AfriForum stig Worcester-tak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Maandag, 26 Maart 2018 ’n nuwe tak in Worcester gestig.
Die takbestuur bestaan uit Dominique Darling (voorsitter), Hannes Dippenaar (ondervoorsitter en hoof van gemeenskapsveiligheid), Brenda Matthee (tesourier), Bianca Jacobs (sekretaris en hoof van plaaslikeregeringsake), Andries Lingerfelder (hoof van omgewingsake) en André Hayes (hoof van jeug).

“Die gemeenskap is ywerig om deur middel van dié nuutgestigte tak ’n verskil in hul dorp te maak,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.

SMS “Worcester” na 45342 (R1) om by AfriForum se Worcester-tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings