AFRIFORUM-SUKSESSE: AUGUSTUS 2019

NOORDSTREEK

GAUTENG

  • Nadat vele berigte oor die kwaliteit van drinkwater in die Hammanskraal-area in die media verskyn het, het AfriForum daar watermonsters geneem en bevind die water is nie geskik vir menslike gebruik nie.
  • Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het die verhoogde elektrisiteitstarief wat die Tshwane-metro vir die 2019/2020-termyn mag implementeer aangekondig. Die 2018/2019-tarief word met 13,07% verhoog.
  • Die bestuurspan van AfriForum se Projek Nehemia aan die Oos-Rand het klere en komberse voorsien en bystand verleen aan twee gesinne in Estherpark, Kempton Park wie se wonings afgebrand het.
  • AfriForum se takke in Alberton, Benoni, Boksburg en Springs het nuwe toerusting ontvang, insluitend koeëlvaste baadjies, patrolliemagnete, opvoubare kegels en nasionale radio’s.
  • Ongeveer 55 patrolleerders van AfriForum se buurtwagte op die Oos-Rand het deelgeneem aan die SAPD se Operasie Masakhane in Kempton Park. Twee arrestasies is gemaak en verskeie dwelms, ‘n onwettige vuurwapen en ‘n banksakkie met goud is gekonfiskeer.
  • Ongeveer 54 takbestuurslede van die Oos-Rand het AfriForum se Streeksberaad van Hoop bygewoon waartydens aan praktiese toekomsplanne gewerk is en die tema #VegEnBou aan takbesture bekendgestel is.

Vanderbijlpark

  • AfriForum se Vanderbijlpark-tak het slaggate om Laerskool D.F. Malherbe in samewerking met ouers van die skool herstel.

Roodepoort

  • AfriForum se Roodepoort-tak het die gemeenskap beveilig deur aan verskeie veiligheidsaksies en klopjagte deel te neem.

Kempton Park

AfriForum se Kempton Park-tak het skrywes aan die burgemeester van Ekurhuleni gerig na verskeie pleidooie rakende watertekorte en probleme met vullisverwydering. Die kantoor van die burgemeester het onderneem om ondersoek in te stel en terugvoer te gee aan die gemeenskap.

  • AfriForum se Kempton Park-buurtwag het die volgende gedoen:
    • bystand verleen aan ‘n lid van die gemeenskap wie se lapa afgebrand het;
    • bystand verleen aan ‘n inwoner tydens die vandalisering van bome in haar erf;
    • mediese bystand verleen op drie motorvoertuigongelukstonele;
    • mediese bystand verleen aan ‘n gesin waar ‘n bejaarde sy kop oopgeval het;
    • onbemande voertuie en die afwesigheid van wagte tydens die aflaai van kontant by ‘n winkelsentrum aan die SBV-kontantvervoermaatskappy gerapporteer;
    • bystand verleen aan ‘n lid van die gemeenskap wat van sy Rolex-horlosie beroof is;
    • ‘n verdagte voertuig se registrasie nagegaan omdat die nommerplate vermoedelik vals was;
    • vir Vrouemaand gratis selfverdedigingsopleiding en ‘n teenverkragtingswerkswinkel aangebied in samewerking met die SAPD in Kempton Park; dit is deur ongeveer 50 vroue bygewoon; en
    • voertuigbeheeropleiding aan ongeveer 40 patrolleerders gebied in samewerking met die plaaslike reserviste.

Alberton

  • AfriForum se Alberton-tak het verskeie skrywes aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gerig rakende die voortdurende kragonderbrekings in die gemeenskap. Na volgehoue druk deur die tak is ‘n gemeenskapsvergadering deur die raadslede geskeduleer.

Springs

  • AfriForum se Endicott-plaaswag het 10 spoedhobbels, 5 stoptekens en 4 brandkrane geverf met verf wat deur die plaaslike munisipaliteit voorsien is.
  • AfriForum se Springs-tak het die eetsaal van Rus-‘n-Bietjie Tehuis vir Bejaardes se vloer opgeknap.
  • AfriForum se Springs-tak het ‘n nuwe waterpomp vir die waterkar voorsien aan die Endicott- en Vischkuil-gemeenskap.
  • Na volgehoue druk deur AfriForum se Endicott-plaaswag is verskeie waterlekke herstel, brandkrane vervang en die R42/R29 gedeeltelik geverf.
  • AfriForum se Springs-tak het met die SAPD vergader om ‘n proaktiewe benadering tot misdaadvoorkoming te bespreek.
  • AfriForum se Endicott-plaaswag het met die Lesedi-munisipaliteit vergader om plaaslike diensleweringsprobleme te bespreek.

