AfriForum-suksesse: Februarie 2019

 NOORDSTREEK

 LIMPOPO

GAUTENG

  • Die burgerregte-organisasie AfriForum het die vullisterreine aan die Oos-Rand geoudit as deel van sy nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.
  • AfriForum se buurtwagte in Alberton, Brakpan, Germiston en Springs het opleiding ontvang waartydens ongeveer 70 patrolleerders toneelhanteringopleiding bygewoon het.

Kempton Park

  • AfriForum se Kempton Park-tak is deur die gemeenskap bedank vir die vestiging en uitbreiding van hulle herwinningsinisiatief in samewerking met M.E.S.
  • AfriForum se Kempton Park-buurtwag het op die volgende wyses hulp verleen:
    • Die arrestasie van ’n verdagte in besit van kokaïne.
    • Reaksie op ’n huisbraak en oorhandiging van die toneel aan die SAPD.
    • Ondersteuning aan ’n sekuriteitsmaatskappy tydens die oorhandiging van ’n verdagte voertuig met vals nommerplate aan die EMPD.
    • Reaksie op ’n gewapende roof by Aston Manor Drankwinkel, in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye.
    • Mediese hulp aan ’n inwoner in nood.
    • Die kontak van die kinderbeskermingseenheid nadat die buurtwag inligting ontvang het van kindermishandeling by ’n dagsorgsentrum.

Alberton

  • AfriForum se Alberton-buurtwag het hulp verleen tydens die ontlonting van ’n selfdoodpoging.

 Springs

  • AfriForum se Springs-tak het ’n massaskoonmaakaksie by die Ou Spar-gebou gehou.
  • AfriForum se Springs-tak het ’n vergadering gehou met die munisipale bestuurder om probleme in die dorp aan te pak.

 Benoni

  • AfriForum se Benoni-buurtwag het hulp verleen tydens die sny en verwydering van bome in strate nadat ’n groot storm skade in die gebied aangerig het.

 Brakpan

  • AfriForum se Brakpan-buurtwag het op die volgende wyses hulp verleen:
    • ’n Beweerde onwettige grondgryp in Brenthurst, waar oortreders besig was om strukture op te rig.
    • Die opspoor van ’n vermiste tiener en die terugbesorg aan haar ouers.
    • Die plaas van ’n hawelose swanger vrou en haar verloofde in hul ouerwoning.
    • Die opspoor van ’n vermiste swanger vrou vanuit Pretoria en die hereniging met haar familie.
    • ’n Misdaadtoneel waar ’n slagoffer met mediese behandeling bygestaan is totdat EMS by die toneel opgedaag het.

Edenvale

  • AfriForum se Edenvale-buurtwag het in samewerking met verskeie sekerheidsinstansies ’n massa-operasie geloods waartydens dwelms, onwettige sigarette, 30 gesteelde platskermtelevisies, ander gesteelde goedere en 4 gesteelde voertuie gekonfiskeer is.

Germiston

  • Ná volgehoue druk van AfriForum se Germiston-tak is verskeie bome teen kragheinings gesnoei, en is straatligte en rioolpype ook herstel.

MPUMALANGA

Secunda

  • AfriForum se TEKS-buurtwag het saam met die SAPD aan sigbaarhiedspatrollies deelgeneem.
  • AfriForum se TEKS-buurtwag het in Februarie verskeie groen stroke skoongemaak en die gras daar gesny.
  • AfriForum se TEKS-buurtwag het by ’n ongelukstoneel gehelp om die verkeer te reguleer.
  • AfriForum se Secunda-tak het ’n woonstel in die aftreeoord uitgeverf.

 Witbank

  • AfriForum se Witbank-tak het fase 2 van hulle projek uitgerol en verskeie paaie en spoedhobbels by skole geverf en stoptekens vervang.

Standerton

  • AfriForum se Standerton-buurtwag het gehelp om drie verdagtes vas te trek wat PEP Stores in Volksrust beroof het.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het saam met die SAPD aan sigbaarheidspatrollies deelgeneem.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het taktiese opleiding ontvang.

 Piet Retief

  • AfriForum se Piet Retief-buurtwag het veiligheidspatrollies gehou.

Witrivier

  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het gehelp om plaasaanvallers vas te trek ná ’n plaasaanval en ook hulp verleen ná twee ander aanvalle wat in die gebied plaasgevind het.
  • AfriForum se Witrivier-tak het die vullisterrein geoudit as deel van die jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek.

 Nelspruit

  • AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het nuwe toerusting ontvang vir sekere reaksielede.
  • AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het hulp verleen by ’n ongelukstoneel op die N4.
  • AfriForum se Nelspruit-tak se jeugvleuel het ’n selfdoenaksie by Pro Gratiaskool voltooi.
  • AfriForum se Nelspruit-tak het die vullisterrein geoudit as deel van die jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek.

 Bethal

  • Die AfriForum-tak in Bethal het ’n nuwe teerproduk getoets voor die afskop van die tak se groot slaggatprojek.
  • AfriForum se Bethal-tak het die vullisterrein geoudit as deel van die jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek.

 Machadodorp

  • AfriForum se Machadodorp-tak het die vullisterrein geoudit as deel van die jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek.

 Belfast

  • AfriForum se Belfast-tak het die vullisterrein geoudit as deel van die jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek.

 Lydenburg

  • AfriForum se Lydenburg-tak het die vullisterrein geoudit as deel van die jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek.

 Middelburg

  • AfriForum se Middelburg-tak het die vullisterrein geoudit as deel van die jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek.
  • AfriForum se Middelburg-plaaswag het bystand aan die SAPD verleen tydens ’n plaasaanval.

 SENTRAALSTREEK

NOORDWES

 Die volgende AfriForum-takke het ’n vullisterreinoudit gedoen: Hertzogville, Bloemhof, Christiana, Delareyville, Sannieshof, Schweizer Reneke en Vryburg.

Vryburg

  • AfriForum se Vryburg-tak se jeugportefeulje het ’n roomyseetkompetisie gehou om AfriForum Jeug bekend te stel.

Christiana

  • AfriForum se Christiana-buurtwag het die SAPD gehelp om paaie te sluit tydens betogings in Bloemhof.
  • AfriForum se Christiana-buurtwag het ’n witligpatrollie gehou.
  • AfriForum se Christiana-tak het ’n nuwe bestuur gekies en ’n jaarvergadering gehou.

 Bloemhof

  • AfriForum se Bloemhof-buurtwag het die dorp gepatrolleer en veilig gehou tydens onluste.
  • AfriForum se Bloemhof-tak het die dorp skoongemaak voor die internasionale hengelkompetisie.

Potchefstroom

  • AfriForum se Potchefstroom-tak se selfdoenspan het bykans 401 slaggate in die dorp herstel om sodoende ’n belangrike bydrae te maak tot padveiligheid.

Ventersdorp

  • AfriForum se Ventersdorp-tak het verskeie slaggate in die dorp opgevul nadat talle klagtes aan die munisipaliteit op dowe ore geval het.

Hartbeesfontein

  • AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag het die SAPD bygestaan tydens ’n klopjag waar gesteelde koper en goud ter waarde van R800 000 gekonfiskeer is en het ook gehelp met die vervoer van die goedere na die Klerksdorp-polisiestasie.

VRYSTAAT

 Uitsig

  • AfriForum se Uitsig-buurtwag het ’n verdagte in hegtenis geneem vir poging tot diefstal van ’n hekmotor. Toerusting vir die gebruik tydens diefstal is by hom gevind.
  • AfriForum se Uitsig-buurtwag het ’n verdagte gearresteer nadat hy ’n bergfiets en twee visstokke uit ’n woning in die buurt gesteel het.
  • AfriForum se Uitsig-buurtwag het ’n man in hegtenis geneem wat ’n ander man met ’n mes doodgesteek het ná ’n bakleiery by ’n begraafplaas in die buurt.

 Sasolburg

  • AfriForum se Sasolburg-tak het 181 911 m2 se gras gesny in Sasolburg en Vaalpark om sodoende te verseker parke en groenstroke is weer skoon.
  • AfriForum se Sasolburg-tak het 56 straatligte in Vaalpark vervang omdat die dorp gereeld sukkel met talle straatligte wat nie werk nie.

Parys

  • AfriForum se Parys-tak het belangrike padtekens vervang nadat talle padtekens in die dorp verbleik was en ’n veiligheidsrisiko geskep het.

KWAZULU-NATAL

  • AfriForum-takke in KwaZulu-Natal het verskeie SAPD-probleme met die SAPD bespreek op ’n provinsiale prioriteitskomiteevergadering.

Newcastle

  • AfriForum se Newcastle-tak het ’n bestuursvergadering gehou.
  • AfriForum se Newcastle-tak het ’n vullisterreinoudit gedoen.
  • AfriForum se Newcastle-tak het watertoetse in die Ncandu-rivier gedoen vir ’n ondersoek.

 Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak het gehelp om die gemeenskap te beskerm tydens protesaksies.
  • AfriForum se Vryheid-tak het die gemeenskap beveilig deur daaglikse patrollies.
  • AfriForum se Vryheid-tak het regsaspekopleiding gereël vir hul patrolleerders.
  • AfriForum se Vryheid-tak se radionetwerk is verder uitgebrei in die landbougemeenskap.
  • AfriForum se Vryheid-tak het klagtes by Nersa gelê om die munisipaliteit se swak elektrisiteitsdienslewering te ondersoek.

 Richardsbaai

  • AfriForum se Richardsbaai-tak het die SAPD gehelp om ’n misdadiger vas te trek.
  • AfriForum se Richardsbaai-tak het ’n bestuursvergadering gehou.

Margate

  • AfriForum se Margate-tak se jeug het strande skoongemaak.
  • AfriForum se Margate-tak het voetpatrollies in hul gemeenskap gehou.
  • AfriForum se Margate-tak het gebiedspatrollie saam met die plaaslike GPF gehou.
  • AfriForum se Margate-tak het ’n fondsinsameling gehou om die Hoërskool Driehoek se slagoffers te ondersteun.

 Hluhluwe

  • AfriForum se Hluhluwe-tak het verskeie veilgheidsprojekte saam met die SAPD gedoen.
  • AfriForum se Hluhluwe-tak het ’n vullisterreinoudit gedoen.

 Pongola

  • AfriForum se Pongola-tak het hul gemeenskap beveilig met proaktiewe patrollies.
  • AfriForum se Pongola-tak het ’n vullisterreinoudit gedoen.

Paulpietersburg

  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het die situasie by die vullisterrein met die nasionale departement van omgewingsake bespreek.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het hulle gemeenskap beveilig met proaktiewe plaaspatrollies.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het ’n vullisterreinoudit gedoen.

Utrecht

  • AfriForum se Utrecht-tak het ’n vullisterreinoudit gedoen.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kuruman

  • AfriForum se Kuruman-buurtwag het handradio’s oorhandig aan sekere skole in die omgewing om hulle te beveilig.
  • AfriForum se Kuruman-buurtwagbrandspan het gehelp om brandende geboue te blus.

 Kathu

  • AfriForum se Kuruman-buurtwag het handradio’s oorhandig aan sekere skole in die omgewing om hulle te beveilig.
  • AfriForum se Kuruman-buurtwagbrandspan het gehelp om brandende geboue te blus.

 Springbok

  • AfriForum se Springbok-tak het ’n versoek ingedien om die kwalifikasies van die munisipaliteit se tegniese hoof aan te vra.

 OOS-KAAP

Port Elizabeth

  • Lede van die bestuur het ’n veiligheidsinisiatief in Graaff-Reinet bygewoon. Waardevolle insette is gelewer en die onderneming is gegee dat Graaff-Reinet bygestaan sal word met die stigting van ’n tak en strukture.

Gamtoos

  • Lede van die protospan van die AfriForum-tak in Gamtoos is blitsig ontplooi ná ’n plaasaanval. Hulp is verleen om die situasie te stabiliseer en die gebied te beveilig. Hulle het ook deelgeneem aan ’n intensiewe soektog na die aanvallers. Baie lesse van onskatbare waarde is geleer tydens die optrede.

WES-KAAP

 George

  • AfriForum se George-tak het ’n splinternuwe bestuur aan die George-gemeenskap bekend gestel tydens ’n algemene vergadering. Hulle het die planne vir die komende jaar bekend gemaak, en dit is baie goed deur die gemeenskap ontvang.

Oudtshoorn

  • AfriForum se Oudtshoorn-takbestuurslede het ’n baie geslaagde vergadering met die Wes-Kaapse LP mnr. Simmers gehou. Verskeie kwessies rondom die swak funksionerende Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit is bespreek en daar is op ’n aksieplan ooreengekom.

Hessekwa

  • AfriForum se Hessequa-tak het uitstekende selfverdediging- en veiligheidsopleiding aangebied in samewerking met Tiger Kai Taktiese Opleidingsgroep. Dit is bygewoon deur 30 AfriForum-lede en dit was duidelik dat almal met heelwat meer selfvertroue huiswaarts kon keer.

Vredendal

  • AfriForum se Vredendal-tak het onlangs die Spruitdrif-plaaswag gestig.

Velddrif

  • AfriForum se Velddrif-tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • AfriForum se Malmesbury-tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kaapstad-Noord

  • AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het ’n veiligheidsoudit by die Laerskool Bellville-Noord uitgevoer.

Kraaifontein

  • AfriForum se Kraaifontein-tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Stellenbosch

  • AfriForum se Stellenbosch-tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • AfriForum se Stellenbosch-tak het ’n veiligheidsoudit by Paul Roos Gimnasium uitgevoer.

Helderbergkom

  • AfriForum se Helderbergkom-tak het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Soortgelyke plasings