AFRIFORUM-SUKSESSE: AUGUSTUS 2020

TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2020 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Centurion

  • Die tak het Montague Kneen-park in Valhalla skoongemaak.
  • Die tak het slaggate in Eldoraigne opgevul.
  • Die tak het ’n waterpyplekkasie in Furman Park – wat langer as ’n jaar gelek en water vermors het – herstel.

 

Bronkhorstspruit

  • Die tak het by twee geleenthede ’n onwettige jagter met honde uit die gebied verwyder.
  • Die tak het danksy volgehoue druk op die Stad Tshwane daarin geslaag dat slaggate in hul gebied opgevul is.
  • Die buurtwag het veiligheidsoudits op verskeie plase uitgevoer om veiligheid op te skerp.
  • Die buurtwag het talle sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die tak het gehelp met die skoonmaak van die dorp ná ’n munisipale staking.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Moot

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die spruit geloods.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Oos-Moot

  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand gehelp met die verskuiwing van kospakkies.
  • Die buurtwag het in samewerking met ander rolspelers sewe verdagtes vasgetrek in verband met kabeldiefstal.
  • Die buurtwag het verskeie suksesvolle sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die tak het ’n nuwe beheerkamer op die been gebring.
  • Die tak het die gemeenskap bygestaan deur ’n brand op die berg te help blus.
  • Die tak het bystand verleen met die blus van ’n brand by ’n lapa in Môregloed.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ’n belangrike kragsentrale vir die Stad Tshwane gepatrolleer en beskerm.

Wes-Moot

  • Buurtwaglede het ’n belangrike kragsentrale vir die Stad Tshwane gepatrolleer en beskerm.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Pionier

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Hennopsrivier

  • Die tak het in samewerking met Down to the Wire ’n projek geloods waartydens honderde strikke uit die berg en plaasgebiede verwyder is.

 

Moreletapark

  • Die tak het gereorganiseer en is weer volstoom besig om vir die toekoms te beplan.

 

WES-RAND

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Randfontein, Roodepoort en Krugersdorp het tydens die langnaweek verskeie arrestasies uitgevoer in samewerking met lede van die Wes-Rand SAPD, K9-eenheid en sekuriteitsmaatskappye.
  • AfriForum se Wes-Rand-takke het aan die organisasie se nasionale blou-en groendruppelprojek deelgeneem.

 

Fourways

  • AfriForum het ’n tak in Fourways gestig.

 

Roodepoort

  • Die tak het sy maandelikse misdaadvoorkomende massapatrollie gehou.

 

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het tydens ’n patrollie op ’n gesteelde vrag afgekom.
  • Die tak het ’n klagte ingedien oor bourommel wat ’n gevaar vir motoriste ingehou het. Dit is twee dae later verwyder.
  • Die tak het ’n klagte ingedien oor ’n verkeerslig in Voortrekkerweg wat vir twee maande buite werking was. Dit is binne twee dae herstel.
  • Die tak het 426 straatligte wat buite werking is by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Benoni

  • Meer as 40 buurtwaglede het aan PHP Security Services en Mamba Sekuriteit se massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die organisasie se #SkoonWater-projek deelgeneem en damme in die omgewing getoets.
  • Die tak se SNIPR-projek het die volgende suksesse opgelewer:
  • Daar is beslag gelê op ’n rooi Toyota Etios wat met ’n roof verbind word.
  • ’n Isuzu KB-bakkie is teruggevind.
  • ’n Toyota Land Cruiser is opgespoor.
  • ’n Nissan X-Trail is teruggevind.
  • ’n Blou Mercedes-vragmotor is opgespoor.
  • Daar is beslag gelê op ’n rooi Hyundai wat met misdaadbedrywighede verbind word.
  • ’n Silwer Nissan is teruggevind.

Boksburg

  • Die tak het kos by natuurreservate reg oor die Oos-Rand afgelewer.
  • Die tak het bystand gebied met die vervoer van ’n COVID-19-pasiënt.
  • Die tak het bejaardes in die gemeenskap ondersteun deur hulle vir hul maandelikse inkopies te neem.

