AfriForum stig eerste buurtwag in Helderbergkom


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Donderdag 28 Maart 2019 sy eerste buurtwag in die Helderbergkom-omgewing gestig. Die nuwe Gordonsbaai-buurtwag vorm deel van AfriForum se Helderbergkom-tak, wat in 2018 gestig is.

Peregrine Visser is tydens die stigtingsvergadering as buurtwagvoorsitter verkies, en Sybrand Cillié as buurtwagkoördineerder.

“Inwoners se veiligheid is vir dié tak ’n prioriteit en ’n wesenlike verskil kan deur goeie samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies gemaak word,” sê Ben Cronjé, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Helderbergkom-tak.

Raak by AfriForum se Helderbergkom-tak betrokke: SMS “Helderbergkom” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings