AFRIFORUM-SUKSESSE: APRIL 2020

GAUTENG

GROTER PRETORIA

 Apiesrivier

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.

Bronkhorstspruit

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.
  • Die tak het 25 gesinne met kospakkies gehelp en is steeds besig met dié projek.

Hennopsrivier

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.

Pionier

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.
  • Die tak het ook twintig 330 ml-botteltjies handreiniger aan Brinant Sekuriteit verskaf.

Moot

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.
  • Die tak het R5 000 se kospakkies aan behoeftige mense in die gemeenskap versprei.

Oos-Moot

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.
  • Die tak het reeds R33 500 ingesamel en aan Solidariteit Helpende Hand geskenk. Die tak het ook 6 ton groente, twee rooibokke en twee blouwildebeeste na behoeftige mense vervoer.

Wes-Moot

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.
  • Die tak het R5 000 se kospakkies onder behoeftige mense in die gemeenskap versprei.

Moreletapark

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.

Pretoria-Wes

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.

Rayton-Cullinan

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.
  • Die tak het in samewerking met ander gemeenskapsinstansies 213 gesinne van kospakkies voorsien. Dié projek duur steeds voort.

Roodeplaat

  • Die tak het 30 liter handreiniger en 70 gesigmaskers aan die plaaslike gemeenskap geskenk.

 

 

WES-RAND

Algemeen

  • AfriForum se Wes-Rand- en Vaaldriehoek-takke het handreiniger en gesigmaskers ontvang om hulself en die gemeenskap teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Vier-en-vyftig 5 liter-bottels handreiniger en 540 gesigmaskers is by verskeie takke afgelewer om in hulle onderskeie gemeenskappe te versprei waar daar nood is.

 Fochville

  • Die tak het die plaaslike gemeenskap se nood raakgesien en is die afgelope paar weke besig met die verspreiding van kospakkies, handreiniger en gesigmaskers.

Krugersdorp

 

  • Die tak het met verskeie plaaslike ondernemings en organisasies hande gevat om verligting te bring vir inwoners wat in nood verkeer tydens die staat van inperking.

Vanderbijlpark

  • Die tak het behoeftige mense in die gemeenskap in hierdie krisistyd ondersteun deur kospakkies onder hulle te versprei.

 

 

OOS-RAND

 Alberton

  • Danksy die tak se WhatsApp-groepe kon hulp vinnig ontbied word om ’n persoon wat in mediese nood verkeer het, te help.
  • 100 pakkies groente is onder gemeenskapslede uitgedeel.
  • Die tak sien tans in samewerking met Solidariteit Helpende Hand na 42 gesinne om.

Benoni

  • Die tak het handreiniger aan twee sekuriteitsmaatskappye, Bad Boys en PHP/Mamba, geskenk.
  • Die tak het gesigmaskers aan die Laerskool Northmead geskenk.
  • Die tak het deurlopend kospakkies aan 20 gesinne versprei tydens die inperkingstyd.
  • Die tak sien tans om na ’n kinderhuis met 24 kinders.
  • ’n SNIPR-kamera wat die tak geïnstalleer het het tot die skut van ’n Ford Ranger gelei wat by ’n tref-en-trap-voorval betrokke was.
  • ’n SNIPR-kamera wat die tak geïnstalleer het het tot ’n arrestasie gelei nadat ’n diefstal gepleeg is.
  • ’n SNIPR-kamera wat die tak geïnstalleer het het tot die skut van ’n motor gelei wat in ’n misdaadvoorval in Pretoria-Noord betrokke was.

 

Boksburg

  • Die tak het hulp verleen by ’n sopkombuis waarvan 150 persone afhanklik is.
  • Die tak het kospakkies aan 100 gesinne geskenk.
  • Die tak het mediese bystand aan twee mense gelewer; een het ’n kopwond gehad en die ander een het bloed opgebring.
  • Die tak het hulp gebied tydens ’n arrestasie nadat hekmotors gesteel is.
  • Die tak het voedselskenkings na die Bokkie-park aangery.
  • Die tak het ondersteuning aan die brandweer en sekuriteitsmaatskappye gebied deur ’n brand te help blus en sodoende vier lewens te red.
  • Die tak het op ’n winkelsentrum se versoek gereageer om ’n naakte dame van die perseel te verwyder.

Brakpan

  • Die tak het in samewerking met die N.G. Kerk Dalpark elke tweede dag 150 kospakkies aan behoeftige mense uitgedeel.
  • Die tak was betrokke by die Fakkel-huisprojek wat behuising verskaf aan mense wat nie tans ’n tuiste het nie.
  • Die tak was betrokke by die Fakkel-woefprojek wat hondekos verskaf aan mense wat dit nie tans kan bekostig nie.
  • Die tak was betrokke by die Fakkel-kapelaandiens wat mense emosioneel bystaan tydens die staat van inperking.
  • Die tak het handreiniger aan verskeie instansies geskenk.
  • Die tak het ’n aksie gehou waartydens byna 3 ton kos ingesamel is.
  • Die tak het ’n groot vleisskenking ontvang wat aan die gemeenskap uitgedeel is.

Edenvale

  • Die tak het 200 kospakkies aan gemeenskapslede uitgedeel.
  • Die tak het daagliks sop aan 200 mense voorsien.
  • Die tak het 300 kg se hondekos aan die plaaslike DBV geskenk.

 Germiston

  • Die tak het 90 gesinne van sop voorsien.

Kempton Park

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan bestuurslede, reserviste en sekuriteitsmaatskappye versprei.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kospakkies aan behoeftige mense versprei.
  • Die tak het die gemeenskap bygestaan nadat dwelmverslaafdes hulle geteister het. Die metropolisie en veiligheidsmaatskappye se hulp is ook ingeroep.
  • Die tak het bystand aan die SAPD en SSS Sekuriteit gelewer tydens die opspoor van ’n gekaapte motor.

Springs

  • Die tak het handreiniger aan twee ouetehuise, ESDA en Rus ’n Bietjie, geskenk.
  • Die tak het kospakkies aan behoeftige mense uitgedeel tydens die inperkingstyd.

 

MPUMALANGA-WES

 Piet Retief

  • Die tak het aan die organisasie se handreiniger-en-gesigmaskerprojek deelgeneem.

Standerton    

  • Die tak het aan die organisasie se handreiniger-en-gesigmaskerprojek deelgeneem.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding aan behoeftige mense.
  • Die tak het aan die organisasie se handreiniger-en-gesigmaskerprojek deelgeneem.

Delmas

  • Die tak het aan die organisasie se handreiniger-en-gesigmaskerprojek deelgeneem.

Witbank

  • Die tak het aan die organisasie se handreiniger-en-gesigmaskerprojek deelgeneem.
  • Die tak het gehelp met voedselverspreiding aan behoeftige mense.

Ermelo

  • Die tak het aan die organisasie se handreiniger-en-gesigmaskerprojek deelgeneem.

Leandra

  • Die tak en buurtwag het aan die organisasie se handreiniger-en-gesigmaskerprojek deelgeneem.

Witrivier

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Rustig-ouetehuis geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Witrivier-polisiestasie geskenk.
  • Die tak het die poskantoor en polisiestasie ontsmet voordat Sassa-toelaes uitbetaal is.

 

MPUMALANGA-OOS

Algemeen

  • Die distrikskoördineerder vir die Laeveld het gehelp met kosverspreiding vanaf Solidariteit Helpende Hand in Witbank na Hendrina.
  • Die distrikskoördineerder vir die Laeveld het gehelp met kosverspreiding in Bethal.
  • Die distrikskoördineerder vir die Laeveld het gehelp met kosverspreiding in Morgenzon.
  • Die distrikskoördineerder vir die Laeveld het handreiniger en gesigmaskers na die Dullstroom Epilepsiesentrum versprei.
  • Die distrikskoördineerder vir die Laeveld het handreiniger en gesigmaskers na MBM Protection Services in Malelane versprei. Hierdie skenking is weer verder versprei aan organisasies in dié gemeenskap.

Nelspruit

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die CMR geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Nelspruit Community Forum geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Nelspruit Hospice geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die SAPD in Nelspruit geskenk.

Bethal

  • Die tak se waterpunt is slaggereed om inwoners by te staan indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het gehelp met voedselinsameling en -verspreiding vir behoeftige mense tydens die COVID-19-krisis.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Silwerjare-ouetehuis geskenk.
  • Die tak het gehelp met die ontsmetting van die polisiestasie en nooddienste se kantore en voertuie.
  • Die tak het fase 1 van ’n voedingskemaprojek afgeskop. Hierdie projek gaan dit moontlik maak om kos vir behoeftige mense te verbou.

Lydenburg

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die ouetehuis in Lydenburg geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die kinderhuis in Graskop geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Step-Up Foundation en Wings of Gratitude-organisasie geskenk.
  • Die tak het R10 000 aan Solidariteit Helpende Hand geskenk vir kosverspreiding in Lydenburg.
  • Die tak het R10 000 aan die Step-Up Foundation geskenk vir kosverspreiding in Lydenburg.
  • Die tak het R10 000 aan die Wings of Gratitude-organisasie geskenk vir kosverspreiding in Lydenburg.

 Machadodorp

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die SAPD in Machadodorp geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Waterval Boven-ouetehuis geskenk.
  • Die tak het gehelp met kosverspreiding deur ’n vrag kos vanaf Witrivier na Waterval Boven se ouetehuis te vervoer. Die kos is deur lede van die publiek ingesamel.

 Middelburg

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die SAPD in Middelburg geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die SAVF-tehuis in Middelburg geskenk.

 

 LIMPOPO

 Algemeen

  • AfriForum se Limpopo-takke het handreiniger en gesigmaskers ontvang om hulle en die gemeenskap teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Vier-en-vyftig 5 liter-bottels handreiniger en 720 gesigmaskers is by verskeie takke afgelewer om in hulle onderskeie gemeenskappe te versprei waar daar nood is.

Pietersburg

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Pietersburg-ouetehuis geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Potgietersrus-ouetehuis geskenk.
  • Die tak het die Potgietersrus SAPD en die ouetehuis op dié dorp ontsmet.
  • Die tak het gehelp met kosverspreiding onder behoeftige mense.

 Phalaborwa

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Frail Care Centre geskenk.

Tzaneen

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die God’s Haven-tehuis geskenk.
  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan die Macadamia Frail Care Centre

 Marble Hall

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers ontvang om taklede en die gemeenskap teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Die tak het 80 botteltjies handreiniger (30 liter) en 70 gesigmaskers ontvang en aan die volgende instansies uitgedeel: Loskop Alarms, Life 24 Ambulansdienste, AP Ras Boerdery, JFK Boerdery, Lezmin Sekuriteit en die plaaslike SAPD.
  • Die buurtwag het leeglêers wat gedurig by supermarkte rondlê verwyder om misdaad te voorkom.
  • Die buurtwag het bystand gebied tydens ’n arrestasie ná ’n vermeende dieseldiefstalvoorval.

 

VRYSTAAT

HOOGLAND

Kroonstad

  • Die tak het 250 botteltjies handreiniger (altesaam 103 liter) aan verskillende ouetehuise en instansies in dié dorp geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Bogenoemde ouetehuise en instansies sluit Huis Edelkroon, Soeterus, Arboretum, Huis Eden, die Jeugsorgsentrum en Kroon Hospitaal in.

Harrismith

  • Die tak het 250 botteltjies handreiniger (altesaam 88 liter) aan die Hope House- en Eliza Little-ouetehuis, asook die plaaslike SAPD geskenk om die veiligheid van inwoners en personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker.

 Steynsrus

  • Die tak het 70 botteltjies handreiniger (altesaam 25 liter) aan Huis Onze Rust geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker.

 Senekal

  • Die tak het 150 botteltjies handreiniger (altesaam 52,5 liter) aan die gemeenskap geskenk om die veiligheid van inwoners en personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Die handreiniger is aan Huis Westerson, die Senekal-kliniek en die plaaslike polisiestasie geskenk.

Reitz

  • Die tak het 250 botteltjies handreiniger (altesaam 88 liter) aan ouetehuise in Bethlehem en Paul Roux geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Die handreiniger is aan die Sonskyn-dienssentrum, Huis Bergprag, Residentia-aftreeoord en die Skemervreugde-sentrum vir bejaardes geskenk.

Welkom

  • Die tak het 391 botteltjies handreiniger (altesaam 140 liter) aan die gemeenskap geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Die handreiniger is aan verskillende ouetehuise en instansies in die gebied geskenk.

 

MOOIRIVIER

 Heilbron

  • Die tak het die Departement van Gesondheid ondersteun deur mense aan siftingstoetse vir COVID-19 te onderwerp.
  • Die tak het gehelp met die verspreiding van kospakkies aan minstens 30 gesinne.

Parys

  • Die tak het gehelp met die verspreiding van mieliemeel aan behoeftige gesinne.

 

ROSESTAD

 

Bloemfontein

  • Die tak in Rayton-Heuwilsig het gehelp met vullisverwydering.
  • Al nege Bloemfontein-takke was betrokke by die verpakking van handreiniger.
  • Die takke het handreiniger aan verskillende diensorganisasies en versorgingseenhede versprei.
  • Die takke het voedselpakkies in samewerking met Solidariteit Helpende Hand aan behoeftige mense versprei.
  • Die takke het ’n gesamentlike skenking van R90 000 aan Solidariteit Helpende Hand gemaak.

