AfriForum stig tak in Hoedspruit


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 16 Augustus 2017 ’n tak in Hoedspruit gestig. Dít volg nadat lede van die gemeenskap die behoefte aan ’n AfriForum-tak uitgespreek het.
Die takstigting spruit uit die behoefte om swak dienslewering, onbillike grondbelastingheffings en omgewingsprobleme in die dorp aan te spreek.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Susan Strijdom (voorsitter), Chris Dreyer (ondervoorsitter), en Mellanie Wright (tesourier en sekretaris). Plaaslikeregeringsake sal deur Attie Janse van Rensburg en veiligheid deur Jane de Pradines behartig word.

“Dit is goed om te sien dat die gemeenskap saam staan om ’n positiewe verskil in die dorp te maak. Dit is ons plig as burgerregte-organisasie om vir die gemeenskap se regte op te staan en ’n daadwerklike verskil te maak waar die munisipaliteit en regering versuim om hul pligte na te kom,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.
“Ek dink dit is tyd dat die gemeenskap self verantwoordelikheid neem en ons doen ’n beroep op die Hoedspruit-gemeenskap om by die plaaslike AfriForum-tak aan te sluit,” sê Susan Strijdom, voorsitter van AfriForum se Hoedspruit-tak.

Raak vandag betrokke deur “Hoedspruit” na 45340 (R1) te SMS.

Soortgelyke plasings