|

AfriForum stig Kaap Agulhas-tak

AfriForum het onlangs die Kaap Agulhas-tak in Bredasdorp gestig nadat gemeenskapslede hul behoefte na ’n tak uitgespreek het. Dié tak sal die dorpe Arniston/Waenhuiskrans, L’Agulhas, Bredasdorp, Elim, Napier en Struisbaai diens.

Die takbestuur is tydens die stigting verkies en bestaan uit: Peet Louw (voorsitter), Douw Willemse (ondervoorsitter), Hennie Potgieter (gemeenskapsveiligheid), Lettie Pienaar (sekretaris), Russel Haikney (omgewingsake), Petula Dunn (tesourier), Corlene Conradie (jeug) en Peet Wessels (plaaslikeregeringsake).

Verskeie bekommernisse oor die gebied is tydens die takstigting bespreek en die bestuur gaan aandag aan hierdie probleme skenk.

“Ons gaan ten nouste met die bestaande rolspelers, wat die munisipaliteit en die SAPD insluit, saamwerk om die Kaap Agulhas-gebied ’n beter en veiliger plek te maak waar almal voorspoedig en in harmonie met mekaar kan saamleef,” sê Peet Louw, voorsitter van AfriForum se Kaap Agulhas-tak.

Louw het ook alle bestaande AfriForum-lede en voornemende lede uitgenooi om met die onderskeie bestuurslede te skakel en by die tak se aksies betrokke te raak.

“Om hoop te skep, kan daar klein begin word en van dié klein projekte ’n groot sukses gemaak word. Ek glo hierdie tak gaan met die ondersteuning van die gemeenskap net van krag tot krag gaan,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Soortgelyke plasings