AfriForum stig buurtwag in Secunda

 

Die burgerregtewaghond AfriForum het gister ’n buurtwag in Secunda op die been gebring om misdaad in dié dorp te bekamp.

“Die buurtwag het ten doel om saam met die SAPD en plaaslike veiligheidsinstansies te werk om misdaad te bekamp en die gemeenskap in tye van nood by te staan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Die nuutverkose buurtwagbestuur bestaan uit Nico Venter (voorsitter), Danie Venter (ondervoorsitter), Joey Venter (sekretaresse) en Lisa Posthumus (sekretaresse), terwyl Kobus Reyneke, Willem Brits, André Venter, Ronnie Nelson, Grant Booysen, Jaco Horn Sr. en Johan Pieterse as sektorleiers werksaam is.
Hou die Secunda-tak en -buurtwag se Facebook-blad dop vir meer inligting.

Soortgelyke plasings