AfriForum stig buurtwag in Piet Retief


AfriForum het op Dinsdag, 28 Februarie 2017, ’n buurtwag in Piet Retief gestig. Dit spruit uit die gemeenskap se behoefte dat ’n AfriForum-buurtwag hier gestig word om as ’n gemeenskaplike front die toenemende misdaad in Piet Retief hok te slaan.
Die buurtwag se bestuur bestaan tans uit Gerhard Böhmer (buurtwagvoorsitter), Abrie Günther (operasionele voorsitter) en Xanté Prinsloo (sekretaris) en vorm deel van die groter AfriForum-tak in Piet Retief se bestuur, wat deur Sarel Nieuwenhuizen as voorsitter gelei word.

“Ek glo dat die stigting van ’n AfriForum-buurtwag ’n keerpunt is in die geveg teen misdaad in Piet Retief. AfriForum-buurtwagte het ’n reputasie van goeie dissipline en goeie samewerking met die hoogste vlakke van die SAPD. Die veiligheid van die Piet Retief-gemeenskap is in goeie hande,” sê Nieuwenhuizen.

Hoewel daar reeds verskeie veiligheidstrukture in die Piet Retief-omgewing bestaan, word gesprekke reeds tussen AfriForum en ander gemeenskapsveiligheidrolspelers gevoer om samewerking in die geveg teen misdaad te bevorder.

Soortgelyke plasings