 

Brakpan

  • Die tak het voortgegaan met hul kosprojek wat in samewerking met Solidariteit Helpende Hand en die N.G. Kerk Dalpark bestuur word.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Edenvale

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Germiston

  • Die tak het weekliks 50 pakkies groente aan die gemeenskap geskenk.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kempton Park

  • Die buurtwag het bystand op ’n ongelukstoneel gebied waar ’n motorfiets en ’n Kia teen mekaar gebots het.
  • Die tak se bestuurspan het watertoetse uitgevoer om die gehalte van die stad se drinkwater te toets.
  • Die buurtwag se voorsitter het ’n verdagte gearresteer en die Ekurhuleni-metropolisie nóg twee.
  • Danksy die buurtwag wat ’n verdagte Volkswagen-paneelwa naby ’n drankwinkel in Birchleigh opgemerk het, is die bestuurder van die voertuig en die eienaar van die drankwinkel in hegtenis geneem vir die vervoer van alkohol en verbreking van COVID-19-regulasies. Daar is beslag gelê op sowel die voertuig as die voorraad.
  • Die buurtwag het bystand verleen op die toneel waar ’n huis in ligte laaie was.
  • Die buurtwag het ’n ambulans ontbied nadat ’n noodoproep ontvang is dat ’n inwoner van die gemeenskap sukkel om asem te haal.
  • AfriForum se streekskoördineerder het ’n klagte ontvang van ’n persoon wat ’n dispuut met die munisipaliteit verklaar het met betrekking tot die bedrag wat vir boedelbelasting gefaktureer is. Die takvoorsitter het die betrokke afdeling in die raad egter gekontak en ’n nuwe ooreenkoms waartoe beide partye ingestem het is uiteindelik bereik.

 

Springs

  • Die tak het ’n skrywe aan die Ekurhuleni Metro gerig rakende rou riool wat op twee plekke in die dorp uitloop.
  • Die tak het met die munisipale bestuur oor diensleweringsprobleme vergader.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n inligtingsaand vir nuwe lede gehou.
  • Die tak het in samewerking met AfriForum se gesondheidsake-afdeling handreiniger, gesigmaskers en handskoene aan die Sanel-sentrum in Daggafontein geskenk.
  • Die AfriForum-buurtwag in Endicott het die volgende suksesse behaal:
  • Die aankeer van verdagtes wat hooibale gesteel het (TrackBox is gebruik om die SAPD by te staan).
  • Die bied van bystand aan ’n persoon wat ná die aandklokreël beroof en aangerand is.
  • Die bied van bystand deur twee brande op kleinhoewes te help blus, hoewel ’n skuur afgebrand het.
  • Die buurtwag het die plaaslike GPF en brandweerdiens gehelp met die bestryding van ’n brand by ’n fabriek wat vervoerbande vervaardig.

 

MPUMALANGA-WES

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Standerton     

  • Die buurtwag het hulp verleen deur veldbrande in en om die dorp te bestry.
  • Die buurtwag het gehelp om voorbrande te maak.
  • Die tak en die buurtwag het gehelp om water aan die gemeenskap te voorsien.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig oor rioolprobleme in die dorp.
  • Die tak en die buurtwag het beplanningsessies gehou met betrekking tot die #VegEnBou-week wat in Standerton gaan plaasvind.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het hulp verleen deur veldbrande in en om Secunda te bestry.
  • Die tak het met voedselverspreiding gehelp.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die vullisterrein wat brand.
  • Die tak het gehelp met instandhouding by die ouetehuis.
  • Die tak het ’n gholfdag gereël.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem

 

Witbank 

  • Die tak het voortgegaan met hul padveiligheidsprojek in die omgewing.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Ermelo  

  • Die tak het met voedselverspreiding gehelp.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Delmas   

  • Die tak het projekbeplanning gedoen.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Leandra   

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

MPUMALANGA-OOS

Algemeen

  • AfriForum se distrikskoördineerder het in samewerking met ACS Security, Hi-Tech Security en MBM Protection Services bystand gebied tydens ’n grondgryp in Nelspruit. Die grondgryp het wéér opgevlam, maar is onder beheer gebring.

 

Witrivier

  • Die buurtwag het gehelp om drie plaasaanvallers vas te trek. Daar is ook beslag gelê op twee wapens en ’n gesteelde bakkie.
  • Die buurtwag het ’n reuseboomtak opgesaag en uit die dorp se hoofstraat verwyder.
  • Die buurtwag het bystand gelewer tydens grondgrype in Cromdale buite Nelspruit.
  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie ander rolspelers aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.

 

Nelspruit

  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gelewer tydens die Cromdale-grondgryp buite die stad.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het ’n voertuig opgespoor wat tydens ’n plaasaanval gesteel is.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het in samewerking met verskeie ander rolspelers aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het in samewerking met NCC Security aan ’n maandelikse patrollie deelgeneem.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het ’n samewerkingsooreenkoms met ACS Sekuriteit in Nelspruit gesluit.
  • AfriForum se Malelane-buurtwag het gehelp om brande in Marlothpark te blus.

