AfriForum stig ’n tak in Randfontein


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 7 Februarie 2017 ’n tak in Randfontein gestig. Die stigting van dié tak volg nadat gemeenskapslede die behoefte uitgespreek het dat bepaalde probleme in dié dorp, waaronder veiligheids- en omgewingskwessies, aangespreek moet word.

Die takbestuur bestaan uit die volgende persone: Matium van Vuuren (voorsitter), Jan Lubbe (ondervoorsitter), William Knight (sekretaris), Teresa Lotter (tesourier), Chris Fuhri (hoof: omgewingsake), Beth Biggs (hoof: plaaslikeregeringsake), lt.kol. Tewie Botha (hoof: veiligheid) en Martin Botha (hoof: jeug).

“Ons is trots om deel te wees van die AfriForum-familie en is slaggereed om die probleme in ons gemeenskap aan te spreek,” sê Van Vuuren.

“Die takstigting was ’n reusesukses en die gemeenskap is ywerig om deel te neem en ’n verskil te maak,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Randfontein om deel te word van die plaaslike tak.
Sluit vandag nog aan: SMS “Randfontein” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings