AfriForum stig tak in Hennopsrivier


Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek ’n tak in Hennopsrivier gestig. Agt bestuurslede is verkies om aan bepaalde behoeftes wat deur gemeenskapslede in dié gebied geïdentifiseer is, te voldoen.
Dié nuwe tak gaan aktief wees in die volgende gebiede: Blair Atholl, Celtisdal, Christoburg, Claudius, Copperleaf, Erasmia, Gerhardsville, Glen Lauriston, Laezonia, Raslouw, Silver Stone, Sunderland, Thaba Tshwane en Valhalla.
Die takbestuur bestaan uit Coert Steynberg (voorsitter), Marius Rossouw (ondervoorsitter), Caroline Wicht (sekretaris), Izak Pieterse (tesourier), Danie Toerien (hoof van plaaslikeregeringsake), Izak Pieters (hoof van gemeenskapsveiligheid), Stefan Barnard (hoof van omgewingsake) en Jakes Parsons (hoof van die jeugafdeling).

“Ek het volle vertroue in die nuutverkose takbestuur en glo dat hulle groot suksesse gaan behaal. Die tak gaan veral daarop fokus om ons veiligheidsnetwerk uit te brei en te versterk,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

AfriForum versoek inwoners van die bogemelde gebiede om dié AfriForum-tak te ondersteun. SMS jou naam na 45341 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings