|

AfriForum stig tak in Centurion

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 8 Julie 2020 ’n tak in Centurion gestig.

Dié nuutgestigte tak is reeds besig met die beplanning van aksies wat hulle in die nabye toekoms gaan uitvoer. Die takbestuur versoek ook die gemeenskap om by dié tak betrokke te raak.

Die takbestuur bestaan uit André de Bruyn (voorsitter), Johan Dijksman (ondervoorsitter), Nico Hougaard (tesourier) en Salomé van Rooyen (sekretaris).

“AfriForum het ’n tak in Centurion gestig om die probleme wat inwoners ervaar, uit die weg te ruim. Die nuwe takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte te loods. As die gemeenskap saamstaan en hard werk, kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van dié tak. Ons moet sélf betrokke raak om ’n verskil te maak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings