AfriForum stig Helderbergkom-tak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Dinsdag 15 Mei 2018 ’n nuwe tak in die Helderbergkom-gebied gestig.
Die takbestuur bestaan uit Johan Crouse (voorsitter), Marcél Stümpfer (ondervoorsitter en hoof van die plaaslikeregeringsakeportefeulje), Johan Piek (tesourier), Ada Bosman (sekretaris), Ben Cronje (hoof van gemeenskapsveiligheid), Johan West (hoof van omgewingsake) en Francois Nel (hoof van jeug).

“Ons is baie opgewonde oor hierdie dinamiese tak en weet dat hulle die gemeenskap tot die beste van hul vermoë gaan dien,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.

Om by AfriForum se Helderbergkom-tak betrokke te raak, SMS “Helderbergkom” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings