AfriForum stig tak én buurtwag in Edenvale


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 22 Maart sowel ’n tak as ’n buurtwag in Edenvale gestig. Dít volg nadat verskeie gemeenskapslede die behoefte aan ’n AfriForum-tak en -buurtwag uitgespreek het om die voortslepende gebrek aan munisipale dienslewering en die hoë vlak van geweldmisdaad in dié dorp die nekslag toe te dien.
Die takbestuur bestaan uit Nico Appruzzese (voorsitter), Melinda McKenzie (ondervoorsitter en gemeenskapsveiligheid), Leslie Thomas (tesourier), Helen Simpson (sekretaris) en Gary Thomas (omgewingsake).
Die buurtwagbestuur bestaan uit Melinda McKenzie (voorsitter), Veruska Brits (sekretaris), Derelle Steyn (bestuurslid) en Bruce O’Hare (bestuurslid).

“Met hierdie nuwe tak is die gemeenskap van Edenvale ywerig om ’n verskil in hulle omgewing te begin maak. Die stigting van die buurtwag gaan ook tot ’n sterker veiligheidsnetwerk aan die Oos-Rand bydra,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid.
“Ek is trots om deel te wees van ’n organisasie soos AfriForum en glo dat die stigting van ’n AfriForum-buurtwag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Edenvale is. Ek doen ’n beroep op die gemeenskap van Edenvale om by die plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag aan te sluit,” sê Nico Appruzzese, voorsitter van AfriForum se Edenvale-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Edenvale-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Edenvale” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings