AfriForum stig tak in Boshof

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 22 Maart 2017 ’n tak in Boshof gestig.
Dít volg nadat verskeie gemeenskapslede ’n behoefte aan ’n AfriForum-tak uitgespreek het om die voortslepende gebrek aan munisipale dienslewering in dié dorp aan te spreek.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Johann Steenkamp (voorsitter), Nicol Thiaart (ondervoorsitter), Elizna Janse van Rensburg (tesourier) en Ernest Afrika (sekretaris).

“Ek glo dat die stigting van ’n AfriForum-tak in Boshof ’n keerpunt in die geveg teen munisipale wanbestuur is. Die Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit het volgens die ouditeur-generaal se 2014/2015-verslag byna R15,5 miljoen onregmatig spandeer en moet daarom tot verantwoording geroep word,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
“Ek dink dit is tyd dat die gemeenskap self verantwoordelik raak en vir hul regte opstaan. Ek doen ’n beroep op die Boshof-gemeenskap om by die plaaslike AfriForum-tak aan te sluit,” sê Johann Steenkamp.

Raak vandag betrokke deur “Boshof” na 45266 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings