit:
  • Hermanus (Karwyderskraal)
  • Gansbaai
  • Die Alfa-buurtwag in Hermanus het in samewerking met die SAPD, wetstoepassingsowerhede, HPP en privaat sekuriteit ’n verdagte wat by ’n OTM-bedrogsindikaat betrokke is, vasgetrek.
  • Die tak het einde 2019 besluit om in ’n hommeltuig te belê en ’n privaat hommeltuigoperateur uit die gemeenskap op te lei. Gemeenskapslede het fondse ingewin sodat die tak volgens die vereiste lugvaartwetgewing ’n lugbandradio kon aankoop. Dié aankoop werp beslis vrugte af, nie net as reaktiewe maatreël nie, maar beslis ook as misdaadvoorkomingsmaatreël.

 

Worcester

  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

 

SUID-KAAP

Kaap Agulhas

  • Die tak het aktief aan die vullisterreinoudits deelgeneem wat landwyd as nasionale projek aangepak is. Verder is goeie vordering gemaak met die proses om komitees saam te stel wat die plaaslike gemeenskap sal dien in die strewe om vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika voort te bestaan en te floreer.

Hessekwa

  • Die tak het die plaaslike vullisterrein geoudit.

 Mosselbaai    

  • Die tak het ’n sake-ontbyt gehou met Kallie Kriel as gasspreker. Die boodskap van hoop is baie goed ontvang en bande met ander rolspelers is verder uitgebou.
  • Die tak het die vullisterreinoudit afgehandel en soos verwag het dit baie positiewe resultate opgelewer.

 Oudtshoorn

  • Die takbestuur het hul algemene jaarvergadering afgehandel. In sy voorsittersverslag het Johan Conradie 2019 se werksaamhede aan taklede en lede van die publiek voorgehou. Kallie Kriel was die gasspreker en het ’n sterk boodskap van hoop en vasberadenheid gelewer.
  • Die tak het die vullisterreinoudit voltooi en ingehandig.

George

  • Die tak het die vullisterreinoudit voltooi en ingehandig.

 

 

OOS-KAAP

Port Elizabeth

  • Die tak was besig met voorbereidings vir hul #AnkerdorpPadskou-veldtog wat in Maart plaasvind. Hulle sien uit na goeie interaksie met PE se gemeenskap en die verspreiding van die selfdoenbeginsel.

Jeffreysbaai

  • Die tak het aan die landwye vullisterreinouditprojek deelgeneem. Goeie samewerking is verkry vanaf die plaaslike munisipaliteit.

Elliot

  • Die tak het in gesprek getree met boere om te sorg dat die dam wat water aan die gemeenskap voorsien ten volle deur die hele gemeenskap benut kan word.

 

 

NOORD-KAAP

 KALAHARI

Keimoes

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou (twee skofte in die aand en twee skofte in die dag).
  • Die tak het skrywes aan die munisipaliteit gerig rakende die probleme met die rioolstelsels, asook die gebrek aan vullisverwydering.
  • Die Grootoog-buurtwag het bystand gebied waar huise se alarms afgegaan het.

Kuruman

  • Die buurtwag het hard gewerk om die gemeenskap en die dorp veilig te hou.
  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Upington

  • Die tak het met die munisipaliteit gekorrespondeer rakende lekkende rioolpype.
  • Die tak het met die munisipaliteit in verbinding getree rakende lekkende varswaterpype.
  • Die tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kathu

  • Die tak het met die munisipaliteit gekorrespondeer rakende ’n lekkende varswaterpyplyn. Hierdie pyplyn is intussen herstel.

 Kamieskroon

  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor ’n lekkende varswaterpyplyn.
  • Die tak het met die munisipaliteit in verbinding getree oor straatligte wat buite werking is. Hierdie straatligte is intussen herstel.

 

KAROO

 Kimberley

  • Die tak het in samewerking met verskeie ondernemings aan FiND iT se slaggatherstelprojek deelgeneem.

 Hopetown

  • Die tak het voer aan boere in die gebied geskenk wat steeds deur die droogte geteister word.

 Prieska

  • Die tak het toerusting soos weggooibare sanitêre handskoene aan gemeenskapslede verskaf wat vullis in die dorp verwyder het.

 

Soortgelyke plasings