Benoni

  • AfriForum se Benoni-buurtwag het ʼn massapatrollie gehou om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Een-en-sestig patrolleerders het opgedaag om ʼn verskil te maak. Hulle het 1 359 km in 215 manure afgelê.

Moot

  • Die AfriForum-tak in die Moot het die palissades by die treinspoor in samewerking met die buurtwag en die gemeenskap herstel. Vooraf het beide die Moot- en die Oos-Moot-buurtwag deelgeneem aan voetpatrollies van die Gezina- tot die Queenswood-treinstasie om probleme te identifiseer. Tydens die voetpatrollies is opgemerk dat die palissades deur misdadigers gebreek word vir vinnige ontsnappingsroetes.

Oos-Moot

  • Die AfriForum-buurtwag in Die Oos-Moot het veiligheid in hulle gebied opgeskerp deur gate in die treinspoor se omheining heel te maak. Vooraf het beide die Moot- en die Oos-Moot-buurtwag deelgeneem aan voetpatrollies van die Gezina- tot die Queenswood-treinstasie om probleme te identifiseer. Tydens die voetpatrollies is opgemerk dat die palissades deur misdadigers gebreek word vir vinnige ontsnappingsroetes.

Meyerspark

  • ‘n Lid van die gemeenskap het AfriForum se Meyerspark-buurtwag in kennis gestel dat verskeie verdagtes besig was om by iemand se motorhuis in te breek. Die buurtwag het dadelik gereageer en ook die metropolisie en die SAPD in kennis gestel. Lede van die buurtwag het ‘n verdagte in samewerking met die metropolisie en die SAPD vasgetrek nadat ‘n lid van die metropolisie waarskuwingskote afgevuur het.

Kameeldrift

  • AfriForum se Kameeldrift-buurtwag het die afgelope paar maande aktief patrollie gery om sigbaarheid in die area te verhoog. Dit het misdaadvoorvalle van ongeveer 15 na ongeveer 2 per maand laat daal.

 

MPUMALANGA

  • AfriForum se omgewingsakespan het gehelp om te keer dat ‘n steenkoolmyn teen die Krugerwildtuin begin word. Kriminele bedrogklagtes is teen Singo Consulting aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat hulle impakstudieverslae geplagieer is.

Witrivier

  • AfriForum se Witrivier-tak het die Machadodorp-tak gehelp om ‘n brandbestrydingseenheid aan te koop.
  • Lede van AfriForum se Witrivier-tak het ‘n tehuis vir bejaardes bygestaan met ‘n kragopwekker nadat die transformator wat die dorp se krag voorsien onklaar geraak het en die bejaardes se lewensondersteunende toestelle se batterye begin pap raak het.
  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het lede van die Spioenkop-gemeenskap bygestaan toe hulle grond beset is.
  • Lede van AfriForum se Witrivier-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.

Nelspruit

  • AfriForum se Nelspruit-tak het ‘n brandbestrydingseenheid aangeskaf sodat hulle kan help met brandbestryding.
  • AfriForum se Nelspruit-tak het die Machadodorp-tak gehelp om ‘n brandbestrydingseenheid aan te koop.
  • Lede van AfriForum se Nelspruit-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.
  • AfriForum se Nelspruit-tak het ‘n maandelikse skoonmaakprojek geloods in samewerking met We CARE 4 Nelspruit.

Bethal

  • Die AfriForum-tak in Bethal se asdrom-projek is volhoubaar; 30 asdromme word weekliks in die middedorp van Bethal gediens.
  • AfriForum se Bethal-tak het Gemsbokstraat en ‘n gedeelte van Buffelstraat
  • AfriForum se Bethal-tak se waterpunt is gereed om die gemeenskap te ondersteun indien Bethal weer sonder water is.

Belfast

  • Lede van AfriForum se Belfast-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.

Lydenburg

  • AfriForum se Lydenburg-tak het toetse gedoen op die dorp se rioolaanleg en bevind dit werk nie. Hulle het ‘n skrywe aan die munisipaliteit gestuur waarna dié erken het die aanleg funksioneer nie reg nie. AfriForum is besig met ‘n proses om die probleem op te los.
  • Lede van AfriForum se Lydenburg-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.