 

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word wanneer die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike ondernemings slaggate in die dorp se sentrale sakekern opgevul.
  • Die tak het ’n boom gesnoei wat stoptekens op die N17 versper het.
  • Die tak het weekliks 30 vullisdromme in die dorp se sentrale sakekern gediens.
  • Die tak het sy voedselskema voortgesit.
  • Die tak het opruimingswerk verrig nadat ’n protesaksie hoofroetes in die dorp versper het.

 

Lydenburg

  • Die tak het vier geborgde straatligte in Rossouwstraat aangebring.
  • Die buurtwag het protospanopleiding ontvang.
  • Die buurtwag het selfverdedigingsopleiding vir vroue aangebied.
  • Die buurtwag het toerusting ontvang.

 

LIMPOPO

Algemeen

  • AfriForum se Limpopo-takke het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • AfriForum se Limpopo-takke het aan die versetstoet in Naboomspruit deelgeneem.
  • AfriForum se Limpopo-takke het aan die versetstoet in Soekmekaar deelgeneem.

 

Pietersburg

  • Die tak het groente namens Solidariteit Helpende Hand versprei.
  • Die tak het in samewerking met die organisasie se Potgietersrus-tak bystand gebied tydens ’n OTM-rooftog.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met die arrestasie van ’n verdagte wat van poging tot moord aangekla is.

 

Tzaneen

  • Die tak het ’n nuwe bakkiesakkie aangekoop.
  • AfriForum se Modjadjiskloof-buurtwag het gehelp om ’n dief wat ’n kitsbank wou beroof vas te trek.
  • AfriForum se Modjadjiskloof-buurtwag het die brandweer gehelp met die bestryding van ’n huisbrand.
  • Die buurtwag het sowel opleiding as brandbestrydingstoerusting ontvang.

 

Marble Hall

  • Die buurtwag het bystand aan ’n sekuriteitsmaatskappy gebied met betrekking tot ’n verdagte voertuig wat in die woonbuurt opgemerk is.
  • Die tak en die buurtwag het gehelp om ’n veldbrand te blus.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan ’n optog teen plaasmoorde deelgeneem.

 

Naboomspruit

  • Die tak het aan ’n optog teen plaasmoorde deelgeneem.
  • Die tak het leë huise saam met die SAPD deursoek vir onwettige inwoners.
  • Die tak het ’n sjebeen saam met die weermag besoek.
  • Die tak het bystand gebied op ’n toneel waar die weermag twee verdagtes gearresteer het vir die diefstal van ’n voertuig.

 

Warmbad

  • Die tak het aan ’n optog teen plaasmoorde deelgeneem.
  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Ellisras

  • Die tak het aan die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Potgietersrus

  • Die buurtwag het vermeende brandstofdiewe in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig opgespoor.
  • Die buurtwag het in samewerking met ander rolspelers ’n brand buite die dorp bestry.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle sigbaarheidspatrollie saam met die SAPD gehou.

 

Thabazimbi

  • Die plaaswag het ’n suksesvolle padblokkade saam met die SAPD gehou.

 

 

AKSUKSESSE: AUGUSTUS 2020 – SENTRAALSTREEK

NOORDWES

STELLALAND

 

Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.

 

Delareyville

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
  • Die tak het ’n petisie opgestel teen swak dienslewering deur die munisipaliteit.
  • Die tak beplan om eienaarskap van ’n plaaslike parkie te neem en dit voortaan self te onderhou.

 

Vryburg

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
  • Die tak het voortgegaan met sy suksesvolle slaggatherstelprojek.
  • Die tak het ’n petisie opgestel teen swak dienslewering deur die munisipaliteit.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Groen Skerpioene gerig rakende rioolprobleme en klagtes oor die vullisterrein.

 

Christiana

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
  • Die tak het 150 kg wildsvleis verpak en onder minderbevoorregte gesinne versprei.
  • Die tak het die plaaslike kliniek ontsmet.

 

Hertzogville

  • Die tak het die plaaslike begraafplaas skoongemaak as deel van hul volhoubare skoonmaakprojek.

 

Schweizer-Reneke

  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie patrollies gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.
  • Die buurtwag het addisionele patrolleerders in Amalia geaktiveer.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor swak dienslewering.

 

Bloemhof

  • Die tak het in samewerking met die Fountain of Hope-organisasie voedsel aan 30 gesinne geskenk as deel van sy volhoubare voedselprojek.
  • Die tak het die polisiestasie en kliniek ontsmet.
  • Die tak het begin beplan aan ’n voedselsekerheid-en-werkskeppingsnetwerkprojek.