 

NOORDWES

STELLALAND

 Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike SAPD verhoogde sigbaarheid en patrollies gehandhaaf.

 Delareyville

  • Die tak het die Departement van Gesondheid gehelp om JoJo-watertenks aan te ry na gemeenskappe wat nie toegang tot water gehad het nie.

 Vryburg

  • Die tak se skrywe aan die Naledi Plaaslike Munisipaliteit in verband met die haglike toestand van die plaaslike vullisterrein het vrugte afgewerp. Dié munisipaliteit het die publiek in kennis gestel dat hulle tans besig is om die vullisterrein op standaard te kry.
  • Die tak het handreiniger aan die plaaslike polisiestasie geskenk.

 Christiana

  • Die tak het handreiniger (altesaam 100 liter) en tientalle gesigmaskers aangekoop en aan die gemeenskap geskenk.
  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand gehelp met die vervoer van voedsel vanaf Bloemhof na Jan Kempdorp.

 Hertzogville

  • Die tak het kospakkies aan minderbevoorregte gesinne geskenk.
  • Die tak het gesigmaskers en handreiniger vir die gemeenskap aangekoop.

 Schweizer-Reneke

  • Die tak het gesigmaskers vir die gemeenskap aangekoop.

 Bloemhof

  • Die tak het handreiniger aan die ouetehuis, hospitaal en polisiestasie geskenk.
  • Die tak het voedsel aan 30 gesinne geskenk.

 

MARICO

 Rustenburg

  • Die tak het ongeveer R35 000 aan voedselverligting spandeer tydens die staat van inperking. Nagenoeg 70 gesinne word met maandpakke ondersteun.

Lichtenburg

  • Die tak het 75 liter handreiniger en 350 gesigmaskers aan Lichtenburg Elegant (’n liefdadigheidsorganisasie) en Lichthuis-tehuis geskenk.
  • Die tak het 25 liter handreiniger aan plaaslike owerhede geskenk. Owerhede wat danksy hierdie inisiatief ondersteun is sluit die volgende in: SAPD Lichtenburg, Ditsobotla-verkeersdepartement, die Departemente van Gesondheid, Binnelandse Sake en Korrektiewe Dienste, asook die plaaslike rampbestuureenheid.

Zeerust

  • Die tak het kos aan ongeveer 40 gesinne verskaf tydens die staat van inperking.

 

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het handreiniger en gesigmaskers aan verskeie instansies wat ’n behoefte daaraan het, soos ouetehuise en aftreeoorde, versprei.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het in samewerking met Supa Ginja kospakkies aan behoeftige mense uitgedeel.
  • Die buurtwag se lugvleuel het die SAPD en ’n sekuriteitsmaatskappy bygestaan om ’n inbreker aan te keer.

Potchefstroom

  • Die tak het behoeftige gesinne tydelik van kospakkies voorsien totdat Solidariteit Helpende Hand by hulle kon oorneem.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om aandag aan verskeie kwessies in die dorp te gee.
  • Die tak het gesigmaskers, handreiniger en kospakkies onder behoeftige mense versprei.

Orkney

  • Die buurtwag het gehelp om ongeveer 50 kospakkies per week te versprei.

 

 

NOORD-KAAP

 Kamieskroon

  • Danksy die tak se volgehoue druk het die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit die tak in kennis gestel dat Kamieskroon se varswaterpyplyn binnekort weer in ’n werkende toestand sal wees nadat dit vir byna twee jaar problematies was.

Kathu

  • Die tak het kospakkies aangekoop en by mense in nood afgelewer.
  • Die tak het handreiniger aan die verkeersdepartement en weermag geskenk.

 Keimoes

  • Die tak het gehelp met die verspreiding van kospakkies aan die gemeenskap.
  • Die Grootoog-buurtwag het bystand gelewer deur ’n huisbrand te help blus.
  • Die tak het handreiniger aan die Keimoes Hospitaal, die Keimoes Kliniek, Mispa Kinderhuis, asook die plaaslike ouetehuis geskenk.

 Kimberley

  • Die tak het in samewerking met ’n plaaslike slaghuis voedsel aan ’n behoeftige gesin geskenk.

Kuruman

  • Die tak het gehelp met die verspreiding van ongeveer 210 kospakkies wat die plaaslike gemeenskap ingesamel en aan behoeftige mense geskenk het.