Middelburg

  • Lede van AfriForum se Middelburg-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.
  • AfriForum se Middelburg-tak is geherorganiseer en ‘n nuwe bestuur is verkies.

Piet Retief

  • AfriForum se Piet Retief-buurtwag het ‘n massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Piet Retief-tak het skoonmaakaksies in die dorp gehou.
  • Lede van AfriForum se Piet Retief-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.

Standerton

  • AfriForum se Standerton-buurtwag het gehelp om veldbrande in en om die dorp te blus.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het ‘n massapatrollie gehou.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het gesteelde skape teruggekry en arrestasies gemaak.
  • AfriForum se Standerton-tak het hulp verleen aan die gemeenskap met gebarste waterpype en verstopte rioollyne.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het in Augustus taktiese opleiding ontvang.
  • Lede van AfriForum se Standerton-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • AfriForum se Teks-buurtwag het op ‘n ongelukstoneel gehelp om die verkeer te reguleer.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het saam met die SAPD ‘n sigbaarheidspatrollie gehou waartydens sewe arrestasies gemaak is, onder meer vir die besit van gesteelde goedere, dronkbestuur en misbruik van alkohol in die openbaar.
  • AfriForum se Teks-tak het onderhoudswerk gedoen by Dawieshof tehuis vir bejaardes.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het ‘n massapatrollie gehou.
  • Lede van AfriForum se Teks-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.

Delmas

  • AfriForum se Delmas-tak het ‘n drukpomp geïnstalleer om water te lewer aan ‘n skool wat sonder water was.
  • AfriForum se Delmas-buurtwag het sigbaarheidspatrollies gery om die gemeenskap te beskerm.
  • Lede van AfriForum se Delmas-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.

Witbank

  • Lede van AfriForum se Witbank-tak het die Streeksberaad van Hoop in Centurion bygewoon.

 

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

Vryburg

  • AfriForum se Vryburg-tak het begin met ‘n langtermynprojek om slaggate te herstel.
  • AfriForum se Vryburg-tak het die omheining om die monumente herstel.

Bloemhof

  • AfriForum se Bloemhof-tak voer ‘n stryd met die munisipaliteit oor die onregmatige installering van voorafbetaalde kragmeters.

Hertzogville

  • AfriForum se Hertzogville-tak het druk op die munisipaliteit geplaas om die watertoevoer te herstel.

 

VRYSTAAT

Welkom

  • AfriForum se Welkom-tak het die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor rou rioolafval wat tot in die agterplase van verskillende residensiële areas in die Doorn-uitbreiding vloei.
  • AfriForum se Welkom-tak het die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit in Julie vanjaar op terme geplaas omdat nie een van die vullisterreine binne die munisipaliteit se jurisdiksie aan die nasionale vereistes voldoen het nie. Die munisipaliteit het na volgehoue druk deur AfriForum gereageer.
  • AfriForum se Welkom-tak het die tak se eie lugsteunvleuel by die Welkom-lughawe gestig nadat dié tak vroeër vanjaar ‘n hommeltuig aangekoop het om misdaad in die omgewing te bekamp. André Coetzee, AfriForum se streeksveiligheidskoördineerder, het tydens dié geleentheid ‘n aanbieding gegee oor die wetlike aspekte van die vlieg van hommeltuie.

 

KWAZULU-NATAL

  • AfriForum se takke in KwaZulu-Natal beplan ‘n projek om in samewerking met die SAPD, die departement van vervoer en Cogte iets aan rondlopervee te doen.
  • AfriForum het ‘n hofsaak teen die departement van onderwys gewen. Die departement word nou deur die hof verplig om vir die Nkandla-gemeenskap ‘n skool te bou.
  • AfriForum se takke in KwaZulu-Natal het die SAPD versoek om strenger op te tree teen onwettige jag met honde in die provinsie.

Newcastle

  • AfriForum se Newcastle-tak het ‘n gemeenskapsvergadering gehou wat deur mnr. Flip Buys bygewoon is.
  • AfriForum se Newcastle-tak het begin met ‘n projek om te hoë munisipale tariewe te beveg.

Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak hou hul gemeenskap veilig met daaglikse patrollies.
  • AfriForum se Vryheid-tak het ‘n stalletjie by die plaaslike Paddadam-markdag gereël.
  • AfriForum se Vryheid-tak het die departement van omgewingsake versoek om iets aan die smeulende vullisterrein te doen.