 

Sannieshof

  • Die tak het gereorganiseer deur ’n tussentydse bestuur te verkies.

 

MOOIRIVIER

 

Algemeen

  • Die volgende takke het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem: Klerksdorp, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney, Ventersdorp en Wolmaransstad.

 

Klerksdorp

  • Die tak het voortdurend skrywes aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig oor probleme in dié munisipaliteit.

 

Potchefstroom

  • Die tak het hulpbehoewende gesinne met kospakkies bygestaan totdat Solidariteit Helpende Hand hierdie gesinne verder kon ondersteun.
  • Die tak het 285 slaggate opgevul en 158 sakkies teer daarvoor gebruik.
  • Die buurtwag was voortdurend op ’n gereedheidsgrondslag om brande te bestry.
  • Die buurtwag het 6 673 km in 464 manure afgelê, tydens drie geleenthede hulp aan die SAPD gebied en op 20 insidente gereageer.

 

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het voortdurend druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

 

Ventersdorp

  • Die tak het deel gevorm van ’n netwerk van organisasies wat voedsel aan mense in nood versprei het.
  • Die buurtwag het inwoners deurgaans van inligting voorsien rakende die veiligheidsituasie in die dorp.

 

Wolmaransstad

  • Die tak het ’n skenking vleis en aartappels van die AfriForum-tak in Bloemhof ontvang en dit aan ’n plaaslike kerk oorhandig om die verspreiding daarvan te hanteer.

 

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

 

Algemeen

  • Die volgende takke het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem: Bothaville, Heilbron, Parys en Sasolburg.

 

Parys

  • Die tak se omgewingsakeverteenwoordiger het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.
  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag gestig.

 

Heilbron

  • Die tak het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit aangevat oor die tekort aan brandweerwaens.

 

Bothaville

  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag op die been gebring.

 

Sasolburg

  • Die tak het Afrikaanse boeke by die Van Riebeeck-gemeenskapsentrum, Môredou-ouetehuis en Ons Gryse Jeug-ouetehuis uitgedeel.
  • Die tak het 30 sakkies teer geskenk en gehelp om ongeveer 650 slaggate op te vul.
  • Die tak het ’n groot skoonmaakprojek rondom die poskantoor gehou.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand voedsel en klere aan mense in nood verskaf.

 

ROSESTAD

Langenhovenpark

  • Die tak het in samewerking met die brandweerdiens ’n veldbrand met hul nuwe vuurvegter bestry.
  • Die tak het bystand op ’n ongelukstoneel gebied deur te help om die toneel te beveilig.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Mangaung-metro gerig oor onwettige straatsmouse en terugvoer daarop ontvang.

 

Rayton-Heuwilsig

  • Die tak het in samewerking met Mia Dromme vullis verwyder.

 

Pellissier

  • Die tak het inligting op ’n WhatsApp-groep ontvang van verdagte persone met onwettige borg-/donasievorms. Die verdagtes is gewaarsku en gevra om die woongebied te verlaat.
  • Die tak het inligting op ’n WhatsApp-groep ontvang van ’n verdagte persoon wat in ’n veld in die woonbuurt gesit het. Danksy vinnige reaksie is die verdagte opgespoor en is daar ook vasgestel dat die verdagte ’n klein hoeveelheid dagga aan hom gehad het. Die verdagte is gewaarsku en gevra om die woongebied te verlaat.
  • Die tak het bystand gebied op ’n ongelukstoneel op die N1. Die tak het die toneel help beveilig deur vinnig te reageer en ’n brand wat gevolglik uitgebreek het te blus.

 

Wilgehof

  • Die tak het gehelp met die bestryding van agt veldbrande.
  • Die tak het inligting op ’n WhatsApp-groep ontvang van twee voertuie wat aan die brand geslaan het. Danksy vinnige reaksie is die brande suksesvol geblus. Die nodige owerhede is ook deur die AfriForum-radionetwerk ontbied.