Orania

  • Die tak het handreiniger aan die plaaslike gemeenskap geskenk.
  • Die tak het in samewerking met Saai groentesaad en -bakke aan die inwoners van Gannabos geskenk.

 Upington

  • Die tak het handreiniger aan verskeie instansies geskenk, waaronder die verkeersdepartement, klinieke, die weermag, korrektiewe dienste, ’n lykshuis, ouetehuise en kinderhuise.
  • Die tak het kospakkies aangekoop en by mense in nood afgelewer.
  • Die tak het na Kenhardt, Kakamas en Keimoes gery om handreiniger aan instansies soos hospitale en klinieke te skenk.
  • Die tak het speelgoed aan ’n plaaslike kinderhuis geskenk.

 Vaalharts

  • Die tak het op Vryheidsdag in samewerking met Solidariteit Helpende Hand kospakkies aan nagenoeg 500 mense uitgedeel.

 

 

OOS-KAAP

 Jeffreysbaai

  • Die tak het ’n skenking van 28 ton aartappels ontvang om te help met die kosnood in die Kouga-distrik. Dié skenking is met twee groot vragmotors aangery waarvan die koste deur die tak gedra is. Daar word tans fluks verpak aan hierdie reuseskenking om dit so gou as moontlik by die gemeenskap uit te kry.

 

WES-KAAP

Algemeen

  • AfriForum het 3 000 botteltjies handreiniger aan instansies in verskeie Wes-Kaapse dorpe geskenk. Hierdie instansies sluit die metropolisie, brandweerstasies, ouetehuise, kinderhuise, teenbende-eenhede, munisipale wetstoepassingsowerhede, rampbestuureenhede en tehuise vir persone met beperkte vermoëns in.
  • AfriForum het ook in die volgende dorpe of gebiede handreiniger versprei: Bellville, Durbanville, George, die Kaapse metropool, Kraaifontein, Laaiplek, Malmesbury, Mosselbaai, Oudtshoorn, Overstrand, Paarl, Parow, Riversdal, Rondeberg, Robertson, Saldanha, Stellenbosch, Stilbaai, Strand, Velddrif, Vredenburg en Worcester.

 George

  • Die tak het ingespring en hande gevat met verskeie instansies soos liefdadigheidsorganisasies om kos by honger inwoners uit te kry. Meer as 1,5 ton groente is ontvang en beskikbaar gestel vir verpakking en verspreiding, terwyl meer as 90 gesinne in een dag bereik is om die nood te help verlig.

 Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag, wat deel vorm van die organisasie se Kaapstad-Noord-tak, het op ’n vrou se noodoproep gereageer nadat haar dogter begin hiperventileer het. Die buurtwaglede het onmiddellik gereageer en twee buurtwaglede met vlak 1-noodhulpopleiding is uitgestuur om bystand te bied. Resq Medix is ook dadelik gekontak om ’n ambulans te stuur om die persoon te stabiliseer en na die plaaslike hospitaal te vervoer. Die persoon is die volgende dag ontslaan.

Mosselbaai         

  • Die tak het ’n spesiaal ingerigte karavaan aan die plaaslike munisipaliteit beskikbaar gestel om as ’n mobiele toetsstasie te dien in die stryd teen die COVID-19-pandemie. Dié karavaan is in die verlede al met groot sukses verskeie kere aangewend in projekte van gemeenskapsbelang. Dit is doelgerig gemaak vir hierdie tipe aksies en die handelsmerk op die karavaan basuin met trots AfriForum se verbintenis tot die breër Mosselbaai-gemeenskap uit.

Oudtshoorn

  • Die tak het 15 emmers – wat elk genoeg voedsel bevat om ’n gesin van vier vir ’n week lank te voed – aan die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak geskenk. Die tak was ook betrokke by die logistieke beplanning om voedsel onder behoeftige mense te versprei.

Vredendal

  • Die tak het as deel van AfriForum se nasionale #AfriForumStaanSaam-veldtog 35 pakkies met verskeie niebederfbare voedselprodukte en skoonmaakmiddels aan behoeftige gesinne in die omgewing geskenk.

Worcester

  • Die tak het in die lig van die huidige COVID-19-krisis en as deel van AfriForum se nasionale #AfriForumStaanSaam-veldtog 41 pakkies met verskeie niebederfbare voedselprodukte en skoonmaakmiddels aan die Sean Kelly VSG (Vereniging vir mense met Sensoriese Gestremdhede) in Worcester geskenk.

 

 

 

Soortgelyke plasings