Margate

  • AfriForum se Margate-tak het strafregtelike klagtes teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak oor die storting van rioolwater in die Umzimkulwanerivier.
  • AfriForum se Margate-tak het ‘n gemeenskapsvergadering gehou wat deur mnr. Flip Buys bygewoon is.
  • AfriForum se Margate-tak se jeug het deelgeneem aan die strandskoonmaakprojek.
  • AfriForum se Margate-tak het gehelp met die Oppi Kus Musiekfees.
  • AfriForum se Margate-tak het ‘n gemeenskapsvergadering in Harding gehou.

Hluhluwe

  • AfriForum se Hluhluwe-tak het hul gemeenskap beveilig deur saam met die SAPD patrollie te ry.

Pongola

  • AfriForum se Pongola-tak het proaktiewe patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Paulpietersburg

  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het ‘n gemeenskapsvergadering gehou wat deur adv. Gerrie Nel bygewoon is.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak hou hul gemeenskap veilig met proaktiewe patrollies.

 

SUIDSTREEK

 

NOORD-KAAP

Upington

  • AfriForum se Upington-tak het ‘n skrywe aan die munisipaliteit gerig oor rioolwater wat direk in die kanaal vloei.

Postmasburg

  • AfriForum se Postmasburg-tak het ‘n skrywe aan die munisipaliteit gerig oor rioolprobleme by die begraafplaas.

 

 

WES-KAAP

Mosselbaai

  • AfriForum se Mosselbaai-tak se veiligheidsbeampte en veiligheidskoördineerder het ‘n veiligheidswaardering van die Mosselbaai-omgewing gedoen met spesifieke fokus op die landelike gebiede. Dit bevorder die beveiligingsinisiatief.

Oudtshoorn

  • AfriForum se Oudtshoorn-tak het aangesluit by ‘n plaaslike forum wat ten doel het om die Grobbelaarsrivier skoon te maak en volhoubaar te bestuur. Die rivier loop deur die dorp en het ‘n stortingsplek vir vullissakke geword. Die riete wat onbeheersd groei, bied ook skuilplek vir misdadigers. Daar sal nou iets aan gedoen word.

Hessekwa

  • AfriForum se Hessekwa-tak het twee suksesvolle inligtingsvergaderings in Albertinia en Jongensfontein gehou. Beide is goed bygewoon en die gemeenskap is ingelig oor AfriForum se werksaamhede en suksesse met die verbetering van die gemeenskap se veiligheid.

Helderbergkom

  • Die jeugvleuel van AfriForum se Helderbergkom-tak het Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek-sentrum in die Strand besoek waar die jeug ‘n nuwe geiser laat installeer het.
  • David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder in die suidelike streek, het die Gordonsbaai-buurtwag opgelei in die hantering van misdaadtonele en patrollievaardighede. Dit is deel van die opleidingsprogram wat AfriForum se veiligheidstrukture ontwikkel het om hul veiligheidsnetwerk uit te brei en te versterk.

Malmesbury

  • David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder in die suidelike streek, het die Rondeberg-buurtwag opgelei in die hantering van misdaadtonele, die bewaring van bewysstukke en radiospraakprosedures. Ongeveer 40 lede van die gemeenskap het dit bygewoon.

Overstrand

  • AfriForum se Alfa-buurtwag in Hermanus het saam met die SAPD en private sekuriteitsmaatskappye ʼn gesteelde boot opgespoor. Dié boot is omstreeks 22:00 in Stanford gesteel en is teen omstreeks 22:28 opgespoor nadat parate lede van die gemeenskap dit aangemeld het.

Robertson

  • ‘n AfriForum-tak is in Robertson gestig.
  • AfriForum se Robertson-tak het ‘n buurtwag gestig om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan.

Velddrif

  • David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder in die suidelike streek, het die Velddrif-buurtwag opgelei in die hantering van misdaadtonele en patrollievaardighede sodat hulle misdaad in hul gemeenskap kan bekamp en lede van die gemeenskap kan bystaan en weerbaar maak.
  • AfriForum se Velddrif-buurtwag het saam met die polisie en ander veiligheidsrolspelers ‘n sigbaarheidspatrollie in De Plaat, Velddrif, Port Owen en Laaiplek gehou. Dit het van 21:00 tot 00:00 geduur en het verhoogde sigbaarheid bewerkstellig.

Soortgelyke plasings