 

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Die tak was betrokke by Solidariteit Helpende Hand se #HelpJag-projek.
  • Die tak het vullis op verskeie plekke in die dorp verwyder.
  • Die tak het gesigmaskers uitgedeel.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het onwettige storting in die dorp aangepak.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas oor onwettige rioolstorting.
  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

Vryheid

  • Die tak het ’n noodwaterpunt by die gemeenskapsentrum opgerig.
  • Die tak het ’n spreekkamer vir ’n kliniek by die gemeenskapsentrum ingerig.
  • Die tak het patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

Margate

  • Die tak het met waterverspreiding gehelp tydens wateronderbrekings.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Hluhluwe

  • Die tak het verskeie arrestasies uitgevoer en gesteelde goedere teruggevind.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Paulpietersburg

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het veediewe in samewerking met die plaaswag vasgetrek.
  • Die tak het met voedselnoodverligting gehelp.

 

Utrecht

  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor kragonderbrekings.
  • Die tak help in samewerking met ander organisasies met noodvoedselverspreiding.
  • Die tak het met Carte Blanche geskakel oor die korrupte munisipale bestuurder.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Newcastle

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak beplan om teen die munisipaliteit op te tree.
  • Die tak was betrokke by noodvoedselverspreiding.

 

TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2020 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Douglas

  • Die tak het opleiding ontvang.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kamiesberg

  • Die tak het baie druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas om die waterstelsel weer in ’n werkende toestand te kry.
  • Die tak het met die herstel van straatligte gehelp sodat dag-en-nagskakelaars weer werk.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kathu

  • Die buurtwag het patrollies gehou.
  • Die tak het lekkasies aan varswaterpypleidings aangemeld en druk op die munisipaliteit geplaas totdat dit uiteindelik herstel is.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Keimoes

  • Die tak het vier kospakke aan gesinne in nood geskenk.
  • Die tak het gehelp om rioolprobleme in die hoofstraat op te los.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kimberley

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Orania

  • Die tak het opleiding ontvang.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kuruman

  • Die AfriForum-brandspan het in samewerking met die SAPD en ander rolspelers ’n beheerde brand in ’n bebosde gebied toegedien met die doel om wegkruipplek vir boosdoeners te verminder.
  • Die tak het met onderhoud aan Die Oog-fontein gehelp.
  • Die tak het parke skoongemaak en vullis verwyder wat rondgelê het.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kospakke aan gesinne in nood uitgedeel.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Prieska

  • Die tak het opleiding ontvang.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het danksy volgehoue druk op die munisipaliteit toegesien dat die plaaslike vullisterrein verbeter word.

 

Springbok

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Upington

  • Die tak het deurlopend druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende rioolprobleme.
  • Die tak het deurlopend druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen met betrekking tot waterlekkasies aan varswaterpypleidings.
  • Die tak het klere aan die plaaslike Ons Winkel geskenk.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ses kospakke aan gesinne in nood geskenk.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Vaalharts

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Warrenton

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Williston

  • Die tak het kospakke aan gesinne in nood geskenk.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

OOS-KAAP

Elliot

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Jeffreysbaai

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Port Elizabeth

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

WES-KAAP

George

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Helderbergkom

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan AfriForum se Wes-Kaapse immuunstelselinisiatief deelgeneem en 400 kg nartjies by verskeie ouetehuise en aftreeoorde in die Strand, Somerset-Wes en Gordonsbaai afgelewer.

 

Hessekwa

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kaapstad-Noord

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • AfriForum se Bellville-buurtwag, wat deel vorm van die organisasie se Kaapstad-Noord-tak, het ’n vermeende dief in hegtenis geneem wat onder meer ruitveërs van ’n voertuig in St. Jamesstraat in Oakdale, Bellville gesteel het.

 

Kaap Agulhas

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kraaifontein

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Malmesbury

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het sy jaarlikse boomplantinisiatief in die Wes-Kaap in Malmesbury afgeskop toe die tak in samewerking met Big Tree Growers Wholesale Nursery ses bome by The Lucky Lucy Foundation buite dié dorp geplant het.

 

Mosselbaai          

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Oudtshoorn

  • Die tak was ná aanhoudende en volgehoue druk daarin suksesvol om die provinsiale regering te dwing om op te tree in die faksiegevegte binne en wanbestuur van die munisipale bestuur. Meer as 18 maande van vergaderings hou en briewe skryf dra uiteindelik vrug.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Overstrand

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Robertson

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Stellenbosch

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Velddrif

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Vredendal

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het die negende AfriForum-veiligheidstruktuur in die Matzikama-streek gestig. Dit heet die Vredendal-buurtwag.

 

Worcester

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n buurtwag in De Doorns gestig.
  • Die tak het aan AfriForum se Wes-Kaapse immuunstelselinisiatief deelgeneem en 400 kg nartjies aan verskeie bejaardes in Worcester en Rawsonville uitgedeel.

 

 

 

Soortgelyke plasings