AfriForum stig Velddrif-tak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Dinsdag 13 Maart 2018 ’n nuwe tak in Velddrif gestig. Dana Snyman, die gasspreker tydens hierdie geleentheid, het ’n praatjie getiteld “Is daar hoop?” gelewer.
Die geleentheid is deur ongeveer 100 lede van die publiek bygewoon en die takbestuur is verkies.

“Die nuutverkose bestuur is vuur en vlam en beoog om binnekort ’n nuwe buurtwag te stig om boosdoeners aan die pen te laat ry. Ek is verstom dat so baie mense in ’n klein dorpie soos Velddrif die geleentheid bygewoon het en ek is baie opgewonde oor dié nuwe tak,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.

Soortgelyke plasings